`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 338

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die gesprek van die Heer met Mahal. Mahal se uitdagende vrae en die wyse antwoord van die Heer. Oor die wese van God se berou. Die natuurlike oorsake van die sondvloed

(6 Augustus 1844)

338 Almal het geweldig geskrik toe hulle die Heer, Hom goed herkennend, na die storm in hulle midde gesien staan het; en selfs Noag het groot vrees gehad.

2. Maar die Heer het aan Noag gesê: “Noag, vrees My nie, want Ek het nie gekom om jou, nóg iemand anders te oordeel nie! Maar omdat jou broer Mahal My voor die regterstoel van sy wysheid gedaag het en verantwoording van My verlang, vanweë My sonde teen sy geregtigheid, moes Ek wel kom om My eer te red voor jou en jou kinders, asook voor Mahal se kinders! Laat ons daarom met Mahal praat!”

3. Hierop het die Heer Hom tot Mahal gewend en aan hom gesê: “Mahal, My seun! Omdat Ek teen jou geregtigheid sou gesondig het, moet jy die sonde vir My aantoon en ook wat Ek ten aansien van die hele volk van die aarde begaan het, en Ek sal volledig bereid wees om hier My hele sonde aan julle, duisendvoudig goed te maak! Praat, My seun Mahal!”

4. Hierop het Mahal opgestaan en het met groot erns teenoor die Heer gaan staan en het gesê: “Heer, praat! Waarom berou dit U dat U die mens geskape het? U het tog sedert die ewigheid gesien hoe die mens sou word! Wie het U genoop om vir Uself, met die mens, `n sonde op die hals te haal?!

5. Was dit nie eindeloos beter gewees vir ons, deur U geskape mense, as ons nooit uit U in `n selfstandige bestaan sou getree het nie, en ook nie beter vir U, sodat U dan ook sekerlik nie hoef te gesê het nie: “Dit berou My!”?!

6. Wat kan U dan anders berou, as sonde van die mens, deur `n skepping wat deur Uself onvolkome gemaak is, wat derhalwe ook `n sonde teenoor ons mense is en veral `n sonde teenoor my, omdat ek my met elke oomblik van my lewe U vry onder oë kan neem en U kan vra:

7. “Heer, wys my die oomblik van my lewensloop, vanaf my kindertyd af, dat ek teen U orde gesondig het; dan mag U my vervloek, soos U eens die slang vervloek het! Maar as U my geen sonde kan aanwys nie, gee my dan die rede waarom U my wil oordeel en waarom nie ook my broer nie!”

8. En die Heer het gepraat: “O Mahal, hoe ontsettend duister moet dit nie in jou wees nie, dat jy so met My praat, soos wat geen wese nog ooit gepraat het nie!

9. Sê My, hoe sou die mens nog volmaakter gedink kan word, as dat hy so vry geplaas is vanuit My almag, dat hy as `n tweede god saam met My, sy ewig almagtige Skepper, oor sy eie geskape orde kan redetwis!? Dat hy sy eie regter is en kan sondig teen My orde, terwyl tog verder, die hele oneindigheid vir ewig onderwerp is aan My orde?!”

10. Mahal het hier geswyg, want hy het die onbegryplike voleinding van die mens in sy hoogs vrye staat gesien.

11. Die Heer het verder gepraat: “Dink jy dan dat My berou net so is soos die van `n mens wat gesondig het? O kyk, ook daarin vergis jy jou baie! My berou is slegs smart in My Liefde, Wie moet toesien hoe die mense wat so hoogs volmaak deur My geskape is, hulleself onderwerp aan die gevolge van hulle eie handeling en hulleself ten gronde rig!

12. Dink jy dan dat Ek die plan gehad het om ooit `n mens te oordeel en ten gronde te rig? Kyk, Ek doen altyd net die teendeel!

13. Maar juis om in My almag, nie die mensdom haar vrye wil te ontneem nie, moet Ek dit nou helaas toelaat dat die mense self die sluise van die aarde met geweld open, waaruit magtige vloedstrome na buite sal tree, wat alles sal verdrink wat asemhaal in die groot woongebied van die aarde!

14. Ek het dit lank tevore gesien; daarom het Ek ook die mense steeds gewaarsku. Maar nou het hulle selfs `n oorlog teen My onderneem en wil die hele aarde met hulle springstof verwoes, soos hulle nou ook reeds die een berg na die ander in die lug geblaas het; en dit is hulle eie oordeel!

15. Sien, onder die berge is groot water reservoirs wat meer as drie miljoen kubieke myl water bevat; die water sal deurbreek en sal tot bo die hoë berge van die bewoonde gebied styg en sal ook die dampkring in mistigheid hul, waaruit dit geweldig sal reën!

16. O sê My, doen Ek nie goed daaraan wanneer Ek die een wat My nog gehoorsaam is, Noag, hierdie ark laat bou om ten minste sy lewe te red nie, reeds omdat niemand anders meer na My wil luister nie?!

17. En sê nou vir My wanneer Ek jou verbied het om gebruik te maak van die ark, dan sal Ek weer praat!”

18. Mahal het wederom geswyg; maar die Heer het as volg verder gepraat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205