`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 343

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die werke van die twaalfduisend engele in die laagte. Koning Gurat en Drohuit deur Waltar geleer

(12 Augustus 1844)

343 Watter werke het die buitengewone bodes nou in die laagte verrig?

2. Die twaalfduisend engele het hulle eers na Hanoch begewe, waar hulle slegs vir koning Gurat, met die al lank vrygelate hoofman Drohuit aangetref het, wat juis besig was om die verslae te lees oor die teen God gerigte ondernemings van Fungar-Hellan.

3. Hierdie hemelbodes het hulle egter in Hanoch verdeel, en slegs honderd het hulle na die kasteel van die koning begewe; hy het dadelik sy oorlogsverslae ter syde geplaas en het hierdie voornemende afgevaardigdes soos gewoonlik, met die grootste hoofse en politieke hoflikheid ontvang, en het na hulle wens gevra.

4. Dadelik het die engel Waltar na vore gekom en aan Gurat gesê: “Gurat, ken jy nie meer die vermoorde onderkoning nie, Waltar, die broer van Agla?”

5. Hierop het die koning geskrik, en Drohuit nie minder nie; want beide het die onmiskenbare Waltar maar al te gou herken en het nie geweet wat hulle moes dink van hierdie verskyning nie.

6. Eers na `n rukkie het die koning aan Waltar gevra: “Hoe? O Waltar, was jy nie vermoor deur die beulsknegte van jou suster nie?! Hoe kan dit wees dat jy nou leef? Want die moordenaars het immers jou onmiskenbare kop na Agla teruggebring, wat dit daarna laat balsem het!”

7. En Waltar het gesê: “Ja, Gurat, ek is heeltemal dieselfde Waltar! Maar nou leef ek vir ewig in `n nuwe geestelik, onverwoesbare liggaam, wat volledig één is met my gees! En so is ek nou `n bode van God uit die hemele soos wat almal hier dit is, en soos nog baie wat reeds oor die stad verdeel is, om die baie nabye oordeel van God aan die volk te predik, soos wat ons ook hier vir jou aankondig, dat julle nou al byna reddeloos verlore is!

8. Want julle oorloë teen die volkere van die hoogland, het aan julle die onvermydelike ondergang besorg, want julle het deur julle wetenskap en kennis `n middel aangewend waarmee julle nou berge volkome soos molshope vernietig, sonder om te weet wat onder die berge in die aarde is!

9. Kyk, berge is die deksels van groot onderaardse waters en is daarom volgens God se orde meestal uit harde gesteente saamgevoeg, sodat die ondergrondse waters hulle geen skade kan toebring nie!

10. Nou, as julle egter hierdie magtige beskerming van die onderaardse waters verniel, gaan die waters met geweld na die oppervlak van die aarde druk en weldra bokant die hoogste gebergte uitstyg en julle almal laat verdrink?!

11. Honderd en twintig myl van hier het al twintig enorme strome begin om die laagliggende land in `n meer te verander, en vandag sal daar weer vyf bykom, en so elke week `n paar! Sê my, wat sal binnekort julle lot wees?”

12. Hier het Gurat baie verbaas opgekyk en het geweldig geskrik en kon nie praat nie; maar Waltar het dit aan hom opgedra om na die hoogte te vlug waar hy nog redding kon vind, as hy dit wou gedoen het.

13. Wat verder, hierna!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205