`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 345

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Verklaring oor die versamel en versorging van die diere wat vir die ark bestem is deur die engele. Oor die buitengewone toelating van groot katastrofes

(14 Augustus 1844)

345 Dat hierdie twaalfduisend besondere bodes uit die hemele die diere, net soos ook hulle voer, sonder moeite byeengebring het, is vanselfsprekend.

2. Van hierdie handeling word hier egter van naderby krities gewag gemaak, sodat die haarklowers mettertyd nie meer hoef te vra hoe Noag die diere byeengebring en hierdie geweldige menagerie (diereversameling) gevoer het nie.

3. Want soos dit vir My, die Heer, altyd baie goed moontlik is om die allergrootste wêreldmenagerie (diereversameling) dag na dag te versorg, sal dit vir My destyds tog ook wel moontlik gewees het om al die diere in die ark vir ongeveer `n half jaar lank te onderhou!

4. Dat My engele in dieselfde tyd vir die vrome Noag en nog baie ander mense, die diens van die versorging sigbaar verrig het, maak geen verskil ten aansien van die gebruiklike daaglikse versorging van My skepsele nie; want dit is immers altyd dieselfde saak van die engele vanuit My, en die sigbaarheid maak geen enkele verskil nie.

5. As die mense van hierdie huidige tyd ook net so vroom was soos Noag, dan sou hulle ook meermale gesien het hoe baie engele dag en nag baie besig is om My groot wêreld diereversameling te onderhou; maar met die growwe, wêreldse oë sal die huidige mense, wat grotendeels veel slegter is as in die tye van Noag, dit wel nie meer kan sien nie.

6. `n Mens sou egter wil sê: “Hoe kon dan in Noag se tye, selfs die deur en deur bose mense gesien het hoe die engele die diere na die ark gelei het, en daarna hulle voer in groot hoeveelhede gebring het?”

7. Daarop sê Ek: Dit het My barmhartigheid altyd vir `n algemene ramp in die wêreld gedoen, wat die dom mense altyd self op hulle hals haal, as gevolg van hulle groot onbekendheid met alle dinge van die wêreld! Tydens en teen elke ramp word die mense altyd deur buitengewone verskynsels vooraf gewaarsku om die plek te verlaat en hulle vol vertroue onder My beskerming te begewe, waar geen leed hulle sekerlik sou tref nie; maar die mense is as gelukkige besitters daarvan, steeds doof en blind en is dikwels dommer as die diere en laat eerder al die ongemak oor hulle kom as dat hulle op die tekens sal ag slaan en hulle onmiddellik onder My beskerming stel!

8. As Ek dan reeds by klein, lokale ongelukke, buitengewone tekens laat voorafgaan, hoeveel te meer sal Ek dit dan by so `n groot en algemene wêreldramp maak soos in Noag se tye! So regverdig die sondvloed tog sekerlik die daaraan voorafgaande sigbare werksaamheid van die engele uit die hemele!

9. So `n verskynsel is weliswaar ook `n oordeel vir die mense; as mens egter twee onheile voor hulle het en een daarvan moet neem, dan gryp mens tog eers die kleinste, om daardeur die grote vry te spring as dit moontlik is, waarby dan `n klein wond seker ook vroeër genees as `n grote! Is die neem van die klein onheil egter geen beskerming meer nie, dan moet die groot onheil natuurlik vanself kom, waarin die boosheid dan sy einde moet vind. 

10. Ek meen dat die rede van hierdie sigbare handeling van die engele nou voldoende uiteengesit is, en daarom kan ons nou weer terugkeer na die verhaal!

11. Maar die opsien wat die engele in Hanoch gebaar het, toe hulle die byeengebringde diere daardeur gelei het, dit sal weldra ter sprake kom!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205