`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 348

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se gemor en getwis teen die engele en God weens sy voornemende verwaarlosing. Agla se leersame en vertroostende woorde en haar skielike heengaan deur die engel Waltar

(19 Augustus 1844)

348 Toe Noag God geloof en geprys het, het hy hom ook in die ark begewe en gekyk hoe die diere onderdak gebring was, en het daarna, op die middelste verdieping, `n geskikte plek vir die aanbevole waterpyp gesoek.

2. Toe hy dit gevind het, gaan hy na die derde verdieping en vind sy broer Mahal hier, wat dit juis met sy kinders daaroor gehad het, dat die engele geen woord oor hom gespreek het nie, maar alles slegs aan Noag opgedra het, en hy was veral kwaad oor die feit dat die engele Noag wel noukeurige aanwysings gegee het vir die onderhoud van die diere, maar oor die versorging van hom en van sy kinders ook nie maar één woord laat val het nie!

3. En hy het in die teenwoordigheid van Noag gesê, wie hy egter nie opgemerk het nie, omdat hy agter die wand van `n hok gestaan het: “Is ek vir die Heer dan minder as die diere?! Die het hulle hokke en voldoende voer, en daar is vir hulle onderhoud gesorg; maar wat het ons?

4. So het die engele ook steeds oor die versorging van Noag en sy gesin gepraat; maar daar was glad geen sprake van ons lewensonderhoud nie! Wat beteken dit dan anders as wat die engele ons te verstaan gegee het: Vir ons is die ark nie gebou nie, maar net vir Noag en vir sy gesin en vir die diere!

5. Maar ek weet wat ek sal doen! Kyk, daar is immers nog `n hele spul gekapte hout; ek sal met die knegte van Noag praat en met Noag, sodat daar vir my `n eie ark gebou word, waarin ons `n plek sal hê, en Noag kan die groot ark dan rustig alleen bewoon!

6. Wil die Heer ons behou, dan is dit goed en wel, en wanneer blyk dat Hy dit nie wil nie, dan sal ek Hom nie daarvoor vra nie, want ek het nou tog al `n afkeer gekry van die hele gedoe van die lewe onder sulke benarde omstandighede!”

7. Hierop het Agla gesê: “O vader, ek dink dat jy te veel praat! Want sien, ek het ook immers vir Waltar gesien en hy vir my, en hy het my nie getroos nie; en tog mor ek nie teen die Heer nie! Waarom doen jy dit dan, terwyl jy tog van die Heer Self die allerhoogste troos ontvang het?!

8. Maar ek sê by myself: “O Heer, laat met my, die groot sondares, geskied volgens U erbarming!” En al moet ek `n buit van die dood word, dan is die Heer ook daarom geloof en geprys!”

9. Mahal het hom verbaas oor hierdie woorde van die wenende Agla, en Noag het tevoorskyn gekom en Agla geloof vanweë die korrekte woorde ten aansien van God .

10. Op daardie oomblik het daar `n verligtende engel voor Agla gestaan en het aan haar gesê: “Agla, sien, jy sal nooit `n buit van die dood, maar vir ewig `n buit van die lewe word! Reik my dus jou hand en volg my, jou broer Waltar!”

11. Hierop het Agla die engel haar hand gereik en op dieselfde oomblik verdwyn; en daar het van haar niks oorgebly nie, as net haar klere en `n bietjie as daarin.

12. Hierdie verskyning het almal in `n hoë mate verbaas, en hulle het nie geweet hoe dit gebeur het nie.

13. Net Noag het rustig gebly en ter aarde geval om God bomatig te loof en te prys.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205