`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 349

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Noag se vermanende woorde aan die morrende Mahal. Die bou van die klein ark vir Mahal en syne

(20 Augustus 1844)

349 Nadat Noag die Heer `n uur lank geloof en geprys het, omdat Hy die verlore dogter van sy broer so buitengewoon allergenadig opgeneem het in die ewig lewende ryk van die geeste uit God, het hy weer opgestaan, hom tot sy broer Mahal gewend en aan hom gesê:

2. “Broer, ek hoop dat jy nie weer tekere sal gaan teen God die Heer omdat Hy jou so `n eindeloos groot barmhartigheid bewys het nie?! Sien, dit is niks anders as suiwer, verborge hoogmoed wat in jou skuil nie!

3. Sien, heimlik steek dit jou dat die Heer vir my en nie vir jou nie vir die bou van die ark uitverkies het, en dat jy nie by elke geleentheid in die besonder geroep en uitverkies word nie! En omdat jy verder niemand het met wie jy daaroor kan twis nie, laat jy die woede van jou hoogmoed op die Heer Self los en wil jy selfs by elke geleentheid in opstand kom teen Hom!

4. Maar vra jouself net af of sodanige gedrag teenoor Hom, Wie jou vier jaar gelede so liefdevol Sy seun genoem het, passend en geregverdig is! Dink jy dalk dat jy die Heer tot iets sal afdwing?!

5. Kyk, Satan het hom al sedert ondenkbare tye hoogmoedig opgestel teen die Heer! Wat het hy egter daarmee gewen?! Want alles wat hy wil, het die Heer nooit gedoen nie! En so bly Satan steeds die verslaande slaaf van sy eie koppigheid, wat `n vrug van sy dwaasheid is; maar die Heer bly ewig die Heer en het gedoen wat Hy wil, sonder om Hom daarby aan die geskreeu van die wêreldse narre te steur!

6. Broer, is dit dan so moeilik om jou voor die heilige, allerbeste Vader te verdeemoedig en Sy heilige orde vir jou te laat welgeval nie?!

7. Die Heer het jou tog onmiskenbaar getoon dat Hy die ark van Sy liefde, barmhartigheid en erbarming nog nooit vir jou gesluit het nie, en daarom ook sekerlik nie hierdie ark nie!

8. Maar as jy jouself deur `n innerlike woede wil uitsluit, dink jy dan dat die Heer jou by jou hare sal insleep?! O, verander jou dwaasheid en stel die geduld van die Heer nie steeds opnuut op die proef nie, dan sal jy hier in die ark ook spoedig `n sel vir jouself vind!”

9. Hierdie baie welgemeende woorde van Noag het weinig invloed op Mahal gehad, en hy het daarop gestaan dat daar `n eie ark vir hom gebou word.

10. En Noag het gehandel volgens die wil van sy broer en het vir hom `n klein ark van vier vadem lank en twee vadem hoog laat bou; daar was slegs geen selle daarin aangebring nie.

11. Wat verder, in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205