`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 352

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die troostende woorde van die Heer aan Noag en Sy diepe droefnis oor die mense. Die laaste pogings van die Heer om die mense van die laagte te red

(23 Augustus 1844)

352 Hoe het dit gelyk toe die Heer Noag opgedra het om die ark binne te gaan:

2. Toe die hemel heeltemal bedek geraak het en die wolke die nabygeleë bergtoppe in `n digte nag begin te hul en die laagte oor onafsienbare vertes gestoom het soos `n brandende stad, het die Heer na Noag toe gekom, vervul van weemoed en verdriet, en aan hom gesê:

3. “Noag, vrees nie; want kyk, Ek, die Heer van alle skepsele en alle dinge, is by jou om jou te beskerm teen al die onheil wat Ek nou oor die wêreld sal laat kom, omdat die boosgeworde mense dit so wou gehad het!

4. Kyk, kyk, hoe treurig lyk dit nou op hierdie ou aarde! Die tegniese kundigheid van die mense het, sonder dat hulle dit geweet het, die bose gevange oergeeste van hierdie aarde voortydig vrygemaak, waardeur alle hemele in gevaar sou kom, as hierdie oordeel nie moes plaasvind nie. Daardeur is die ruimte vanaf die aarde tot by die maan nou met sulke geeste gevul. En as daar nie, deur `n plaaslike gloei van die wolke, waarin die vrygekome bose geeste nou woed en tier, `n ligskynsel op die aardbodem geval het nie, dan sou hier so `n nag gewees het, dat alle lewe sou moes verstik; want die sonlig kan nooit deur sulke wolkmassas en damp deurdring nie!

5. Maar die mense van die laagte vrees nie! Hulle verlig hulle stede met fakkels en groot olielampe en is vrolik daarby; hulle fuif nog en hou flirtasie en hou feesmaaltye, speel- en dansfeeste, terwyl Ek, hulle Skepper, oor hulle treur en hulle nie kan help, sonder om hulle vir ewig in hulle gees te vernietig nie!

6. O My Noag, dit is `n harde situasie vir `n Vader Wie Sy kinders voor die afgrond sien en hulle nie kan en mag help nie, as slegs deur `n nuwe drastiese gevangeneming, wat die op hande synde en nou onontkombare oordeel is! Wat moet Ek daarvan sê?

7. Kyk, daar is op aarde, in ver van hier verwyderde uitgestrekte gebiede, nakomelinge van Kain! Vir hulle was `n indirekte (vertroebelde) openbaring genoeg, en tot op dié uur lewe hulle nog in My orde; en die weiniges onder hulle, wat hulle gewete soms, meer of minder deur `n daad belas het, hef nou in hierdie algemene nag van die naderende oordeel hulle hande vertwyfeld na My toe op en smeek My om erbarming!

8. Maar Ek sê vir jou: Sien, Ek sal My ook in hulle nood oor hulle ontferm; maar die uitgestrekte gedeelte van die aarde waar My kinders, as mengsel met die kinders van die wêreld woon, sal nou My onverbiddelike oordeel ondergaan!

9. Maar voor Ek die waters uit die wolke op die aarde sal laat val, wil Ek die mense in die laagte nog sewe dae lank deur allerlei verskynings laat skrik en waar moontlik, hulle daardeur dwing om hierheen te vlug!

10. Ons sal dus nog sewe dae hier wag in hierdie nag, en Ek sal van hier af tot in Hanoch en nog verder `n swak lig laat skyn, sodat niemand wat hom nog wil red, die weg hierheen sal misloop nie; en as iemand hierheen sal kom, al was dit Fungar-Hellan self, dan moet hy in die ark opgeneem word!”

11. Na hierdie woorde het dit skemeragtig lig geword van die hoogte af tot by Hanoch en nog verder; en die Heer het by Noag die geestelike oog geopen, sodat hy gelyktydig saam met die Heer in alle dieptes kon kyk; maar ``n mens kon niemand gesien het wat die stad uittrek nie.

12. Daar het oproepe so geweldig soos die donder geklink; maar niemand het hom daaraan gesteur nie. Daar het `n brand uitgebreek in Hanoch en dit het baie groot angs en skrik aangejaag; maar tog wou niemand die stad verlaat het nie. Daar het onderaardse waters uitgebreek wat Hanoch se pleine en stege manshoog onder water gesit het; toe het die armes wel na die nabygeleë heuwels gevlug, maar die rykes het bote en skuite geneem en juigend oor pleine en deur stege gevaar, en niemand het hom meer na die hoogte begewe nie.

13. En in die laagte het hierdie kalamiteite (katastrofes) sewe dae lank geduur: En tog het niemand hom daaraan gesteur nie.

14. Toe het die geduld van die Heer gebreek en Hy het Noag na die ark gelei.

15. Hoe en wat verder, in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205