`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 355

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal beken sy sondes deemoedig voor die Aangesig van die Heer. Die heilige Vader getuig van Sy liefde en barmhartigheid. Die oordeel van die sondvloed, die eie skepping van die dwase mense. Satan opgeroep deur die Heer. Die hellevaart van Gurat, Fungar-Hellan en Drohuit. Die Heer lei Mahal na die ark

(27 Augustus 1844)

355 En toe Mahal die Heer gesien het, gaan hy voor Hom staan, en soos `n berouvolle boeteling voor Hom neergeval en gesê:

2. “O Heer van hemel en aarde, almagtige God, my heilige, mees liefdevolle Vader! Ek het in hierdie, my laaste dae swaar teen U hart gesondig; ja, teen U allerheiligste hart, wat vervul is met die eindelose ewige Vaderliefde het ek swaar gesondig! O heilige Vader, ewige liefde, sal ek, `n ellendige wurm van die stof van die nietigheid, ooit weer erbarming en barmhartigheid vind voor U allerheiligste Aangesig?”

3. Die Heer het egter gepraat: “Mahal, My seun, jy wat verlore was en jou nou weer deur My laat vind en laat vasgryp het, staan op! Want Ek, jou ewige, heilige Vader, sê vir jou: Vir My ewige en oneindige liefde het niemand sover van My afvallig geword, dat Ek My nie oor hom sou wil ontferm, as hy na My toe sal kom in die berouvolle erkenning van sy sonde nie!

4. Maar wie nie kom nie, het sy oordeel self op sy voorhoof geskryf; want Ek hou niemand teen sy vrye wil wat deur My in hom ingeblaas is, vas nie en Ek trek aan niemand teen sy wil nie!

5. Maar alles wat Ek, die Almagtige, doen, is dat Ek My kinders roep om na My toe te kom as die enigste, ewige, ware Vader! Goed vir diegene wat die roep nie ignoreer nie, en wanneer hulle dit hoor, hulle daarvolgens rig!

6. So het Ek tot nou toe byna tweeduisend jaar lank My kinders geroep, geleer en gewaarsku; maar hulle wou nie na My liefdevolle, regverdige waarskuwing luister nie, maar het hulle oor en hart slegs teen die ou leuenmond van die Satan gelê, en hy het hulle die weë na die verderf gewys. En hulle het vir solank onvermoeid op hierdie weë gewandel, totdat hulle buitgemaak het wat nou oor hulle en oor hierdie hele aardstreek gekom het!

7. Nie Ek het die oordeel oor die aarde geroep nie en Ek is nie die Skepper daarvan nie, maar hier, hierdie drie is dit! Hulle wou die aarde verwoes, en hier is die werk nou voor hulle oë! 

8. Uit toorn teen My, hulle Skepper, het hulle die aarde roekeloos oopgebreek, en Satan het hulle reëlreg na die punte van die aarde gelei, waar haar are die naaste aan die oppervlakte gelê het. Daar het hulle, met hulle bytende stowwe en met hulle korrels uit die hel, die stewige huid van die are van die aarde verskeur, en die magtigste damp en stroom het begin deurbreek, genoodsaak deur die swaarte van die opperhuid van die aarde. En hierdie alles verwoestende en dodende vloed is nou die vrug van hulle ywer vir die hel!” 

9. By hierdie woorde het die drietal hewig begin te bewe, want hulle het goed gemerk dat hulle euweldade die dood aan miljoene gebring het, en hoe hulle nagenoeg die enigstes was wat aan die oordeel skuldig was.

10. Maar nou het die Heer vir Satan geroep; en toe hy, in woede ontsteek, op dieselfde oomblik daar gestaan het, het die Heer aan hom gesê: “Ellendige beproewer van My lankmoedigheid, liefde en geduld! Sien, hier staan jou drie getrouste knegte; hulle het jou plan meesterlik volbring! Welke loon gaan jy hulle nou daarvoor gee?”

11. En die Satan het gepraat: “Het hulle op aarde nie alles gehad wat hulle hart begeer het nie?! Welke loon moet hulle dan nog meer daarvoor kry?! Die dood is hulle lot!”

12. Hierop het die Heer gepraat: “Het julle nou gehoor hoe julle meester sy knegte beloon? Is julle tevrede daarmee?”

13. Nou begin die drie te kerm van vrees en angs en het die Heer gebid om hulp.

14. Maar die Heer het gesê: “Dit het die angs nou in julle gedoen, en julle het geen berou nie! Wyk daarom van My, Satan se dienaars, en boet saam met hom vir julle misdaad in sy vuur!”

15. Hierop het `n magtige bliksemstraal deur die grot gevaar en die drietal gedood en die mag van die Heer dryf toe die vier geeste na die hel.

16. En Mahal het hom aan die Heer vasgeklem, maar Hy het hom dadelik die grot uitgelei na die ark.

17. Wat verder, in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205