`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 360

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Duur en die verloop van die vloed. Die ark op die berg Ararat. Die duif met die olyfblaar. Die opening van die dak van die ark op dag van die nuwejaar. Noag se vertrek uit die ark

(2 September 1844)

360 Hoe lank het die vloed op aarde dan in volle omvang geduur?

2. Die volle omvang, dus die hoogste peil van die vloed het honderd-en-vyftig volle dae geduur.

3. Hoe was dit dan moontlik, omdat dit volgens die eerste vermelding, slegs veertig dae gereën het?

4. Die stromende reën het wel na veertig dae opgehou, maar die steeds magtiger wordende water wat van onder opgekom het, het honderd-en-vyftig dae geduur en het steeds dieselfde waterhoogte in stand gehou.

5. Eers op die honderd-en-vyftigste dag het die Heer weer Sy Aangesig na die aarde gewend, en die fonteine in die diepte was afgesluit en die waterhouers van die eter volkome dig gebind; want tot die honderd-en-vyftigste dag het dit steeds plaaslik gereën soos wat daar nou met onweer, `n stortreën op die aarde val.

6. Eers na hierdie tyd het die water begin wegloop, en op die sewentiende dag van die sewende maand het die ark teen die grond geraak en op die baie ruim top van die berg Ararat gesit, daarheen gelei deur Mahal se gees deur die krag van die Heer.

7. Toe het die water sigbaar afgeneem tot aan die tiende maand, en die wese van alle berge, selfs die van nouliks sewentig vadem hoog, was vanaf hierdie tyd bo die water, wat nou nog slegs die dale en die laer heuwels bedek het.

8. Veertig dae later, dus op die  10 November (Hollandse vertaling sê 26 ste September), het Noag vir die eerste keer die dakvenster van die ark geopen en het `n kraai na buite laat vlieg. Die het egter reeds sy grond gevind, van die een plek na die ander gevlieg en het nie meer na die ark teruggekom nie.

9. En omdat die kraai nie teruggekom het nie, het Noag baie spoedig `n duif laat uitvlieg om uit te vind of die water op aarde gesak het.

10. Maar aangesien alles nog kaal en vogtig was en in die dale nog enorme watermassas met rasende geweld weggestroom het, vind die duif geen plek vir haar poot nie en het weer teruggekom om op Noag se hand te gaan sit wat hy uit die venster gesteek het om die duif weer na binne in die ark te bring.

11. Vanaf dié dag af het Noag nog sewe dae gewag en het op die agtste dag weer `n duif laat uitvlieg; sy het eers teen die aand teruggekom en `n blaartjie in haar snawel saamgebring, wat sy van `n olyfboom gepluk het, en dit was vir Noag `n teken dat die water op aarde gesak het.

12. Want slegs so kon hy dit uitgevind het, omdat die Heer dit heimlik so vir hom in sy hart aangeraai het.

13. Na nogmaals sewe dae later laat Noag weer `n duif uitvlieg, maar sy het nie meer teruggekom nie, omdat sy reeds voedsel op die droë en opnuut begroeide aardbodem gevind het.

14. Maar Noag het van toe af nog tot die eerste maand van die nuwejaar gewag, toe hy die leeftyd van seshonderd-en-een jaar bereik het.

15. Toe het die waters op aarde, vir die grootste deel tot op die normale stand in die groot seë gestroom, en die aarde het droog geword deur die voortdurende streling van die warm middagwinde.

16. Toe het Noag met sy seuns op 1 Januarie aan die werk gegaan, en die dak van die ark verwyder, en het toe vir die eerste keer vanaf die hoë Ararat na die nuwe aarde gekyk, en hy het geen water meer gesien nie en hy het gesien dat die aarde heeltemal droog was.

17. Maar tog het hy tot die 27ste Februarie op die woord van die Heer gewag.

18. Toe het die Heer na Noag toe gekom en hom opgedra, soos in die eerste boek van Moses, Hoofstuk 8, beskryf staan, om uit die ark te gaan.

19. En Noag het nou die groot deur geopen, en alles het gevlieg en geloop en gekruip uit die ark en `n woonplek op die nuwe aarde gesoek; en die Heer het gesorg dat almal nou weer hulle voedsel gevind het.

20. En so het Noag `n jaar en tien dae met syne in die ark deurgebring.

21. Wat verder, in die vervolg!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205