`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 361

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die dankoffer van Noag en die seën van die Heer

(3 September 1844)

361 Toe Noag en alles wat geleef het, uit die ark gegaan het, het Noag, saam met sy seuns, `n altaar van gladde klippe opgerig, die hout van die afgewerpte dak van die ark daarheen laat dra, van alle rein diere een mannetjie geslag, en het `n groot dankoffer vir die Heer aangesteek en het saam met sy hele huis vir God, die Heer oor en oor geloof en geprys.

2. Die Heer het die lieflike geur van die offer geruik, wat die liefde was van Noag en syne tot God, en daarom ook vanuit en in Sy hart tot Noag gepraat: “Ek sal die wêreld voortaan nie meer vervloek vanweë die mense nie, want die denke en strewe van die menslike hart is van sy jeug af aan boos! En so wil ek voortaan nie meer alles wat leef slaan soos wat Ek dit nou gedoen het nie; en solank die aarde aarde sal wees, sal saai en oes, koue en hitte, somer en winter en dag en nag nie ophou nie!”

3. Daarop het die Heer Sy regterhand op die hoof van Noag gelê en hom en daarmee sy hele huis, geseën.

4. En toe die Heer Noag so geseën het, het Hy nog een keer met hom gepraat: “Wees vrugbaar en vermeerder jouself, en vul die hele aarde met julle geslag sowél as met julle gees!

5. Laat julle wese tot vrees en tot skrik wees vir alle diere van die aarde, vir alle voëls onder die hemel en vir alles wat op die aardbodem kruip; en so is ook alle visse in julle hande gegee.

6. Laat alles wat beweeg en leef op die aarde vir julle tot voedsel dien. Ek gee dit aan jou soos die groen kruie. Maar slegs die vleis wat nog in sy bloed beweeg, moet jy nie eet nie (want die bloed dra My toorn en My wraak by die diere, sowél as by mense); daarom sal Ek al die bloed van die mens, asook die bloed van die diere, wreek! (Want in die bloed is die dood.)

7. So sal Ek ook die liggaamlike lewe van elke mens wreek, vanweë die mens! Daarom is slegs Ek die Heer en sal niemand die bloed van die mens vergiet nie! Wie dit sal vergiet, sy bloed sal ook vergiet word!

8. Ek het die mens na My ewebeeld geskape. Maar uit sy bloed het die sonde gekom; daarom is ook die dood in die bloed en My toorn en My wraak, en daarom sal al die bloed steeds deur die dood van die liggaam gewreek word!

9. Die diere het Ek in jou hand gelê, sodat die siel van die mens volmaak kan wees; maar die mens bly in My hand, sodat sy gees nie tot niet sal gaan nie. Wees daarom vrugbaar en vermeerder julle op aarde!

10. Ek rig met julle `n verbond op en so ook met al jou nakomelinge! En dit doen Ek ook terwille van julle met alle diere by jou; vir alle voëls, vir al die vee en vir alle diere van die aarde, en vir al die diere wat saam met julle uit die ark gegaan het sal dié verbond sigbaar wees, sodat julle siel volmaak kan wees en Ek voortaan nie so `n vloed meer oor die aarde sal laat kom nie! Want die aarde is nou gereinig, die sondige vlees verdelg!

11. Vermeerder julle daarom opnuut op die aarde; want so het Ek alles in julle hande gelê, sodat julle siel volmaak kan bly, en julle gees nooit in My hand ten gronde sal gaan nie!”

12. Die voortsetting van die woorde van die Heer volg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205