`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 368

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Hoofstuk 3

1. `n Hoofdeel wat homself met die derde binnesee verbind het, het uitgestrek langs die huidige dal van die Drau tot in die streek van die landgoed Fall (Fala in Slowenië) en daarvandaan, waar die Drau deur `n lang ry berge tot in die gebied van die hedendaagse Eis (in Karinthië) `n weg moes baan, daar het `n tweede taamlike omvangryke meer begin, waarvan die huidige sogenaamde Wörther See `n oorblyfsel is. Maar `n deel van die meer het deurgeloop na die dal van die Drau tot ver verby Villach en daarmee het nog baie kleiner mere in verbinding gestaan. So was die teenswoordige dal van die Enns (syrivier van die Donau) ook `n op sigself staande meer, wat `n weg gebaan het deur die huidige sogenaamde Gesäuse (Alpegebied tussen Liezen en Hieflau) en vandaar verder totdat dit met `n veel groter meer verbind het, welke groter meer vanaf die dal van die Donau stroomopwaarts alle vlaktes van Beiere en gedeeltelik die breë dal van die Inn in Tirol bedek het. Die huidige Mur het, net soos die Donau, met die derde binnesee in direkte verbinding gestaan.

`n Kleiner meer het die omgewing van die teenswoordige Wildon tot in die huidige Gösting in besit geneem, en beginnend agter Gösting was `n ander, die Murmeer, langs die hele bedding van die Mur en die lae sydale daarvan, wat in hulle bolope ook weer kleiner mere gehad het en met die groot meer in verbinding gestaan het deur klein aflope. Die teenswoordige Switserland het baie sulke klein mere gehad waarvan daar vandag nog oorblyfsels bestaan.

2. Hiermee het julle voldoende oorsig van die toestand voor die sondvloed van die gebergtes en die waters van hierdie klein wêrelddeel. Nou wil ons nog `n blik, veral op Middel-Asië, werp en ook die vernaamste gebergte in oënskou neem wat Middel-Asië van Suid-Asië skei en wat die eintlike bakermat was van die Adamitiese mensegeslag!

3. Vanaf die Oeral het, soos reeds beskryf, `n gebergte tot by die hoë Tibet geloop, wat reeds in dié tyd deur `n hele spul uiters vrugbare dale deursny was. Deur die dale het die riviere, wat uit die berge afkomstig was, gestroom en wel grotendeels na die noorde.

4. Hierdie berge was naderhand, in die tye van Hanoch en in die besonder ten tye van die nakomelinge van Set, bewoon gewees, terwyl die Hanochiete in die vlakte, hulle ook ver anderkant hierdie bergreeks uitgebrei het. En aangesien hulle gesien het dat die bewoners van die berge veel beter daaraan toe was as hulle in hulle vrugbare en wyd uitgestrekte vlakte, het hulle begin om hierdie bewoners van die berge steeds meer te pla en te vervolg en het maar deurgegaan met hierdie vervolgings, ondanks die waarskuwings wat dikwels aan hulle gerig was. En met behulp van hulle springkorrels, waarvan die Chinese kruit vandag nog afstam, het hulle diep gate in hierdie berge geboor en hulle letterlik laat ontplof en vernietig. Daardeur het hulle in hulle intense blindheid, nie net `n uitweg aan gegee die groot waters, op wie se komme die berge gestaan het nie, maar ook aan die uitgestrekte waterkomme wat onder Tibet en ook die Taurusgebergte lê, en in `n noordelike rigting oor groot afstande onder die Oeral. Daardeur het, veral in die gebied van die huidige Kaspiese See, waar Hanoch eens geleë was, die grootste versakking ontstaan, en die deurbreek van die water was so geweldig, dat dit `n hoogte van tussen sewe- tot agtduisend voet bokant die ander mere bereik het, en dit het veroorsaak dat `n lank aanhoudende reënval oor die hele Middel-Asië vermeerder en versterk was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205