`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 369

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Hoofstuk 4

1. Hierdie buitengewone hoë waterstand in die hele Middel-Asië het merendeels `n magtige afvoer deur die huidige dal van die Wolga gebaan en het die binnesee met baie vadems verhoog; daardeur kon, veral in die streek van die hedendaagse Konstantinopel (nou Istanboel) die nie so stewige landengte soveel minder `n deurbraak verhinder het, toe daar by hierdie geleentheid sprake was van buitengewone vuuruitbarstings, wat noodgedwonge alles verwoes het.

2. Dat Noag vaste grond met sy ark gevind het op `n hoogvlakte van die Ararat, waarop die ark vasgeloop het, bewys hoe hoog die waters in Middel-Asië self gestyg het. Die meeste water van Middel-Asië het weggestroom na die noorde en ooste; maar `n baie belangrike deel ook na die suide en die weste. Daardeur was die tweede groot binnesee dermate oorvol, dat dit ten dele deur die gewig en vir die grootste deel deur die onderaardse uitbarstings van vuur, `n onstuimige uitweg na die Atlantiese Oseaan gebaan het en na verloop van `n paar honderd jaar soseer afgevoer was, dat alle regstreeks daarmee in verbinding staande vlaktes, wat huidiglik gedeeltelik baie vrugbaar is, vir die grootste deel drooggelê was, waarna, in die besonder die kusgebiede van Asië, langsamerhand bevolk kon word.

3. En grotendeels was dit bewerkstellig deur die nog in lewe geblewe volkere van die hoë Middelgebergte van Asië en ook die van die Oeral, wat in die tyd tot aan die noordelike binnesee `n vrugbare en breë strook land was, van waaruit dan ook die res van die noordelike deel van Europa veral op die berge bevolk was. Die Tauriërs stam ook van dié volkere af, wat hulle op die berge van Stiermarken en baie ander lande gevestig het en lank rustig onder mekaar voortgeleef het, totdat die heb- en gewinsug van die Romeine en die Grieke hulle ontdek het.

4. Die landengte, wat Europa met Asië verbind het in die tyd van die Hanochitiese vloed, heet die landengte van Deukalion, na die aartsvader van die plek wat ook tot die bergbewoners behoort het en in westelike Asië `n soort profeet was en Deukalion geheet het, wat beteken “deur God gestuur” of “ek kom van God ”, en die sondvloed word daarom ook deur die volkere wat die Suid-Asiatiese deel bewoon het, lank die vloed van Deukalion genoem, totdat die nakomelinge van Noag eers enkele eeue later die vernaamste oorsaak en die toedrag van hierdie vloed met alle bykomende omstandighede bekendgemaak het. Na die oorblyfsels van groot mere, het Middel-Asië na verloop van baie jare tot die droë, en helaas nog tot op vandag, woeste en onbewoonbare land geword; slegs in die rigting van Sjina en aan die noordelike voet van die Tibetaanse hooggebergte was dit vrugbaar en bewoonbaar.

5. Uit hierdie lande stam die bekende Mongole, Hunne, Tartare en Turkmene, wat deur oorbevolking van hulle landerye, gedwing was om te emigreer en gedeeltelik na die ooste en deels na die weste getrek het, waar hulle orals vir die vroeëre inwoners wat daar gelewe het, in groot nood en verleentheid gebring het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205