`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 370

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Hoofstuk 5

1. In die ooste het die ou Sihiniete en in Japan die Meduhediete die mag en die druk van die Mongole gevoel en in die weste het, veral die Hunne saam met die Tartare, en later die Turkmen, hulle baie duidelik laat voel en het gedurende dié tye die groot volksverhuisings veroorsaak, wat aan julle welbekend is.

2. In die huidige tyd het die mense in die onvrugbare deel van Middel-Asië, wel veelvuldige pogings aangewend om dit vrugbaar te maak deur middel van oases; maar die kennis wat nodig is om sulke droë landerye vrugbaar te maak, lê nog te diep in die nag van hulle heidense bygeloof begrawe, en daarom sal hierdie groot landstreek nog baie lank moet wag, totdat die ou vrugbaarheid van die tyd voor Noag weer daar sal wees.

3. Hoe vrugbaar in dié tyd, met inbegrip van `n groot deel van Siberië, die lande was, bewys die teenswoordig nog veelvuldige ontdekking onder die ewige sneeu- en yslêende mammoete en nog `n hele spul ander gras- en blaarvretende diere. Hulle kon hulleself, na die verwoesting van dié buitengewoon vrugbare land, nie meer voed nie en hulle het dus reeds lank gelede heeltemal uitgesterf. Daartoe behoort naas die groot mammoet, die reusehert, die reuseskaap, die eenhorige reuseperd en soortgelyke diere, waarvan `n mens nou nog, ten dele in die Oeralgebergte en vir `n groot deel in die gate van noordelike Tibet en ook onder die sneeu en die ys van Siberië, versteende reste vind.

4. Mens sou nou kan vra waarom mens nie ook, veral in Siberië, reste van menslike liggame aantref nie. En die antwoord lui: Omdat die menslike liggaam in al sy dele veel eterieser is en sodoende vanaf die oerbegin ook so geskape is dat dit makliker ontbind, dit wil sê, wat die nakomelinge van Adam betref!

5. Maar wat die pre-adamitiese, sogenaamde diermense, Cephonasims (aanskouers van die uitspansel) genoem, betref, is daar hier en daar nog versteende oorblyfsels, soos wat daar ook hier en daar nog nakomelinge van dié soort diermense is, en hulle plek tussen die nakomelinge van Kain en die teenswoordig voorkomende ape, soos sjimpansees en orang-oetangs inneem.

6. Onder alle diersoorte het hulle die grootste instinkmatige intelligensie besit en het hier en daar hulle ewenwel hoogs eenvormige wonings gebou en het ook die smal plekke van strome en riviere met klippe uitgelê en daardeur `n soort brug oor so `n plek gebou; en wanneer die water oor so `n plek begin te stroom het, wat gewoonlik die geval was, dan het hulle gou agter die ou plek, stroomop, `n tweede en hoër uitgelê en het daardie werk vir solank voortgesit, totdat daar, op `n grofweg terrasvormige wyse, dikwels tien of meer sulke brûe ontstaan het. Hulle het uiteindelik nie veel daarvan gehad nie, omdat die water daaragter steeds weer hoër geword en weer oor al die brûe gestroom het.

7. Hierdie mense het `n kort stert gehad, wat met `n welige bos hare begroei was, en van hulle is daar nog teenswoordig spore te vind, naamlik die van geboude mure, waaraan die mens `n hoë ouderdom toeken, omdat baie van sulke ontdekte mure, veral in die berggebiede, die ouderdom van Adam ver oorskry; maar hulle is netso min werke van `n vrye menslike verstand, as die baie doelmatig geboude huisies van die bewers in daardie waters, waarin hierdie diere hulle ryklike voedsel vind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205