`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die opstel van die tweede tafel in die troonsaal. Die feesmaal. Die tafelrede van die onbekende aan die tweede tafel.

(19 Mei 1843)

42 Die aantal uitgenooide gaste was groot en hulle kon nie aan die een groot tafel geplaas word nie. Daarom het Lameg weer na Henog gekom en hom gevra:

2. “Luister, my geliefde, verhewe broer en enigste hoëpriester van die Heer. Meer as die helfte van die genooide gaste het, soos jy self kan sien, geen plek aan die saamgevoegde tafel nie! Wanneer ons hulle nou apart moet sit aan `n tweede tafel, sal hulle dan nie afgeskeep voel nie? Ons is immers genoodsaak om hulle aan die tweede tafel te laat sit en nie aan die tafel waaraan ons sal sit en jy eintlik al gaan sit het nie.”

3. En Henog glimlag Lameg toe en het toe aan hom gesê: “Sien, liewe broer, noodsaak is geen vernedering nie! Maar om die verskil so klein as moontlik te maak, kan jy ook die tweede tafel in hierdie saal laat sit, wat groot genoeg is vir minstens tienduisend mense en dit sal dan weinig pla aan welke tafel ons sit! Laat dit so gebeur, dan sal dit heeltemal goed wees!”

4. En Lameg het gesien dat dit goed was so en laat daarom alles deur sy dienaars in orde bring soos wat Henog hom aangeraai het.

5. En die enorme aantal gaste vind almal `n plek aan hierdie tweede tafel en hulle het gejuig dat so `n groot barmhartigheid hulle te beurt geval het, om selfs in die troonsaal, naas die verhewe hoë gaste en groot vriende van God aan tafel te sit.

6. Toe Lameg die gejuig verneem het, omdat hierdie voorsiening so goed opgevat word, word hy self ook opgewek en vervul van blydskap en gaan self ook aan die tafel sit waar Henog al met Lameg uit die hoogte plaasgeneem het.

7. So word alles in orde gebring; die spyse was opgedis en uit die harte en monde van alle gaste word `n luide lofuiting aan die Heer gebring. Die tafels was toe in die Naam van die Heer deur Henog geseën, en almal het die geseënde spyse met hulle hande geneem en het geëet en gedrink en hier en daar kon mens die luide prysing van die Heer beluister.

8. Nadat almal versadig was, het een van die genooide gaste van die tweede tafel opgestaan en die volgende woorde tot sy tafelgenote rig:

9. “Broers, vriende en susters! Welke mens sou in die grootste gloed en vlam van sy hart durf sê dat hy God, die almagtige Heer van hemel en aarde, in alle ewigheid ooit voldoende sou kon dank vir so `n onuitspreeklike groot barmhartigheid wat Hy ons bewys het, deur die voorheen so harde koning Lameg te verander in so`n heerlike broer en meer as groot vriend van die mense nie? Voorwaar, Ek kan my niks indink wat groter is nie!

10. Dit moet vir die almagtige Heer nie moeilik wees om duisend wêrelde te skep nie; maar om `n vrye mensegees sonder dwang so te omvorm soos wat by Lameg gebeur het en deur hom ook by al sy aanhangers, dit is tog wel meer as om in één oomblik sonne en aardes en mane te skep, deur die almagtige, goddelike wil!

11. Want by die skepping van dinge kom dit seker maar net aan op God se wil, en dan sal daar wees wat God gewil het! Deur Hom `n uitgespreekte almagtige “daar is” is voldoende, en tallose sonne en wêrelde wentel reeds in hulle enorm groot sirkels voor die oë van die almagtige Werkmeester.

12. Maar by `n vrye gees is die almagtige “daar is” reeds `n oordeel, wat die dood van die gees is! In die plek van die almag moet dan slegs die groot liefde, erbarming, geduld, sagmoedigheid en die eindelose wyse leiding van God tree, wie die gees van die mens as `n tweede god moet lei en onderrig, sodat dit dan deur selfkennis van binne, dit sal word wat hy moet wees, volgens die goddelike orde. En dit is meer as om wêrelde en sonne skep!

13. O, maar daarom moet die Heer ook deur ons almal geloof en bemin word, soos wat Hy tot nou toe nog nie bemin en geloof was nie; want eers nou erken ons God se grootsheid!

14. Kom broers, laat ons die Heer loof en prys, omdat Hy ons so `n groot barmhartigheid bewys het!”

15. Hierdie woorde van die gas laat almal in die saal verras opkyk, en almal was geraak deur die krag van hierdie woorde.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205