`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Koning Lameg en Henog in gesprek oor die wyse Spreker en die inwyding van die tempel op die berg. Die geestelike betekenis van die tempel. Koning Lameg nooi die wyse Man uit na die inwyding van die tempel.

(30 Mei 1843)

49 Nou het Lameg ook die gesprek gehoor tussen beide aan die ander tafel en daarom het hy hom tot Henog gewend en hom gevra:

2. “Luister, broer in die Heer, dié man is vir `n gewone mens tog `n bietjie te wys, dit wil sê, vir `n mens in hierdie vlakte en die laagland.

3. Hy is vas en seker ook van bo afkomstig, miskien deur die Heer na my of na my volk ontbied as `n leraar in die hoër en diepere lewenswysheid!

4. Daar hy self al van `n uiteindelike uitnodiging vir die inwyding van die tempel op die berg gepraat het, lyk dit vir my tog wel baie passend dat ek nou na hom toe sal gaan om hom self beleefd uitnooi! Dink jy nie dat dit so hoort nie?”

5. En daarop antwoord Henog aan Lameg: “My geliefde broer, gaan nou heen en volg jou hart: Want die tyd het nou gekom!

6. By die wyding van die tempel moet hierdie Wyse immers aanwesig wees; want die tempel op die berg beteken tog die Wysheid van die Heer, wat Hy ons vanuit Sy groot liefde en erbarming gegee het, en daarom moet hierdie tempel immers ook met die goddelike Wysheid in ons midde, asook in ons innerlike, ingewy word!

7. Die tempel in die gereinigde laagte is aan die liefde en erbarming van die Heer gewy en is net so toeberei soos die hart in die mens, wat voorheen `n poel van al die vuil en ongedierte was. In hierdie beerput moes die vleeslike liefde gedood word (sien die geskiedenis van die hofdames met die bode Kisehel!), dan eers moes alle moerasgebiede deur sterk, warm winde uitgedroog word, vervolgens was die grond gelykgemaak en die aarde moes deur `n hewige vuur, soos die voormalige sinlike hofdames, tot suiwer goud omvorm word, en daar moes fyn bewerkte klippe aangebring word vir die bou van die tempel, dus heeltemal nuwe materiaal, wat stewig en duursaam is, nie soos verrotte hout en vuil soos die stinkende slyk uit die poele nie.

8. Sien, so is die innerlike tempel van God in die hart van die mens, deur die tempel in die vlakte uitgebeeld en deur God Self gewy.

9. Die Heer het jou daarna ook opgedra om `n tempel op die gereinigde berg te bou.

10. Hierdie tempel moet egter `n beeld wees van julle wysheid en alles wat daarvoor vereis word.

11. En so moet daardie mense by die inwyding ook aanwesig wees vir wie die Heer vir daardie doel met groot Wysheid uit Homself toegerus het.

12. En dié Man is `n waaragtige wyse vanuit God; gaan daarom na Hom toe en nooi Hom uit vir die inwyding van die tempel op die berg!

13. Maar jy moet niemand anders meer uitnooi nie; maar wanneer daardie Man nog iemand wil saamneem, dan moet elkeen wie Hy wil saamneem, deur jou as uitgenooi beskou word!

14. Want die Wysheid is die Lig van die liefde, en die uitstraling van dié Lig is werklike, ewige waarheid. Gaan daarom nou na Hom toe en volg jou hart! Amen.”

15. En Lameg was na hierdie woorde van Henog as`t ware met één sprong by die wyse Man en het Hom uitgenooi vir die komende wyding van die tempel op die berg.

16. En daarop het die Man aan Lameg gesê: “Vriend en broer, omdat jy My uitgenooi het, sal Ek ook kom, wees heeltemal verseker daarvan; en wie Ek saamneem, moet jy aanneem!

17. Want Ek gaan voort op weë van ewige Wysheid in God, wat vir jou ondeurgrondelik is; daarom is ook elkeen wat deur hierdie Wysheid gegryp word, `n dienaar van die Wysheid uit God, en jy sal ewig sy broer wees!

18. Gaan nou heen en berig dit aan Henog, hy sal jou maklik begryp!

19. Staan nou almal op, sodat die tempel nog gedurende hierdie dag op aarde ingewy sal word! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205