`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog se gesprek met koning Lameg oor die waarheid. Oor gehoorsaamheid en die orde van die hart. Die volk gaan na die tempel op die berg

(1 Junie 1843)

51 En in die gouigheid het Lameg nog aan Henog gevra in welke volgorde die stoet na die berg moes plaasvind.

2. Henog het Lameg geantwoord met die volgende woorde: “Broer Lameg, sien, ek sou dit wel vir jou kan sê, maar dit is vir my en die Heer beter en aangenamer as jy dit in jouself vind, of jou deur die wyse Man laat inlig en dat hy die korrekte volgorde vir jou verduidelik!

3. En dit sal meer waardevoller wees wanneer jy dit geheel in jou eie hart sal vind of dit tog tenminste deur jou wyses te wete kom, wat nader aan jou staan as ek, en meer in die besonder die wyse Man wat onvergelykbaar baie nader aan jou staan as ek!”

4. Maar Lameg het Henog geantwoord: “Maar broer Henog, die waarheid bly tog die waarheid en dit sal tog geen verskil maak uit welke mond dit kom nie?! As jy my dus dieselfde antwoord kan gee as die wyse Man, sien ek werklik nie in waarom nou juis dieselfde waarheid uit die mond van die wyse Man beter sou wees as wanneer dit uit jou mond sou kom nie!”

5. En Henog het hom geantwoord: “Die mens deursien nie alles met een oogopslag nie; daarom moet jy jou ook nie verwonder wanneer jy menige sake nie begryp nie; maar gaan nou maar en volg my raad op en jy sal op die regte tyd ook die insig kry waardeur jy sal besef waarom mens `n nabystaande spreker makliker verstaan as een wat vanaf `n afstand praat!”

6. En Lameg het Henog geantwoord: “Geliefde broer, jou woorde klink weliswaar ietwat raaiselagtig en laat my in hulle diepste grond iets groots vermoed; maar desondanks bly ek by my beginsel, dat die waarheid steeds onveranderd die waarheid bly, ongeag uit welke mond sy kom!

7. Wanneer jy, ek, Naëhme, byvoorbeeld die wyse Man en selfs die slang moet sê: “God is die Heer van hemel en aarde, sal dit dan nie uit elke mond een en dieselfde waarheid wees nie?”

8. En daarop het Henog aan Lameg gesê: “Broer, ek sê vir jou, laat jou nie in met sulke verstandelike oorwegings, waaruit weinig goeie vrugte kan voortkom nie!

9. Gehoorsaamheid in redelike dinge is beter as die mees skerpsinnige redenasie. Daarom sal jy beter daaraan doen as jy nou sal doen wat ek jou aangeraai het, as om nog so skerpsinnig na te dink!

10. Maar as jy skerpsinnige gedagtes met my wil wissel, dan sê ek jou by voorbaat: Jy sal by my tweede kom!

11. Want solank jy nie weet waarom `n klip hard en swaar is nie, en nie weet vanwaar die winde kom en jy hulle vaderland nie ken nie, en vanwaar die see haar voedsel kry en ook die aarde, en jy ook nie die weë nie ken om die fonteine in die aarde te ondersoek nie, en nie die geboorteplek van die vuur ken nie, en die taal van die diere en plante nie begryp nie, en so nog veel meer wat vir jou nog vreemder is as die afgrond van die groot see, laat ook solank al die verstandelike oorwegings agterweë; want dit sal vir jou niks oplewer nie, omdat dit alleen `n saak van die Heer is en Hy dit kan gee aan wie Hy wil!

12. Volg my daarom en doen wat ek jou aangeraai het; want slegs op die weg van die gehoorsaamheid, wat `n ware vrug van die deemoed is, kan jou tot die ware, innerlike Wysheid van God in jouself raak!

13. Maar wanneer jy jou ten opsigte van mense regverdig, dan soek jy hulle lof; ek sê jou egter dat dit vrugteloos is, soos ook die lof van die mense onbeduidend is.

14. Wil jy God egter behaag, dan moet jy jou so diep moontlik verdeemoedig voor Hom; daardeur sal jy Hom die hoogste lof bring, en Hy sal jou liefhê met Sy goddelike volheid!

15. Sien, die regte Wysheid is dat ons God moet liefhê bo alles! Gaan dus en handel volgens my woorde! Amen.”

16. Nou het Lameg die mag van Henog ingesien en het deemoedig die raad van Henog opgevolg, gaan direk na die wyse Man en het Hom gevra volgens welke orde die tog na die berg moes geskied!

17. En die Man het aan hom gesê: “Luister, broer, die beste orde in God oë is die orde van die hart! In dié orde moet jy ook met ons almal die berg opgaan!

18. Elke ander orde is slegs `n uiterlike rangorde, wat in God oë `n gruwel is. Kyk net hoe God die plante en die gras op die veld orden, daaruit kan jy duidelik aflei welke orde vir God die aangenaamste is!

19. Maak daarom geen onderskeid in die stoet nie, dan sal die Heer met jou wees! Dit is My raad; maar as jy `n beter het, volg dit dan!”

20. Hierop het Lameg niks meer gesê nie, maar kondig dadelik die vrye vertrek na die berg aan; en almal het opgestaan en in `n bont stoet na die berg opgetrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205