`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die gedrang van die volk op die berg. Lameg se verleentheid weens die op hande synde sonsondergang. Die raadgewende woorde van die wyse Man oor die ware inwyding van die tempel

(2 Junie 1843)

52 Toe almal vry en geheel ongedwonge op die berg aangekom het, waarvan die plato groot genoeg was om aan enkele duisende mense plek te bied en waar natuurlik `n groot aantal mense, op grond van hulle kyklus en nuuskierigheid, nog veel vroeër aangekom het as Lameg met sy gevolg, was die groot, heerlike tempel by sy aankoms ook sodanig deur mense omgewe, dat daar geen moontlikheid was om by die tempel te kom nie.

2. Dit het Lameg in groot verleentheid gebring, omdat die son reeds op die punt gestaan het om onder te gaan en daar tog as voorwaarde gestel was dat die tempel by die lig van die son ingewy sou word.

3. Hy het hom dan ook dadelik tot Henog gewend en hom gevra: “Broer Henog, mees wyse, enigste hoëpriester van die Heer, wat moet ons nou doen? Kyk, die son staan reeds op die punt om onder te gaan en daar is geen moontlikheid om by die tempel te kom nie! Hoe moet dit nou met die inwyding gaan, as ons dit immers nog vóór die volledige sonsondergang wil voltrek?”

4. Maar Henog het aan Lameg gesê: “Broer, ek is van mening dat die hindernis vóór ons, wat ons die weg na die tempel afsny, meer waarde vir ons het as die tempel self; want hier is duisend lewende tempels van liefde en erbarming vanuit God, daar gunter egter is maar net `n dooie tempel van klip!

5. Hoe sou dit wees as ons hierdie tempels vir die lewe uit God sou inwy, omdat hulle waaragtige tempels is, met die gedagte: Die dooie tempel sal op die manier die beste en ook vas en seker op die mees geldige wyse vir God gewy word deur hierdie baie broers en susters! Hoe dink jy daaroor?”

6. Lameg was ietwat verbaas en het toe aan Henog gesê: “Ja, geliefde broer, jy het natuurlik gelyk en ek begryp jou groot Wysheid op dié punt! Maar kyk net na die stand van die son! As haar aanwesigheid `n voorwaarde van hierdie, hoe dan ook geaarde tempelwyding is, dan sal ons dit vandag wel nie kan verrig en hierdie verhewe handeling na môre moet verskuif! Sal dit nie so moet gebeur nie?”

7. En Henog het Lameg geantwoord: “Broer, kyk, reg agter jou staan die wyse Man! Vra ook Hom weereens om raad oor wat daar moet gebeur, en ekself sal my na Sy uitspraak voeg!”

8. En Lameg doen onmiddellik wat Henog hom aangeraai het.

9. Die wyse Man het daarop aan Lameg geantwoord: “Liewe vriend en broer! Die wyding soos Henog jou dit aangeraai het is die enigste korrekte tempelwyding in God oë; maar wat die nou reeds ondergaande son betref, wat haar lig maar net oor die dooie materie uitgiet, aan haar teenwoordigheid is nie soveel geleë soos wat jy wel ten aansien van die tempelwyding dink nie. 

10. Want daar is nog `n ander, veel kragtiger son, wat deur My en deur Henog bedoel was, as hierdie natuurlike, en dit staan nou presies op sy toppunt by jou en is vir nou nog ver verwyder van die volledige ondergang.

11. En as hierdie son aan die middaghemel van jou gees vol lewe straal, soos sy reeds sedert die ewigheid gestraal het, dan is dit tog altyd volledig geldig in die oë van God en van die volk, juis deur daardie volk dat jy die tempel inwy volgens die raad van Henog, ook al sou dit volgens die uiterlike tyd om middernag wees.

12. Want sien, God tel nie die dae en die jare van die wêreld nie, want duisend jare is vir Hom soos `n enkele dag, maar Hy tel die gedagtes van jou hart, en dan het `n liefdevolle, goeie gedagte meer waarde vir Hom as duisend maal duisend jare en dae van die wêreld!

13. Let dus nie op die uiterlike tyd nie, wat onveranderlik ingestel is vir die korrekte behoefte van die lewendes op aarde, maar let op die lewende hart van die mens wat `n ware tempel van die lewe uit God is.

14. Laat jou son ook vir die hart van jou broers en susters skyn, dan sal jy daardeur ook altyd God welgevallig op die ligste van die dag in jouself wandel en handel, selfs in die donkerste nag van die aarde!

15. Sien, die son, dit het nou al ondergegaan, is ook `n baie groot wêreld, en wie op haar wandel het `n ewige dag; maar wanneer jy in die lig van jou geestelike son wandel, dan sal jy ook nooit van `n nag in jou gewaarword nie, maar jy sal in die ewige dag van jou lewe uit God wandel!

16. Wy daarom hierdie tempel ook so in die harte van dié volk, dan sal jou inwyding korrek wees in oë die van God!

17. Seën hulle as broers en susters, dan sal God Self die tempel voor jou aangesig seën wat deur die hande van mense gebou was! Sien, so staan die dinge daarvoor, handel dan nou ook so! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205