`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die lewende inwyding van die tempel deur koning Lameg se brandende liefde vir sy broers en susters. Die stralende hart bokant die tempel

(9 Junie 1843)

53 Lameg word deur die groot Wysheid van dié Man geheel verpletter en loof en prys God dat Hy so `n groot Wysheid vir die mens gegee het. Na hierdie uitstorting van sy hart wend Lameg hom dadelik weer tot die wyse Man en het hom gevra:

2. “Wyse vriend en broer na God en Sy hoëpriester Henog! Omdat jy gesê het dat ek die tempel in die harte van die volk moet wy en dat my wyding dan geregverdig sal wees in God se oë, ja ek moet alle aanwesiges as broers en susters wy en seën, en God sou dan Self voor my aangesig die tempel, wat die hande van die mense gebou het, wy en seën, en aangesien Henog my ook al vroeër `n baie duidelike wenk gee toe hy gesê het: “Hoe sou dit dan wees as ons hierdie tempel in die harte van die volk vir die ewige geestelike lewe uit God inwy, omdat hulle waaragtige lewende tempels is, en ons daarby ook die volgende moes bedink: Die dooie tempel sal op dié wyse die beste en in God se oë mees geldig ingewy word, as ons die baie broers en susters hier seën, en vir die lewe uit God inwy!” Aangesien jy my ook verseker het dat ek nie op die reeds ondergegane son hoef te let nie, maar slegs op die lewende son van die gees, wat die liefde tot God in ons harte is, sien ek nou baie goed in, dat jy en Henog in die volheid van alle waarheid uit God volkome gelyk het!

3. Maar hoe, op welke manier moet dit dan gebeur? Kyk, dit is `n heel ander vraag! Wat moet ek doen, om die harte van die volk te wy op `n manier wat vir die God die Heer welgevallig sal wees?”

4. En die wyse Man het Lameg ten antwoord gegee: “Luister, My liewe vriend en broer, wat het jou hart dan vir jou gesê toe jy hierdie lewende menigte broers en susters aankyk, hoe hulle ons almal met oë vol van liefde en vreugde aangekyk het?”

5. Lameg antwoord: “Ja, ja, nou gaan daar `n helder Lig vir my op; want my hart brand van suiwer magtige liefde tot hulle, en wel so dat ek hulle almal vir alle ewighede van die ewighede wil omarm en aan my hart druk en elkeen van hulle soveel goed wil doen en soseer sou wil verhef tot groot eer, dat dit vir geen sterfling ooit moontlik sal wees om die grootsheid van die weldaad te begryp nie!

6. Voorwaar, as ek sou weet dat my dood hulle die ewige, salige lewe kon verskaf, dan sou ek van suiwer liefde wil sterf vir almal wat hier is en vir hulle wat nie hier is nie!

7. O vriend, is my magtige liefde nie al `n begin van `n in God se oë waardige wyding van die harte van die volk nie?! Maar moet daar nog verder welgevallige dinge vir God die Heer, gebeur?”

8. En die wyse Man het daarop aan Lameg gesê: “Kyk na die tempel en vertel My dan wat jy sien!”

9. Skielik het Lameg na die tempel gekyk en sy hande bokant sy hoof saamgeslaan; want saam met die volk het hy nou die tempel gehul in `n wit wolk gesien en bokant die wolk en bokant die tempel `n stralende hart, helderder stralend as die son op die hoogste punt van die middag.

10. Hierdie aanblik maak ons Lameg heeltemal sprakeloos, sodat hy nie in staat was om ook maar één woord oor sy lippe te bring nie.

11. Maar daarby het die wyse Man aan hom gesê: “Ek is van mening dat jy met jou lewende liefde tot God en tot al jou broers en susters hulle harte vir God al volkome waardig geseën het en hulle as lewende tempels ingewy het deurdat die Heer, jou God, die dooie tempel in vuur en vlam gesit het met Sy barmhartigheid en erbarming!

12. Ja, broer, jy het vir God die werk van die tempelwyding op die mees welgevallige wyse volmaak verrig, en so het die Heer dan ook vir jou en die tempel geseën!

13. Uit liefde het jy alle wapens laat omvorm tot nuttige werktuie, en daar is aan jou beloof om deur hierdie tempelwyding die welgevalle van die Heer te ervaar.

14. Kyk, die plek vir die tempel het nou vry geword; gaan daarom saam met My en Henog, sodat jy sal ervaar wat aan jou beloof is! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205