`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Koning Lameg se deemoedige bekentenis en sy huiwering om die tempel te betree. Die Wyse praat oor die woord van die Heer en oor die goddelike gees van die mens. Die intrede in die gewyde tempel

(10 Junie 1843)

54 Na hierdie woorde van die wyse Man gaan Lameg, soos iemand wat dronk is van geluksaligheid, sonder om iets te sê saam met Henog en die wyse Man na die tempel toe, wat nog steeds in die wit wolk gehul was.

2. Toe hulle nou daar aangekom het, wou die bietjie nugterder Lameg nie die tempel betree nie, ofskoon hy na alle kante volkome oop was en hy het daarom aan beide vriende gesê:

3. “Luister, liewe broers en vriende, ek ontwaak nou uit `n verhewe droom en sien nou met heeltemal oop oë nog dieselfde as wat ek voorheen slegs gemeen het om in `n verhewe droom te sien!

4. Julle sê egter dat ek nou die tempel saam met julle moet binnegaan, maar ek sê daarenteen vir julle dat ek nie meer daartoe in staat is nie; want die plek waar die tempel opgerig is, het nou te heilig geword, sodat ek dit, as `n veels te onheilige mens, nooit met my voete sal wil ontheilig nie.

5. Julle raad en wens mag dan op sigself buitengewoon goed wees, want julle sal in julle diepe Wysheid goed insien wat die beste sal wees, maar ek het nou ook deur die eindelose groot erbarming van die Heer `n vroom en deemoedige hart gekry en dié hart het nou aan my gesê: “Jy is nog lank nie waardig om die plek te betree waar die heerlikheid van die Heer so waarneembaar is, wie `n enigste, almagtige God is, ewig heilig, heilig, heilig!” En daarom moet ek dan ook die goeie raad van my hart opvolg!

6. Julle is egter wel waardig om God se heiligdom binne te gaan en julle kan altyd handel volgens die geheime opdrag in julle, want God die Heer het julle op die hoogte beroep en nog nooit het `n sonde jou hart teenoor God ontheilig nie, omdat julle altyd met `n volkome opregte gemoed voor die oë van die Heer gewandel het; maar dit is nie die geval met my nie!

7. Ek was nog altyd `n allergrootste, verwerplike sondaar ten aansien van God en is daarom nog lank nie suiwer genoeg om met `n enigsins goeie gewete so `n heilige plek te betree nie.

8. Probeer my daarom nie, veral hierdie keer, te oorreed nie, sodat ek ten slotte, gedwing deur die groot mag van julle hemelse Wysheid, tog nog die allermagtigste deur God geheiligde tempel sou moet betree nie!”

9. Maar die wyse Man het Lameg by die hand geneem en aan hom gesê: “Luister, man vol deemoed in jou hart! Is die harte van jou broers en susters dan nie meer as hierdie tempel nie?! En tog het jy juis saam met ons tussen baie van hulle deurgeloop! Hoe kan jy dan nou so bevrees wees om hierdie tempel binne te gaan, waaroor God slegs Sy asem laat gaan het, terwyl Hy tog met Sy ewige heilige liefde, barmhartigheid en erbarming die harte van jou broers en susters tot lewe gebring het?!

10. En wat tel meer: Die asemteug uit die wil van die Heer, of Sy wesenlik lewende woord, wat uit Sy hart stroom in die harte van jou broers en susters?!

11. Sien, die wêrelde, sonne en alle dinge kom voort uit die asem van die wil van die Heer; maar dit is nie so met die gees in die hart van die mens nie! Want dit is `n wesenlike deel van die ewige waaragtige gees van God, wonend in God se hart en daaruit voortkomend.

12. Oordeel nou self of dit verstandig is om weliswaar uit groot regverdige deemoed die verreweg geringe na te laat, terwyl mens eers nie die minste beswaard was om die verreweg grotere te doen nie!

13. Bowendien is jy nie bang om My jou hand te reik netsoos Ek jou Myne gereik het nie, en Ek is, jy kan My glo, meer as die tempel tesame met die wit wolk en die magtig stralende hart bokant die tempel en die wit wolk wat die tempel nog steeds dig omhul!14. En wanneer dit alles onmiskenbaar so is, kan jy tog nou met die beste gewete van die wêreld die tempel saam met ons ingaan en daar hoor wat aan jou beloof is!”

15. Hierop vermaan Lameg hom en gaan met beide baie welgemoed die tempel in en het geen huiwering meer nie; maar die wyse Man het vir hom nog onbekend gebly.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205