`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die simboliese betekenis van die verskynsels by die inwyding van die tempel. God se welgevalle betreffende die armoede. Lameg se groot vermoede

(12 Junie 1843)

55 Na hierdie woorde van die wyse Man het al drie die tempel binnegegaan en wel presies na die middel, waar `n offeraltaar opgerig was.

2. Toe hulle by die altaar aangekom het, het die wyse Man aan Lameg gesê: “Wel, beste, goeie vriend en broer, slaan nou ag op dit alles wat die Heer vir jou sal sê! Sien, Hy praat al; spits daarom jou ore goed!”

3. Hierop het Lameg geluister; maar behalwe die woorde van die wyse Man het hy niks verneem nie. Daarom het hy ook na `n klein rukkie aan die wyse Man gesê:

4. “Luister, goeie, baie wyse broer! Hoe ek my ore ookal inspan, ek verneem tog niks anders as net jou, wel baie wyse, woorde nie!

5. Sê my daarom, moet ek die woord van die Heer uit jou mond verwag of uit die mond van die wyse Henog, of sal ek werklik waardig bevind word om die stem van God in dié heiligdom te hoor?!”

6. En die wyse Man het aan Lameg gesê: “Maar Ek sê jou: Die tempel is in ligte wolke gehul, omdat jy nie besef wie die Een is wie met jou praat nie!

7. Sien jy nie `n stralende hart in die hoogte wat vry was van elke wolk nie? Sien, daardie hart stel nie die hart van jou God voor nie, maar jou eie hart! 

8. Waarom dan so? Omdat jy God nog steeds in die hoogte soek en daardeur jou liefde en die ken van God bo jou eie tempel plaas, wat daardeur met wolke omgewe word, sodat jy in hierdie bewolktheid maar nie in staat is om te besef Wie daar met jou praat nie!

9. Maar jy het tog nie bo die tempel nie, maar slegs in die tempel `n offeraltaar opgerig; sê My dus hoe dit by jou moontlik is, dat jy God bo die tempel soek, weliswaar met `n uitermate van liefde gloeiende hart waarvan die gloed die vuur van die son oortref, en tog vir Hom in die tempel `n altaar opgerig het!”

10. Hierdie vraag verbaas Lameg geweldig en hy het aan die wyse Man gevra:

11. “Luister, meer as wyse broer en allerheerlikste vriend! Hierdie woorde klink by God, die Heer van hemel en aarde, vir `n nog so wyse mens tog wel `n bietjie te wys.

12. Ek vra jou derhalwe vol erns: Wie is jy en waarvandaan het jy gekom, dat jy kan praat asof jy God se tong in jou mond het en dat elke woord van jou in my hart dring soos `n magtige gloeiende ligstraal?!

13. Voorwaar, jy is nie uit `n vrou gebore nie, maar moet regstreeks uit God se hand voortgekom het as `n beliggaamde gees, of jy is `n allerhoogste ligengel van God, in wie se hart `n eindelose oorvloed van goddelike Wysheid rus!

14. Sê my hoe ek na jou moet kyk, sodat ek jou sal herken! “

15. En die wyse Man het die verbaasde Lameg geantwoord: “Ek sê jou, haal jou God soekende en beminnende hart uit die hoogte weg en plaas dit op die nederige altaar, dan sal jy dadelik met groot helderheid sien wat jy alles graag wil sien!

16. Dink jy dalk dat God `n welgevalle het aan die hoogte? Ek sê vir jou: Nie in die minste nie; maar slegs tot die nederige, wat klein is, wend Hy Sy hart!

17. God wil geen hoë God, geen groot God, geen ryk God wees ten aansien van Sy kinders nie, maar `n God in alle nederigheid, geringheid en armoede wil Hy wees ten opsigte van Sy kinders. Hy het immers alles aan Sy kinders gegee; wat Hy het sal hulle ook hê.

18. As dit tog `n ewige waarheid is, hoe kan jy dan nog vir God bokant die sterre soek, God, Wie selfs `n welbehae daarin skep om vir Homself `n woonplek in die klein hart van die mens op te rig?!

19. Gaan net by jouself na, hoe het die Heer onlangs na jou toe gekom? Sien, as `n bedelaar! En jy het Hom toe aan Sy Wysheid herken!

20. Hoe kan dit dan wees dat `n blindmakende wolk jou sig nou al so lank belemmer het?

21. Sien, armoede is die ware Wysheid! Wie dus gelyk aan God wil word, sodat hy Hom kan aanskou, die moet self arm wees; en eers in sy grootste armoede sal hy besef dat God slegs, as Self arm synde, aan die armoede Sy grootste welbehae het, omdat slegs in die armoede van die lewe die grootste vryheid heers.

22. Neem jy dus ook jou hart van die hoogte terug en dan sal jy spoedig erken wat jy nou nog nie kan sien nie, naamlik die deur God tot jou uitgespreekte lof oor jou selfvernedering!”

23. Hier gaan daar `n groot Lig op by Lameg, hy begin iets groots te vermoed.

24. Reeds wou hy voor die wyse Man neergeval het; maar hy het dit verhinder en aan hom gesê: “Bring eers jou hart in orde en handel dan volgens die suiwer, onthulde sig! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205