`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg besef sy dwaasheid, en herken die Heer in die wyse Spreker. Die woorde van die Heer oor die wese van God se gees in die mens

(14 Junie 1843)

57 Nou eers begryp Lameg die woorde van die Wyse volledig, slaan homself op sy bors en het aan homself gesê:

2. “O God, hoe ontsettend dom is die mens tog van nature, en wat se groot geduld is daar nie nodig vanaf die kant van die allerhoogste goddelike Wysheid, totdat daar van `n mens, soos wat ek een is, iets teregkom en hy maar `n bietjie die goddelike orde, wat die mees verhewe en heiligste is, begin te begryp.

3. Maar wat kan die geskape mens vanuit homself doen? Niks beter as om te lewe volgens die erkende goddelike orde! Wie volgens dié orde leef, soos wat hy dit erken, faal beslis nie!

4. U, o God, weet egter die beste hoeveel `n mens in staat is om te dra; daarom laat U hom eers so geleidelik aan `n steeds dieper insig kry in U eindelose Wysheid, sodat hy in sy handel meer gelyk aan U sal word!

5. Daarom wil ek U dan ook my lewe lank liefhê, loof en prys!”

6. Terwyl Lameg met dié gesprek en hierdie beskouing meer in homself besig was as om dit met die mond te uiter, sien, daar verdwyn die wolke rondom die tempel opeens, sodat dit daar toe baie suiwer en vry bystaan, en die stralende hart het meteens op die altaar neergedaal.

7. En die hele volk wat daar aanwesig was, het uit groot eerbied tot op die aarde neergeval en gepraat: “O groot, heilig almagtige God, wees ons sondaars genadig en barmhartig!”

8. En Lameg, heeltemal aangedaan deur hierdie nuwe, buitengewone verskyning – hoewel dit voorwaardelik in `n sekere sin deur die wyse Man voorbestem was, het nou ook, wat hy al vroeër na hierdie woorde wou gedoen het, voor die wyse Man neergeval en aan Hom gesê:

9. “Volgens U leer is God se gees in my, dit alles het ek nou ook werklik gewaar geword; maar in U is hy beslis onvergelykbaar sterker en magtiger as in my! Daarom val ek dan ook voor U neer en loof en prys die goddelike Liefde en Wysheid in U, soos wat ek Haar ook loof en prys in myself, vir sover ek dit in myself herken, tot welsyn van my en my volk!

10. Eer, lof en al my liefde sy daarom aan God, ons Heer, Skepper en meer as heilige Vader, omdat Hy Hom so laag verwerdig het om sulke groot tekens voor ons oë te doen, sodat ons Hom maar kan herken en dan, ter verkryging van die ewige lewe, volgens Sy heilige aan ons almal vry geopenbaarde goddelike orde sal lewe!”

11. Hierop het die wyse Man Hom vooroor gebuig en Lameg orent gehelp, waarna Hy aan hom gesê het: “Lameg, Ek sê vir jou: Rig jou op in jou gemoed en besef wie die Een is wat nou aan jou gesê het: “Rig jou op in jou gemoed!”

12. Want mense moet nooit voor mense kniel of op die grond lê nie, die engele moet nie voor mekaar buig nie, en die gode weet dat hulle één is met die Een!

13. Of kyk oordag in die oë van jou broers, en jy sal in die oë van elke mens een en dieselfde son sien! En omdat elke mens sekerlik een son sien, is daar tog nie meer sonne vir baie mense en ander wesens nie, maar die lig van slegs één son straal en werk in die oog van elke mens, dus een geestelike uitvloeiing van die een groot draagster van die Lig!

14. So werk daar ook maar één gees van God in die hart van elke mens; daarom is ook die in die mens werkende gees van God nie een of ander tweede God nie, maar slegs één gees wie met die oneindige gees van God net so één is as wat al die sonne wat uit die oë van die mense straal, volkome één is met die hoofson waarvan hulle uitgaan.

15. Maar Ek is die Heer; dit besef jy nou en daarom het jy ook voor My op die grond geval.

16. Maar Ek sê vir jou: Wanneer die son vir homself sou gloei, dan sou sy haarself ook vernietig; maar sy dryf haar gloed en haar lig na buite na haar koue planete en verwarm en verlig dit, en daarom is dit heerlik om te woon op hulle groot bodem.

17. So dra ook Ek al My goddelike waardigheid oor op My kinders, sodat hulle eendag buitengewoon salig by My sal woon!

18. En daarom wil ek gladnie dat die kinders voor My neerval nie, maar My as die goeie Vader alleen liefhê met al hulle lewenskrag.

19. Tog sal Ek die deemoedige nie verafsku nie, maar altyd by hom wees en hom oprig wanneer hy ook maar voor My sal neerval; daarom loof Ek jou nou ook, omdat jy deemoedig is.

20. Bly nou in hierdie deemoed en liefde, dan sal dit nooit meer nodig wees om jou hart van die dak na benede te bring nie! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205