`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mira sterf van liefde en word weer tot lewe gewek deur die Heer. Die vuurstorm van liefde en die skielike verdwyning van die Heer. Die terugkeer van die Heer en die voorbereiding van die maaltyd.

(1 April 1843)

6 Hierdie woorde het Mira byna haar lewe gekos, as sy haar nie in die teenwoordigheid van die Heer van die lewe bevind het nie. Want haar lank verborge liefde het nou volledig tot uitbarsting gekom en sy was nog te weinig voorbereid op dié uitbreek; daarom het ons Mira dan ook as`t ware ontsiel ineengestort op die vloer van die hut.

2. Maar die Heer het haar met een vinger aangeraak en `n nuwe lewe het begin te stroom deur die hele wese van die voorheen nagenoeg ontsielde Mira.

3. En dit was goed en volgens My orde, want so moet elkeen eers volledig die wêreld afsterwe, voordat hy die volheid van die lewende krag en mag van My liefde in hom kan opneem en vervolgens kan verdra!

4. En toe Mira weer opstaan, wedergebore uit My liefde in haar, huil sy van oorgrote liefde vir My en was nie in staat om met haar mond te praat nie, omdat haar hele wese één woord geword het, welke woord egter op sigself meer sê as alle boeke in die wêreld; want dié eindeloos belangrike woord heet “Liefde”, dit wil sê die suiwer, ware, lewende liefde tot God.

5. En juis in dié woord van alle woorde het die hele wese van Mira oorgegaan; daarom huil sy ook vanuit die volheid van dié woord, en haar heerliker as diamante skitterende trane waarmee sy My voete bevogtig het, het meer inhoud gehad as die grootste biblioteek van die wêreld.

6. Waarlik, sê Ek, so is ook die traan van een berouvolle, My met alle liefde omvattende sondaar `n groter goedheid vir hom, as wanneer hy duisend wêrelde as geskenk gekry het om ewig van te geniet!

7. Maar Mira was nooit `n sondares nie. Daarom was ook haar liefde soos die gloed van een sentrale son, en haar trane was soos sonne wat hulle planete verlig het.

8. Dus in so `n liefde het Mira opgestaan en kyk My, haar heilige, mees liefdevolle Vader, met sulke oë aan, welke op hulle beurt buiten My niemand sou verdra het nie; want selfs My hart word deur hierdie aanblik gedwing om haar `n bietjie terug te trek en dit omrede die mees wyse liefde.

9. Want sou Ekself My hart volledig vrye speelruimte gegee het, dan sou dit vir Mira met die almagtigste teenvlam aangegryp het en haar so in die magtigste liefde verteer het.

10. Om dié rede verberg Ek My dan ook vir `n kort tydjie en het My intussen na Henog begewe, was daar ook net vir hom sigbaar en sê vir hom in hy aan die vrouens moes sê, sodat hulle My sou herken, maar sonder om te veel te ontvlam.

11. Ook terwille van die vaders onttrek Ek My `n bietjie aan hulle blikke, want ook in hulle het die nog enigsins onryp liefde te hewig ontvlam, in welke vlam hulle My sigbaarheid nie goed sou verdra het nie.

12. Maar toe hulle, wie My so vurig liefhet, My skielik in hulle midde mis, gaan die vlammende liefdestorm in hulle lê en hulle kyk mekaar verwonderd aan, en die een het aan die ander gevra: “Wat is dit nou? Waarnatoe is Hy? Waarom verdwyn Hy tog so onvoorbereid? Hy wou ons nog iets oor die son vertel, en nou, terwyl ons harte gloei, het Hy ons verlaat! Nou, dit is tog merkwaardig! Noudat mens Hom so heeltemal wil aanneem, sien, is Hy weg!”

13. En Mira het gesê: “My oog sien Hom ook nie meer nie; maar my hart is van Hom vervul, en dit is immers nog oneindig veel meer as wat ek, `n arme sondares ten aansien van Hom, ook maar in die minste waardig is!

14. As ek Hom maar kan en mag liefhê, dan is dit genoeg vir my; want ek weet immers dat Sy sigbare verskyning slegs `n noodsaaklik seldsame barmhartigheid van Hom is.

15. Want as Hy, netsoos `n mens, voortdurend sigbaar in ons midde sou wees, dan sou ons onsself immers van suiwer groeiende liefde tot Hom ten slotte heeltemal geen raad meer geweet het nie, of ons sou uiteindelik so aan Hom gewoond geraak het, dat Hy vir ons dan net soos `n ander mens sou voorkom!

16. Daarom weet Hy wat goed en reg is, en kom en gaan Hy presies op die korrekte tyd!”

17. Hier tree die Heer weer sigbaar die hut binne en sê aan Mira: “Juis, jy het dit heeltemal reg geraai: Hy gaan en kom altyd, wanneer dit goed is! Daarom is Hy ook weer hier, soos julle kan sien!”

18. Sy het Hom weer met `n kreet van die luidrugtigste vreugde ontvang en almal het aan Sy voete geval.

19. Maar Hy (die Heer) hef hulle dadelik weer op en gaan weer met hulle aan die tafel sit en sê aan Purista: “Gaan kyk net hoe dit met die potte bokant die vuur staan en sprei die vuur bietjie meer uit, anders werk dit te heftig op die een plek en te swak op `n ander! Want as die vaders in die hut inkom, moet die maaltyd gereed wees; daarom maar `n bietjie spoed, My liewe dogter!”

20. Purista het dadelik na die vuurmaakplek gegaan en gemaak wat die Heer gesê het. En omdat die vrugte al baie sag was, vertel sy dit aan die Heer.

21. En die Heer het aan haar gesê: “Goed so, skep dit op, en Mira moet aan die vaders sê dat die maal berei is en hulle daarom kan binnekom! Dit geskied! Amen”.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205