`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Koning Lameg met Lameg word liefdevol deur die Heer ontvang in die tempel. Die verklaring van dit alles wat koning Lameg in sy slaap beleef het. Die huis en rangorde van die hemelse Vader 

(20 Junie 1843)

61 Na hierdie woorde van Lameg het Lameg sy naamgenoot na die tempel gevolg.

2. Toe beide hulle daar aangekom het, het die Heer saam met Henog hulle beide tegemoet gekom en het hulle met oop arms ontvang.

3. Hierdie groot voorkomendheid van die kant van die allerhoogste Heer verwonder Lameg buitengewoon, veral juis in hierdie, altans in sy eie oë, enigsins kritiese situasie, waarin hy om so te sê `n gedugte teregwysing van die Heer vir sy vleeslike slaap sou verwag het.

4. Maar die Heer het aan Lameg gesê, wat hom nog ietwat bevrees verwonder het: “Waarom verbaas jy jou nou tog so oor My goedheid, liefde en groot barmhartigheid? Was jy dan as sondaar ooit vernamer as nou? Destyds het Ek tog ook na jou toe gekom?

5. As Ek jou toe graag as My groot vyand tegemoet wou gekom het om jou, ten diepste geval, te verhef, waarom sou dit dan nou so sonderling wees as Ek jou tot by die drumpel van die tempel tegemoet kom, noudat jy nie gesondig het nie?!

6. Want wat jy nou oorgekom het, was immers suiwer `n toelating van My kant, om jou te laat sien welke vrugte jy óf in ieder geval jou nakomelinge, mettertyd wel sal kan verwag, as gevolg van `n al te magtige liefde vir vrouens.

7. Wat Ek so aan jou getoon het, is wel `n goeie boodskap vir jou en jou nakomelinge, maar sekerlik ewig nooit `n sonde nie.

8. As jy dit op die korrekte wyse ter harte neem, dan sal jy lewe in die gees van die ware liefde en alle wysheid daaruit.

9. Maar kom nou binne met jou begeleier, wie Ek ten seerste liefhet, dan kan ons rustig en genoeglik met mekaar oorleg pleeg en praat by die helder lig van die vlammende en stralende hart op die altaar!”

10. En beide het die tempel met blydskap binnegetree en die Heer in hulle hart bomatig geloof.

11. Die Heer het hulle na die altaar gelei en toe aan hulle gesê: “`n Mens kan wel eens in `n toestand beland waarby hy redelikerwyse uit die nood `n deug kan maak, en soms selfs moet maak. Dieselfde kan ons ook nou doen!

12. Sien, die ronde trappe om die altaar is weliswaar nie bedoel om daarop te sit nie, maar aangesien hier glad geen ander rus- of sitbanke gemaak is nie, gaan ons almal op hierdie ronde trappe sit en wel met ons gesigte na die môre gekeer, waarmee ons dan van hierdie trappe, wat slegs as sieraad dien, `n nuttige rus en sitbank gemaak het.

13. En wie kan ons dit verwyt?! Want ons is dit immers self vir wie die tempel saam met die altaar en die trappe gebou is. Dit staan ons daarom tog ook vry om die tempel te benut waarvoor ons dit bedoel het! Wat dink jy, Lameg, het Ek gelyk of nie?”

14. En Lameg antwoord: “O Heer, liewe, goeie Vader! Slegs U wil is immers heilig en gee my die allergrootste vreugde; laat daarom altyd gebeur wat U die meeste behaag!

15. Wil U, Heer en Vader, in al U mildheid en sagmoedigheid nou ook nog die korrekte volgorde bepaal waarin ons om U of by U sal gaan sit, sodat U wil ook op die punt vervul mag word!”

16. En die Heer sê aan Lameg: “Jy is nog baie sterk howeling en van al die seremonies weet jy geen raad nie!

17. Maar Ek sê vir jou: Kyk net baie opmerksaam na die kinders van `n vader, wat sy kindertjies magtig liefhet! Wat doen hulle wanneer hulle vader tuiskom?

18. Sien, almal loop so wat hulle kan hulle liewe, goeie vader tegemoet, en die voorste en flinkste val as eerste in alle liefde oor sy vader heen en dan die ander soos hulle voete dit vir hulle toestaan.

19. Die jongste kind bly natuurlik wel agter, maar die goeie vader sien hom met kloppende hart tegemoet trippel, en as hy naby kom, gaan hy hom met `n warm hart tegemoet, neem hom op sy arm, druk hom aan sy bors en kus en liefkoos hom na hartelus.

20. Sien, My Lameg, presies so is dit ook met My goddelike en hemelse huisorde en hofreëls gestel! Wie eerste kom, die maal eerste; en die laaste en swakste sal Ek op My arm neem en hom buitengewoon koester en liefkoos, omdat hy in sy swakheid, ook die Vader herken het en toe op swak voete vir My, die liewe, goeie Vader, tegemoet gehardloop het!

21. En so moet julle dit ook doen en nie vra na die rangorde nie, dan sal Ek as die ware Vader aan julle, My kinders, waaragtige vreugde beleef!

22. Sien, Ek het al gaan sit; kom sit julle nou ook by My!”

23. Hierop verdring al drie hulle uit magtige liefde rondom die Vader, en die Vader het gesê: “So is dit goed; dit is die ware orde van die hemele! Bly voortaan ewig en altyd daarin! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205