`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die polêre innerlike bouorde van die aarde en van alle organiese liggame as gelykenis vir die deur die Heer gekose volgorde van sitplekke

(21 Junie 1843)

62 Daarop het almal naas die Heer plaasgeneem, en wel Henog en Lameg aan die regterkant en Lameg aan die linkerkant; en die Heer het gepraat:

2. “Sien nou, My uitverkore kinders, so sit ons heeltemal goed, en nog bowendien in die mooiste ordening!

3. Dit sien julle aldrie nou nog nie so goed in nie; maar ons het nou immers rustig die tyd om oor allerlei dinge met mekaar te praat! So sal ons, totdat die son heeltemal opgegaan het, nog baie kan bespreek, en dus ook hierdie goeie orde waarin ons nou sit.

4. En Ek sien al dat My Lameg aan die linkerkant nog nie heeltemal bevry is van die gebruik aan die hof nie en daarom dadelik sou wil verneem waarom die volgorde waarin ons sit, goed gekies is. Wat is dan die rede daarvoor, of wat sal dit wees? Ons kan die volgorde immers dadelik voor oë bring; luister maar na My!

5. Sien, die aarde wat julle bewoon, is `n ronde liggaam! Die oppervlakte daarvan is ongevoelig, maar die inwendige is opgebou uit lewensvatbare organe en sy leef dan ook net soos `n dier. (Sien “Aarde en Maan” van Jakob Lorber)

6. Om te kan lewe is egter veral `n middelpunt nodig, of beter gesê; `n aantrekkingspunt, dus `n swaartepunt, wat as gevolg van sy aantrekkingskrag, alles na hom toe trek. En deur dié saamdring na daardie punt, word dit noodsaaklikerwys geprikkel, verhit en ontsteek. So het ook hierdie aarde, soos nog tallose ander aardes in My eindelose skeppingsruimte, asook die sonne en mane, so `n middelpunt, wat heeltemal gelyk is aan die hart van die diere, en ook van die mense in hulle natuurlike sfeer.

7. Maar die sogenoemde middelpunt mag hom nóg by diere, nóg by mense en hemelliggame presies in die middel van hulle totale organiese massa bevind, maar dit moet altyd ongeveer op driekwart daarvan sy plek hê, sodat dit nie volledig verdruk word en hy nie meer kan roer daardeur nie.

8. Maar as dit hom altyd en oral buite die eintlike massaswaartepunt bevind, of buite die eintlike middel, kan die hele swaarte nie van alle kante daarop druk nie, sodat hy dan vrye speelruimte het en hom ongehinderd kan beweeg. Want word dit te veel van die kant van die groot massa beknel, dan kan dit na die kleinste en dus ook minder swaar kant van die massa uitwyk.

9. Wanneer die hoofmassa egter, as gevolg van die traagheid wat noodsaaklik eie aan haar is, en van haar eie natuurlike swaarte haar tog nie so ver bokant haar massaswaartepunt kan verhef nie, maar baie spoedig weer van haar strewe moet afsien om haar dan, aangesien sy nie anders kan nie, weer na haar massaswaartepunt begewe, dan kan die eintlike stimulerende swaartepunt weer vry terugkeer en prikkel dan deur haar eie aantrekkingskrag weer die trae massaswaartepunt, wat dan weer na die eintlike aantrekkingspunt opdring. En sodra dit weer onder te groot druk te staan kom, begeef dit hom onmiddellik weer na die ligte of klein kant.

10. Deur daardie steeds heen en weer beweeg, wat weliswaar slegs baie meganies en eentonig is, word die sogenaamde natuurlik dierlike organiese lewe dan tot stand gebring.

11. En as die bewegende krag in `n organisme so bewerkstellig is, dan deel dit hom vanself aan die hele massa mee, prikkel dit min of meer, en `n gehele organisme word dan daardeur tot lewe gebring en kan, na gelang die aard van daardie lewe, gebruik word. 

12. Van My kant verg dit natuurlik alles, en vooraf moes Ek die hele massa-organisme punt vir punt opbou en dit so, soos beskryf, eers geleidelik aan inrig.

13. As dit eenmaal op die wyse doelmatig ingerig is, dan leef die organisme voort, solank as wat Ek dit die benodigde voeding wil gee; onttrek Ek dit egter, dan word dit baie gou swak en traag, sak dan inmekaar, verdruk en verteer homself dan weer punt vir punt, soos dit voorheen opgebou was, om ten slotte heeltemal uiteen te val en soos `n volledig opgeloste wilsubstansie, geestelik in My terug te keer.

14. Sien, dit is `n basis van My organiese bouplan! Dit sal eers in die lig van julle eie gees geleidelik aan duideliker word, en daarvan hoef julle nou nie meer te begryp nie, as maar net dat die volgorde waarin ons nou sit, presies ooreenkom met die bouorde van My skepping. Hoe egter, dit sal dadelik blyk!

15. Sien, Ek is immers die belangrikste lewe en aantrekkingspunt van die hele oneindigheid; julle is egter My organe, ter opname van die lewe uit My! - Maar sê My, My Lameg, sit Ek nou presies in die middel tussen julle?”

16. Hier verbaas Lameg hom en het gesê: “Nee, o Heer en Vader! Want by vier persone is dit immers onmoontlik; maar sien, die middel sou tussen U en Henog lê!”

17. En die Heer het daarop gesê: “Sien, daarom is dit `n korrekte en goeie ordening, omdat Ek, as grond van al die lewe en beweeg, My in die driekwart deel te midde van julle bevind en jy so die kleiner en ligter noordpool en Henog en Lameg die swaar en veel groter Suidpool voorstel!

18. En so wil ons onsself dan ook wedersyds aantrek en opwek deur allerlei groot beskouings in die eindelose sfeer van die lewe!

19. Wie iets baie besonders weet, laat hy dit te kenne gee, dan kan ons wel eens met mekaar word daaroor! Dit is My geringste sorg, en daarom kan jy, Lameg, dadelik `n begin maak! Amen.” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205