`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die gelykenis van die doudruppel. Die verloop van die ontwikkeling van die siel

(26 Junie 1843)

65 Op die vraag of hy dit begryp het, antwoord Lameg: “O Heer, hoe sou ek dit nie kan begryp noudat U, as die Lig van alle Lig, die Son van alle sonne my deurskyn soos die môreson `n bewende doudruppel, wat hom aan die punt van `n grashalm deur `n opwekkende oggendbriesie laat wieg?!

2. Die druppeltjie is net soos ek, `n onbeduidende vlugtige ding in U eindelose groot reeks van skeppings; maar as dit daar is, neem die son dit tog net so goed in hom op as my oog `n straal, klein soos dit is, om hom heen soos `n klein son en verkwik met sy lig sy klein omgewing, sy klein wêreld, soos `n wyse mens sy nog minder wyse broers.

3. En so glo ek dan ook om hier net soos `n soortgelyke doudruppeltjie te wees. Ek is met U Lig deurskyn en het U in soverre begryp as wat dit vir my moontlik is, in my onaansienlikheid as skepsel ten opsigte van U, groot, almagtige Skepper, en in soverre my dit deur U almagtige heilige wil toegestaan is. En ek meen nou ook met dié Lig van U in my, dat ek my omgewing met hierdie barmhartigheid veelvuldig sal kan verkwik.

4. Maar as ek daarmee sou wil sê: “Heer, ek het U stralende woorde heeltemal begryp”, dan sou ek tog wel vir `n veel groter dwaas aangesien word, as wanneer ek ernstig sou beweer dat een doudruppel die hele werklike son in hom opgeneem het, omdat hy haar met sy lig kleurig glansend weerkaats.

5. U, o Heer, sal die beste weet hoeveel my nog ontbreek om U heilige woorde beter te kan begryp. Daarom vra ek U: Verlig my na my behoefte!”

6. En die Heer prys Lameg vir sy mooi antwoord en goeie woorde waaraan baie Wysheid ten grondslag gelê het, en rig na hierdie lofprysing die volgende woorde tot hom:

7. “Maar die druppeltjie, waarmee jy jouself vergelyk, is nie so onbeduidend en verganklik as wat dit lyk nie.

8. Sien, die doudruppeltjie leef, gee lewe aan sy klein wêreld en word juis daardeur as `n in homself vervolmakende lewe, deur `n reeds hoërstaande lewensgraad opgeneem, waarin dit dan `n steeds magtiger werkende siel word, welke dan nie meer sterf nie, maar steeds groeiend en stil voortskrydend deur die ry van die wesens beweeg tot sy haar doel bereik het om hoër strale op te neem uit die son, wat jou nou liefhebbend vol warmte bestraal!

9. Van Farak se wysheid het jy nog die volgende gehoor: Toe God die eerste mens uit die leem van die aarde gevorm het, het Hy hom `n lewende siel in sy neusgate ingeblaas, en het die mens `n lewende siel voor God, sy Skepper geword.

10. Sien, hierdie asemteug waai nog aldeur oor en deur die hele aarde, wat in haar geheel in die kleine in Adam uitgebeeld word, en sy altyd tallose lewende siele opwek vir toekomstige mense!

11. En sien, die doel van daardie doudruppeltjie is hierdie mense; eers in hulle word sy in staat gestel om hoër strale op te neem, presies soos dit nou by jou die geval is, uit die son van die ewige lewe, wat deur geen enkele ander reeks van wesens meer opgesuig word nie.

12. So is dan ook die hele aarde soos `n mens, en sy bestaan uit die siele wat al eens op `n tyd met My gees gebind was. Maar hulle het die proef nie deurstaan nie; daarom word hulle nou opnuut in die groot moederliggaam van die aarde ryp gemaak om vervolgens deur My asemteug gewek te word tot `n nuwe lewe.

13. Dit sal jy wel nouliks begryp; maar om te lewe is dit ook nie nodig nie.

14. Wil jy daaroor tot jou nut en voordeel meer verneem, dan het jy die reg om daarom te vra. Vra dus wat jy wil, en Ek sal in alle hoeke van jou lewe Lig bring! Maar as jy iets vra, gebruik dan nie baie woorde nie! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205