`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se verbasing oor die Wysheid van die Heer. Deemoediging van die menslike wysheid is `n barmhartigheid.

(27 Junie 1843)

66 Toe Lameg hierdie woorde uit die mond van die Heer verneem het, slaan hy hom op sy bors en het toe gesê:

2. “O Heer, nou het Lameg se verstand stom geword en weet niks meer om te sê en te vra nie, want U het nou so `n geheimsinnige en diep verborge saak aangeroer waarin my slakke-oog nooit in staat sal wees om te kyk nie.

3. En werklikwaar, ek huiwer nou vir U te eindeloos diepe Wysheid en het daardeur ook geen moed meer om iets te vra nie! Want sou U my `n nog dieper antwoord kan gee, dan sou ek ten opsigte van U en die hele volk ten gronde gaan! Daarom moet iemand anders nou in my plek iets vir U vra!

4. Dit is op sigself beskou wel hoogs aangenaam en groots om deur U, die Skepper Self, oor U groot wonderbaarlike skeppings onderrig te word; maar wanneer U, o Heer, die nog geheel blinde skepsel dadelik te veel in die fel strale van U oneindig magtige, sterkste Lig plaas, dan voel mens maar al te smartlik die eie gebrek aan Lig.

5. Om te weet dat mens ten aansien van U in elke opsig `n suiwer niks is nie, is te verdra; maar om dit in U almagtige helder Lig te voel en werklik te ervaar, is ondraaglik. Daarom durf ek U nou geen verdere vrae meer te stel nie, omdat ek nou my absolute nietigheid ten aansien van U, te veel insien.”

6. En die Heer het daarop aan Lameg gesê: “Luister, dit is nou juis die eintlike en vernaamste rede waarom ek jou nou diep verborge dinge bekendmaak, sodat jy egter daardeur, so van ganser harte verdeemoedig sal word en jou al jou wysheid en insig gevange sal neem en dit aan My voete sal lê!

7. Want solank jy ook maar met die kleinste vonkie van eie wysheid wil pronk, kan jy nie in My Wysheid binnegaan nie; en sou Ek jou dit as`t ware opdring, dan sou sy jou ten gronde rig en vernietig, soos ontbrande klipsout alles vernietig wat dit omsluit.8. Daarom moet jy eers deur jou verdeemoediging heeltemal geestelik gereinig voor My staan, voordat jy in staat sal wees om My Lig in jou te verdra.

9. Sien, hierdie tempel is immers vir die Wysheid vanuit My gebou; maar hy kon nie op hierdie ligte hoogte gebou word nie, alvorens dit van al die ongediertes gesuiwer was nie.

10. So kan My lewende tempel van My Wysheid ook nie in jou opgerig word nie, alvorens nie jy jou eie berg van wysheid in jouself volkome gereinig het nie.

11. Juig daarom wanneer My Lig jou begin te bedruk, want dan is jy naby daaraan, om al joune vir My te gee en in ruil daarvoor, Myne in jouself op te neem!

12. Sien, dit gaan hier met die gees byna net so soos met die tande, wat eintlik die simbool van die Wysheid is:

13. Die melktande, wat die kind met pyn verkry, moet weer ietwat met pyn verdwyn as die sterk permanente tande kom, want hulle was slegs die wegbereiders vir die permanente tande.

14. En net so moet ook al jou vroeëre wysheid uit jou verdwyn, voordat jy dan My ewige magtige Wysheid in jou kan opneem!

15. En so kan jy gerus in My Lig moedig vrae stel en jouself verdeemoedig, sodat jy daardeur bekwaam kan word om My suiwer Lig in jou op te neem! Ek sien nou dat jy My goed begryp het; skep dan ook weer moed om iets vir My te vra! Vra wat jy wil, en Ek sal jou antwoord! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205