`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die oorsprong en die wese van die kwaad

67 Na hierdie buitengewoon diep en werklik leersame woorde van die Heer het Lameg weer moed verkry en het aan die Heer gesê, wie hy nou bo alles liefgehad het:

2. “O Heer en allerheiligste Vader, as dit so is, dan wil ek U my lewe lank vrae stel en ek sal nie meer bang word as U die diepsinnigste antwoord sal gee om my te verdeemoedig nie!

3. En sodoende het ek, soos ek meen, nou ook alweer `n baie belangrike vraag gereed! As U, o Heer, dit wil verneem, dan sal ek dit graag dadelik stel!”

4. En die Heer het aan hom op sagte toon gesê: “Waarom wil jy dan altyd `n drievoudige toestemming hê voordat jy durf praat?

5. Ek sê vir jou, praat! Want in My antwoord het Ek jou immers gesê dat jy kan vra wat jy maar wil, en Ek sal dit vir jou verhelder! Waarom sou daar dan nog `n tweede en `n derde toestemming nodig wees? Praat dus soos jou hart en jou tong jou ingee!”

6. Hierdie woorde het Lameg se mond volledig geopen en hy het dadelik met die volgende vraag te voorskyn gekom en gesê:

7. “Heer, U wat sedert die ewigheid volkome en eindeloos goed in U is, en wel in U hele wese, en buite U was daar ewig in U hele oneindigheid niks anders as U alleen nie.

8. Maar U wou engele, hemele en wêrelde en mense skep en daarvoor het U niks stoflik nodig gehad nie, maar slegs U almagtige wil, verbind met U volmaak wyse, mees heilig verhewe idees en gedagtes, wat altyd net die grond is van U hele oneindige skepping en sal dit ewig wees.

9. Omdat ek my tog onmoontlik kan indink dat daar in U `n slegte idee, of selfs maar die een of ander skynbaar bose gedagte sou opgekom het, sou ek tog graag van U wil weet waar die kwaad van die Satan en dus ook die erge en slegte in ons mense dan eintlik vandaan gekom het. Waar het die sonde vandaan gekom, waar die toorn, die nyd, die wraak, die heerssug en die hoerery?”

10. En die Heer het Lameg daarop geantwoord: “My liewe Lameg, dit klink weliswaar soos `n buitengewoon wyse vraag, maar Ek sê vir jou: Dit is baie menslik!

11. Maar tog sal Ek jou `n antwoord gee en jou vraag oplos, hoewel jy heimlik van mening is om My daarmee `n vraag te gee wat ek miskien wel nie so maklik sal kan beantwoord nie, luister dus:

12. Vanuit My oogpunt bestaan daar in die geheel geen kwaad nie, maar is daar slegs verskille in die werking van My wil; en dit is in die hel, asook in die hemel, in die skep, asook in die vernietig, netso goed.

13. Maar vanuit die gesigspunt van die skepsele is slegs één ding as goed te beskou, dit wil sê: Slegs die bevestigende gedeelte is as goed te beskou, waaronder die skepsel naas en in My kan bestaan, en dit is die in stand houdende, oftewel die aldeur skeppende deel uit My, maar die oplossende of vernietigend heersende magtige deel is as kwaad te beskou met betrekking tot die skepsel, aangesien hy daarin nie gedink kan word as bestaanbaar naas en in My nie.

14. Dus in My is die Ja netso goed as die Nee; want in die Ja skep Ek, en in die Nee orden en lei Ek alles.

15. Maar vir die skepsel is slegs die Ja goed en die Nee sleg, en wel vir solank totdat hy in die Ja volledig één met My geword het; en dan kan hy ook in die Nee bestaan.

16. Derhalwe bestaan daar vir My geen Satan en geen hel nie, maar wel wat homself en die mense van hierdie aarde betref, omdat dit hier oor die vorming van My kinders gaan.

17. Daar is nog tallose ander wêrelde waarop mense nie die Satan ken nie, en derhalwe ook nie die ‘Nee’ nie, maar slegs die ‘Ja’ in sy omstandighede.

18. Sien, so is dit! Die aarde is `n kinderkamer en daarom is daar altyd baie gehuil en lawaai; maar Ek sien dit met ander oë as jy, `n mens van hierdie aarde.

19. Begryp jy dit? Sê hoeveel jy daarvan begryp! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205