`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die lewe van die skepsel as deel van God se lewe. Die mens as vaste gedagte van God . Die misterie van die menslike vryheid

(3 Julie 1843)

69 Nadat hy op hierdie manier deur die Heer bemoedigend toegespreek was, het Lameg weer vry gevoel en daarop gesê:

2. “Ja, so is dit en dit sal ewig waar bly: Die skepsel kan nooit `n ongeskape god word nie, God egter net so min ooit `n geskape wese!

3. God leef weliswaar ewig vry vanuit Homself en die skepsel leef slegs deur toedoen van God en vanuit God; maar as die skepsel eenmaal daar is en leef, dan leef hy wel ook op sy manier `n goddelike lewe, omdat daar immers in ewigheid nêrens `n ander lewe is nie, as slegs `n lewe vanuit God.

4. En as dit `n lewe vanuit God se ewige lewe is, dan kan dit tog onmoontlik self iets anders as ook ewig wees nie!

5. My lewe kan dus maar net `n deeltjie van die ewige oneindige lewe van God Self wees, anders sou dit geen lewe wees nie; maar aangesien dit so `n deeltjie is, is dit as sodanig ook gelyk aan dieselfde waarvan dit `n deel uitmaak, dus ewig, voor en agterwaarts in die tyd bekyk. Want ek kan my nie voorstel dat daar in die volheid van U lewe ouer en jonger lewensdele bestaan nie.

6. My gevolgtrekking is nou dit: Ek was, o Heer, ewig `n lewe in U, maar gebonde in die eindelose volheid van U lewe; in `n bepaalde tyd het dit U behaag om my `n lewensdeeltjie vry buite U te plaas, en so is ek nou vir ewig `n vrygemaakte lewensdeeltjie vanuit U, soos ek daarvoor sedert die ewigheid in U as `n op sigself onvry, maar met U eindelose lewe, volledig verenig `n vry lewe was!

7. Heer en Vader, het ek korrek geoordeel, of het ek my êrens vergis?”

8. En die Heer het gepraat: “Nee, Lameg, hierdie keer het jou opvatting volkome goed en waar en reg uitgeval; van My kan jy nou volledig daarvan verseker wees!

9. Dit is soos jy dit nou uitgedruk het en so bestaan Ek en jy reeds sedert die ewigheid, net met dié verskil dat Ek die ewige Alheid, jy egter slegs in en uit My `n deel van dié oneindige Alheid is.

10. Want dit is tog sondermeer korrek dat die gedagtes van elke mens so oud moet wees as wat hy self is; maar dit kom op die mens neer wanneer hy dit bedink, of in `n sekere sin vrymaak in sy gemoed.

11. Wanneer dit egter gebeur, dan het die mens hom in `n sekere sin geskape en gevorm in homself, en selde ook in werking gesit vanuit en buite homself, en die gedagtes bestaan dan as vrye wesens, ofskoon hulle nog steeds aan die skepper gebonde is, dit wil sê aan die mens wat hulle gedink het.

12. Sien, dit is immers ook die geval met ons! Ek is die Mens van alle mense, en julle mense is almal My gedagtes, dus My lewe, omdat die gedagtes, die vrye gedagtes, die eintlike lewe in My is, soos hulle dit ook in julle is, omdat julle almal geheel en al na My beeld geskape is!

13. As My ewige gedagtes kan julle immers onmoontlik jonger wees as Ekself; en dus het jy, Lameg, soos gesê, hierdie keer volkome korrek geoordeel!

14. Dit is dus korrek; maar tog het ons hier nog met `n groot misterie te make, en dit kom magtig tot uitdrukking in die vraag: Hoe en op welke manier kan die Skepper Sy gedagtes as Sy ewige lewensdeeltjies buite Homself plaas as volmaakte, vrye, homself bewuste, lewende wesens, en wel so, dat hulle is soos jy nou teenoor My is en met My kan praat, al was jy `n tweede ewige God naas My?

15. Lameg, sien, tot nou toe het jy vrae aan My gestel; maar nou stel Ek vir jou `n vraag! Soek in jouself `n antwoord op My vraag, want dit moet hom immers in jou bevind, soos wat jy tog sekerlik die geskapene in jou gelê het! Dink na, en antwoord My dan! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205