`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg is in verleentheid weens die vraag wat vir hom onoplosbaar lyk en hy beken sy dwaasheid. Deemoed as ware Wysheid

(4 Julie 1843)

70 Deur die vraag word Lameg volkome verras en hy het nie geweet wat hy moes doen nie. Moes hy op hierdie vraag, wat slegs die Skepper kon beantwoord, werklik self `n antwoord soek, of moes hy hierdie uiters moeilike vraag as `n goeie deemoediging aansien, wat die Heer hom laat toekom het, omdat hy hom, ten opsigte van Hom in sy vroeëre uiteensetting, ietwat te hoogmoedig uitgelaat het?

2. `n Geruime tyd het Lameg tussen hierdie twee gedagtes heen en weer gehunker en bly daarom geheel sprakeloos en kon dus ook nie die verlangde antwoord gee nie.

3. Maar die Heer merk baie goed waarom Lameg geswyg het en het daarom aan hom gesê: “Luister, My liewe seun Lameg! Hoe lank sal jy My eintlik op `n antwoord laat wag?

4. Jy het netnou tog egter baie wys gepraat, en wel sodanig dat jou woorde selfs die mees diepsinnige gerub nie tot oneer sou gestrek het nie; en tog het Ek dit nie vooraf van jou verlang nie, maar het Ek jou slegs die onbeperkte reg gegee om vrae te stel.

5. Noudat Ek jou egter deur My vraag `n goeie geleentheid gegee het om jou diepe wysheid volledig die vrye loop te laat neem, swyg jy soos `n muis wat `n kat in haar omgewing gewaar en wil jy nie sê wat jou tot groot eer sou kon strek nie!

6. Wat is daar dan? Het jou skerpsinnigheid jou opeens in die steek gelaat, of durf jy nie met jou gevinde antwoord na buite kom, omdat jy nog nie heeltemal seker is van die korrektheid daarvan nie?

7. Praat tog, sodat ons van jou kan hoor hoe jy dink!”

8. En Lameg het al sy moed bymekaar geraap na die aandrang van die Heer en het met `n baie verleë stem gepraat:

9. “O Heer, nou is dit vir my sonhelder dat U my met U vreeslike vraag eintlik geen te beantwoorde vraag gestel het, maar slegs `n magtige klip des aanstoot vir my dwaasheid wil lê, wat so wys wil glans!

10. Ek kan U egter, o Heer en allerliefdevolste Vader, nou maar net dank uit die diepste grond van my hart, wat U nou bo alles, alles, alles liefhet; want ek sien nou steeds duideliker in dat ek met my dwaasheid voor U en Henog eintlik `n bietjie wou gepronk het, asof ek ook `n wyse was, van wie Henog ten minste sou moet sê dat hy `n baie gedugte wyse is!

11. Maar U heilige vraag het my dwaasheid duidelik vir my getoon en ek vra U daarom om vergewing vir my groot dwaasheid en ek vra U ook, o liewe, heilige Vader, noudat U die heilige vraag gestel het, om haar ook allergenadigs te wil beantwoord, as U antwoord ons volgens U heilige wil ten goede sou kom; en as dit nie die geval sal wees nie, omdat die vraag te diep gaan volgens U allerhoogste wyse insig, dan sal ek U uit die diepste van my hart ook werklik wil dank vir die nie-beantwoording daarvan!”

12. Die Heer het Lameg daarop as volg geantwoord: “Luister, My liewe seun Lameg, hierdie uiteensetting oor jou swakte geval My onvergelykbaar veel beter as jou vroeëre oor die verhouding van die gelykvormige lewe tussen Skepper en skepsel, ofskoon sy op sigself korrek was, omdat Ek dit vir jou ingegee het om so te praat, ten einde jou hart te bewerk en jou te laat sien waaruit die ware Wysheid bestaan, naamlik in die deemoed, wat die mens laat insien dat hy uit homself tot heeltemal niks in staat is nie, maar vanuit My tot alles.

13. Om jou daarvan te oortuig, sal Ek nou die belangrike antwoord in jou hart plaas en daarmee sal dit duidelik word hoe die mens vanuit My, ten opsigte van My en die hele wêreld, in staat is om so te praat, asof hy vanuit homself praat!

14. En so is dit; jy kan nou begin te praat! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205