`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se geestelike beskouing van die skeppingsgedagtes in sy innerlike en die ooreenkoms daarvan met die oorsprong van die mense in God

(5 Julie 1843)

71 En Lameg het rustig begin te praat en gesê: “Die vraag, as ek my nie vergis nie, het as volg gelui:

2. Hoe en op welke manier kan die Skepper Sy gedagtes as Sy ewige lewensdeeltjies as volkome vry, van homself bewuste, lewende wesens sodanig buite Homself plaas, dat hulle is soos ek nou teenoor U is, o Heer, en met U kan praat, al was ek `n tweede ewige God naas U?

3. Dit was die vraag! Dit is korrek, dit herken ek sonhelder; maar die antwoord, daardie moeilike antwoord, dit het nog nie met die vraag aan die lig gekom nie.

4. Maar nou sien ek iets in my: Dit is groot gedagtes! Deur `n chaos wentel hulle hul en kom soos afsonderlike sterre te voorskyn, soos hulle soms ook in `n swaar bewolkte nag baanbrekend tevoorskyn kom en dan deur die geskeurde wolkedek mild en sag neerkyk op die duister bodem van die aarde.

5. O gedagtes, o gedagtes, wonderlik heerlike klein skeppings van my gees! Watter merkwaardige vorm is julle? Julle vul my bors geweldig; sterre dring teen sterre en ligte vorm teen vorm, en vryer en vryer word dit in my siel!

6. Nou trek die nagtelike wolke weg in my bors, en daar waar hulle heen trek, ontmoet hulle magtige strome van Lig, en die ligstrome neem die wegtrekkende wolke op, en die opgeneemde wolke word self Lig en verkry in die stroom vorm, ja, baie wonderbaarlik heerlike vorms kry hulle!

7. O, ek sien nou `n oorvloed aan verligtende vorms in my, wat onbeskryflik en talloos deurmekaar kolk, soos helder glansende eendagsvlieë op `n mooi somersdag wanneer die son wil ondergaan, of as sy opgaan en die laer geleë velde vir die eerste keer met haar allerheerlikste strale begroet!

8. Ja, so sien ek die groot antwoord nou in my; maar hoe kan ek dit in woorde uitdruk?!

9. Maar wat ontdek ek, armsalige dwaas nou?! Die vorm verander volgens my wil!

10. Sien, ek wil mense soos ek, en hulle word soos ek dit wil! En ek sien hoe hulle van ligatoom tot ligatoom my gedagtes is; en my wil hou hulle in my eie vorm vas en wil dat hulle lewe, en hulle lewe soos ek en beweeg hulle vry, omdat ek dit so wil.

11. Noudat ek dit wil, sien ek ook myself in `n volledig gelyke vorm in hulle midde, en dit, my eie vorm, praat wat ek dink en praat in dit, my oorspronklike grootte.

12. En al die ander vorms in volkome menslike gedaante, verdring hulle rondom hierdie vorm van my wat in hulle midde is, en luister na haar en praat met haar ooreenkomstig die hoedanigheid wat ek hulle deur my wil ingeblaas het!

13. Ek beleef groot vreugde aan hierdie vorm, en dit is my wil om hulle almal te behou met my wil. Hierdie vreugde is egter `n magtige liefde tot hierdie vorm in my; ek het hulle lief!

14. En sien, uit my vorm stroom nou vlamme soos bliksemstrale, en die bliksemstrale daal neer in die bors van die baie vorms! En die vorms begin nou self te beweeg, en sien en herken hulleself; en ek sien dat hulle allerlei dinge met mekaar doen, wat ek nou nie meer wil nie!

15. O Heer, wat `n groot wonder is dit nou in my! As ek nou maar net die antwoord sou gehad het!”

16. Maar die Heer het met Lameg gepraat: “Ek sê vir jou: Jy het dit nie meer nodig nie, want jy het dit al gegee!

17. Dit is soos jy dit nou in jou gesien het, maar by My is dit wel volkome verwerklik, wat by jou slegs `n verbygaande, vlugtige beeld was!

18. Maar om meer daaroor te sê, sou `n sinnelose gepraat wees, omdat die skepsel wel die krag van die Skepper in beelde kan begryp, maar nooit in werklikheid nie.

19. Maar jy het nog `n ander vraag in die agtergrond; kom dus maar daarmee te voorskyn! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205