`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die drie kante van elke omstandigheid in die lewe, wat berus op die natuurlik menslike, die geestelik menslike en die Goddelik menslike. Die ondeurgrondelikheid van die laaste geheime

(13 Julie 1843)

76 Na hierdie woorde het Henog aan Lameg gevra: “Broer Lameg, het jy my woorde goed begryp?”

2. En Lameg het geantwoord: “Ja, broer Henog, die Heer sy alle lof, alle prysinge en eer en alle dank en al my liefde! Tot nou toe het daar niks in jou woorde voorgekom, wat ek nie dadelik ten volle begryp het nie; as jy egter nog iets oor die vermoë van die gees om pyn te ly, en wat pyn in wese eintlik is, wil uitlê, dan vra ek jou, geliefde broer, om nog iets meer daaroor te vertel, want jou woorde is helder en verkwik my buitengewoon!”

3. Hierdie uitlating van Lameg geval die Heer asook Henog goed, en die Heer het Henog gevra om verder te praat. En Henog rig daarop dan ook die volgende woorde tot Lameg en het gesê:

4. “Lameg, my geliefde broer! Sien, elke omstandigheid waarin en waardeur ons eintlik lewe, het drie kante: Die een is die natuurlik-menslike, die ander is die geestelik-menslike en die derde is die goddelik-menslike.

5. Die eerste twee is vir ons verstaanbaar, maar die derde ewig nooit, want dit is oneindig omdat dit suiwer goddelik is. Ons is egter eindige wesens en kan daarom onmoontlik ooit die eindelose diepte en hoogte van God sien en daarna reik.

6. Om hierdie rede kan ook die mens, indien hy wys is vanuit God, twee vrae oor sy eie wese en die omstandighede daarvan beantwoord, maar die derde vraag sal hy in ewigheid nooit kan beantwoord nie. Want die beantwoording daarvan lê in die onuitspreeklike en ewig onbegryplike diepte van God verborge, en ons sal dit nooit volledig ontrafel nie!

7. En om dié rede is daar oor die vermoë van die gees om pyn te ly, vir ons weinig meer uiteen te sit!

8. Ek dink dat ons nou soveel daaroor weet as wat nodig is; maar die derde deel sal ons altyd aan die Heer oorlaat.

9. Ons weet nou uit ervaring dat die gees, as die basisbeginsel van die lewe in die mens, die bewussyn van homself en sodoende ook die lewendige gevoel en die gewaarwording in homself moet dra, en dus ook die vermoë om pyn te voel!

10. As ons dit nou werklik en grondig weet, dan het ons ook genoeg daaraan en kan ons ons lewe sonder veel moeite so daarvolgens inrig, dat ons nooit iets te make sal hê met die onaangename gevoeligheid vir pyn nie.

11. Maar wat die derde kant van hierdie lewende eienskap van die gees betref, wat op sigself pyn of gevoel eintlik is, of wat in haar oerewige grond eintlik die lewenskrag is, dit, broer, laat ons, soos gesê, oor aan Hom wie se allerheiligste sigbare teenwoordigheid ons almal nou so buitengewoon gelukkig stem en laat oplewe!  

12. Ek dink dat ons nie meer woorde hieroor hoef te praat nie en laat ons Hom daarom dank vir dit wat ons met soveel barmhartigheid van Hom ontvang het en seker nog sal ontvang! Ja, so is dit ewig! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205