`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die inwyding van koning Lameg tot opperpriester van die bergtempel. Die troosvolle belofte van die Heer dat Hy voortdurend aanwesig sal wees in die tempel

(14 Julie 1843)

77 Toe Henog hierdie woorde gespreek het en die son baie naby die oomblik van sy begin te nader, het Lameg opgestaan, na die Heer toe gegaan, neergekniel en begin Hom in die volle gloed van sy liefde te aanbid en Hom te dank vir al die onmeetlike barmhartigheid, gawes en erbarming, en het die Heer in die volle liefdegloed van sy hart gebid dat Hy voortdurend by hom mag bly en nie meer sou verdwyn en onsigbaar word nie.

2. Die Heer gaan ook staan en het daarop aan Lameg gesê: “Staan op, My geliefde seun Lameg! Ek kyk slegs na jou hart, en nie na jou knieë nie; is jou hart in orde, dan is dit ook die geval met die res van die liggaam. Jou hart is nou volkome in orde; dan sal jou liggaam ook so wees!

3. Ek beleef nou `n groot vreugde aan jou, en daarom wy Ek jou dan ook tot opperpriester van hierdie tempel.

4. Gedurende hierdie nag het Ek jou velerlei grade van die innerlike ware Wysheid uit My getoon, en hierdie sigbare tempel, gebou deur jou insig en jou hand, en wat daardeur `n tempel van Wysheid geword het, waarin die mens van die aarde Hom altyd moet herinner dat Ek, die Skepper van hemel en aarde, jou Self op hierdie plek geleer het en met jou gerus het op die trappe van die altaar en hulle daardeur gemaak en gewy het tot trappe waarop die mens bewus moet word van sy nietigheid ten opsigte van My in die volledige rus van sy gees; en as hy dit gedoen het, dan het hy My in hierdie tempel `n regmatige en welgevallige offer gebring, soos wat jy dit nou vir My uit die vurige grond van jou hart gebring het! 

5. Maar aangesien dit alles nou voor jou oë gebeur het en voor die oë van die volk wat hier aanwesig is, wat grotendeels die hele nag met ons gewaak het, en die volk egter nog nie weet wie Ek is en vanwaar Ek is nie, sê Ek nou aan jou: As die sonstrale die toppe van die berge rooi begin te kleur, gaan dan na die drumpel van die oop tempel en verkondig die volk onomwonde dat Ek hier bly.

6. En voeg aan die verkondiging vir die volk nog toe dat hulle hul moet versamel om die tempel; maar niemand mag sy voet in die tempel sit nie!

7. Ek sal dan Self vanuit die tempel `n baie belangrike leer gee aan die volk wat My hierheen gevolg het met liefde en groot belangstelling, omdat hulle My nie herken het nie en My in die gees sekerlik nog inniger sal volg wanneer hulle My herken het!

8. Kyk, dit word al baie lig in die ooste; berei jou daarom voor op jou eerste diens aan My in hierdie tempel!

9. Maar Ek sê vir jou, omdat jy My gevra het om van nou af aan by jou te bly: Daar waar die getroue dienaar van die Heer is, sal ook sy Heer nie ver weg wees nie; en waar die kinders is, daar is ook die Vader!

10. Op hierdie trappies sal jy My altyd aantref; ook al sal jy My nie altyd met die oë van jou liggaam sien nie, tog sal jy My altyd in die lewende Woord verneem!

11. Sien, dit is `n groot belofte! Maar begin nou met die werk wat Ek jou opgedra het! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205