`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verheerliking van die Heer voor die volk, wat vol eerbied terugdeins. Die Vaderlike woorde van die Heer aan die volk wat Hom herken het. Die Heer verdwyn voor hulle oë

(18 Julie 1843)

80 Na hierdie heilige woorde van die Heer het Henog en albei Lamegs hulle dadelik saam met Hom na die drumpel van die tempel begewe.

2. Toe hulle daar aangekom het, word die kleed van die Heer witter as vars sneeu in die hooggebergte, en Sy gelaat, Sy hande en voete het `n Lig uitgestraal wat duisend maal sterker was as dit van die son!

3. En toe die volk hierdie majesteit rondom die vroeër hoogs eenvoudige, wyse Man gesien het, het hulle skielik op die aarde neergeval en luid geroep: “O JaHWeH Sebaot, wees ons barmhartig, en oordeel en straf ons nie na ons verdienste nie, en wat ons nog altyd met ons slegte gedagtes, begeertes en dade verdien het! Ons is groot en swaar sondaars ten aansien van U! Daarom roep ons tot U om genade en erbarming, omdat ons U herken het in U eindelose heerlikheid en majesteit, o JaHWeH Sebaot!”

4. Nou trek die Heer Sy Lig van alle Lig in Homself terug en sê toe aan die hewig verskrikte en bewende menigte: “Kindertjies, staan op; want Ek, julle God, Skepper en Vader, het nie na julle toe gekom om julle te oordeel en te straf nie, maar om die korrekte leiers vir julle op te wek, wat julle in julle swakte moet lei op die weë wat na die ware ryk van die ewige lewe voer! Staan daarom op, en wees nie bang vir My, julle goeie Vader, wat julle bo alles liefhet nie!”

5. Nou het die hele menigte nuut gesterk van die aarde opgestaan en met `n verbaasde blik na die Heer gekyk, op Wie se gesig nou geen gloed meer nie, maar groot vriendelikheid te siene was en wie se gewaad van stralend wit oorgegaan het na hemelsblou, en hulle vra Hom as`t ware stilswyend: “Is U wel die Een wie se eindelose magtige Lig ons ter aarde gewerp het, of het U `n aartsengel in U plek gesit?”

6. Maar die Heer het weer Sy allerheiligste mond geopen en aan die volk gesê: “O kindertjies, waarom wil julle My, julle Vader, nie liewer aan My groot liefde tot julle herken, as aan My Lig nie? Is die liefde dan nie meer as die Lig nie?

7. Sien, toe Ek My in My Lig aan julle getoon het, val julle almal onmiddellik soos geoordeel op die grond neer, maar toe Ek My Lig verskans het en My met My liefde tot julle gewend het, twyfel julle of dit wel Ek was Wie tevore verlig voor julle verskyn het!

8. Maar Ek, dieselfde Heer, God en julle aller Vader, sê nou aan julle, My kindertjies, dat Ek glad geen plaasvervanger van die Heer nie, maar die Heer en julle Vader Self is, en toon julle nou alles wat Ek Self gedoen het om julle waaragtig in julle gees gelukkig te maak.

9. Dit is wat Ek gedoen het: Ek het uit julle midde baie wyse leraars opgewek. Luister altyd na hulle en volg hulle raad vol erns, in die vreugde, sowel as in die verdriet van die lewe; dan sal julle My volg en Ek sal volledig liggaamlik en in die gees by julle wees in hulle wie Ek nou vir julle gewek het!

10. Wie van julle hulle, wie Ek vir julle gewek het, sal sien en hoor en selfs die sagste wink uit hulle deur My verligte oë sal volg, hulle sal My werklik in lewende lywe sien, hoor en My volg! Want die gewektes dra My liggaam en My Gees lewend in hulle!11. Hiermee seën Ek julle nou almal, want julle sal My voortaan nie anders sien en hoor nie, as slegs in hulle wie Ek vir julle gewek het.

12. En jy, Henog, en jy, Lameg in die dal, en jy, Lameg op die hoogte, julle is die wie Ek hier één maak met My, sodat julle altyd van My sal getuig! Met alle krag en mag van My liefde rus Ek julle uit; werk voortaan in hierdie krag tot die tyd van julle aflossing en tot die oorgang van dié huis in dit waar Ek Self oerewig sal woon. Amen.”

13. Na hierdie woorde het die Heer verdwyn, en die hele volk het geween en gesnik en God aanbid.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205