`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vlammesee in die grot op die bergweg wat na die hoogte lei

(22 Julie 1843)

83 Henog slaan weer die weg in wat soos reeds bekend, langs die buitengewoon onheilspellende grot geloop het.

2. Toe die karavaan daar aangekom het, het Henog net so gehalt en het Lameg met weinig woorde laat weet welke hoogs verbasingwekkende merkwaardigheid hom en sy toenmalige metgeselle in die teenwoordigheid van die Heer by die eerste heenreis oorgekom het.

3. Dit het Lameg nie min verbaas nie; maar sy verbasing het nog geen minuut geduur nie of reeds het daar magtige vlamme met `n angswekkende lawaai uit die grot geslaan.

4. Lameg het so hewig daarvan geskrik, dat hy dadelik bewusteloos op die grond geval het.

5. Maar Henog het dadelik na hom toe gegaan, hom opgetel en aan hom gesê: “Maar broer Lameg, kyk tog net na jou metgeselle! Die het tog ook dieselfde verskynsel as jy aanskou; maar geeneen van hulle het daarom op die grond geval nie! Hoewel hulle aanvanklik ook wel ietwat geskrik het, kyk hulle nou ook sonder enigste emosie na die los spektakel! Doen net soos jou moedige makkers!”

6. Hierdie woorde het Lameg weer tot besinning gebring en hy kyk nou ook onverskrokke na die aldeur toenemende vlamme uit die groot grot, wat ongeveer honderd manslengtes hoog en aan die onderkant ongeveer sewentig manslengtes breed was.

7. Na `n tydjie het Lameg aan Henog gesê: “Broer in die Heer, ek dink dat ons maar `n ander weg moet inslaan as ons op natuurlike wyse nog vandag op die hoogte wil aankom, want deur hierdie steeds toenemende en groter wordende vlammesee sal, dit dink ek, wel baie moeilik wees om `n weg te baan!”

8. Maar Henog het Lameg geantwoord en gesê: “Broer Lameg, sien, jy ken en weet nog nie watter soort brand dit is nie, maar ek wel en ek ken ook die rede daarvoor!

9. Sien, hierdie vlamme sou oombliklik moet doof as ons dit maar vanuit die Heer sou wil! Maar hierdie brand moet nou deur my wil nog steeds gedurende die tyd van een skadu-wending vererg word, sodat hierdie gapende kloof ten eerste vernietig kan word, en ten tweede in hierdie vlamme, die eintlike veroorsaker daarvan, sy geregtelike tugtiging ondergaan, want jy weet nou van die Heer dat die gees wel deeglik pyn kan voel.

10. Wanneer hierdie vlamme egter binne `n kort tydjie hulle tweevoudige diens verrig het, sal spoedig God se teenstander ook moet verskyn om van my die verdiende berisping te ontvang en `n doeltreffende verbod om nooit, op watter manier dan ook, `n reisiger op sy weg aan te val nie!”

11. Hierdie woorde het Lameg volkome tevrede gestel en hy het aan Henog gesê: “Luister, broer, as dit so is, dan maak dit vir my nie saak as ons selfs `n volle dag hier op hierdie weliswaar uitermate huiweringwekkende plek moet deurbring nie! Want as daar geen einde gemaak word aan hierdie ordeverstoring nie, wie sou dit dan ooit nog waag om `n tog na die hoogte te maak?”

12. En daarop het Henog aan Lameg gesê: “Wees maar gerus broer, want nou op dié oomblik word daar in die Naam van die Heer `n gunstige einde gemaak aan dié ou kwaad! Dadelik sal jy met jou eie oë die gedenkwaardige oplossing aanskou! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205