`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog vernietig die drakegrot en stel sy reisgenote gerus

(24 Julie 1843)

84 Daarop het Henog hom na die vlammende grot gewend, sy regterhand opgehef en met `n donderende stem gepraat:

2. “Jy, duister woonplek van die dood, jy woonplek van die een wat `n ou aartsvyand is van al die lewe en `n allerskandelikste veragter van God, jy gruwelike sigbare poort wat omlaag voer in die afgrond van die afgronde, natuurlik en geestelik, jou gebied ek, `n kneg en `n kind van God, dat jy onmiddellik instort tot in jou diepste afgrond en dat al jou splete, riwwe, gate en baie sygange toegegooi word en dat jy, ou bewoner daaruit vlug soos `n lafhartige dief uit die huis waar hy gesteel het!

3. O my God en my ewig heilige Vader! Mag dit nou geskied volgens U allerheiligste wil vir die toekomstige welsyn van U kinders op hierdie beproewende leerbodem van die klipperige aarde! Amen.”

4. Toe Henog dié magswoord uitgespreek het, het die vlammende grot, onder afskuwelike lawaai en gekraak, tot walmende puin inmekaar gestort, en uit die diepte van die aarde was nog geruime tyd `n huiweringwekkende swaar eggo te hoor, afkomstig van die dieper instort van hierdie toegang tot die dubbele afgrond.

5. Op die hele aarde was daar geen enkele punt waar die groot invloed van hierdie instorting nie waargeneem was nie en alle mense wat toe op die aardbodem geleef het, het dan ook in `n groot angs geraak, wat goed was vir hulle gemoed en hulle geestelike lewe; want slegs enkele wyses het geweet wat dit beteken het en waardeur dit gekom het.

6. Hierdie buitengewone gebeurtenis het ook ons Lameg heeltemal van stryk gebring. Angs en skrik het sy siel gegryp, sodat hy saam met die hele aarde in elke vesel van sy lewe getril het, soos `n espeblaar tydens `n swaar storm.

7. Maar ook alle ander metgeselle van Lameg, behalwe Lameg uit die hoogte, het ondanks hulle groot flinkheid by die aanblik van dié gruwelike gebeure nie geweet wat hulle oorgekom het nie, sodat ook nie één van hulle die moed gehad het om met Henog daaroor te praat nie, aangesien hy nou vir hulle te magtig voorgekom het.

8. Maar Henog het hulle almal getroos en vertel hulle, en veral ook Lameg, dat elke mens die vermoë in hom dra om so-iets groots te bewerkstellig, as dit op die korrekte tyd en op die korrekte plek volgens die orde van die Heer gebeur .

9. Na hierdie woorde het almal hulle weer herstel, en aangesien daar `n kragtige wind opgesteek het wat die hier en daar nog uit die puin opstygende dampe vinnig verdryf het en Lameg nou die wye, vrye, vaste plek gesien het, word hy ook weer vrolik en opgewek en prys God dat Hy die mens so `n mag gegee het.

10. Maar nouliks was die grootste spore van hierdie angs uitgewis, of daar gebeur weer iets anders voor die oë van ons reisigers, wat hulle gemoedere nog meer in beslag begin te neem as die vernietigingskouspel, en dit was die spoedig daaropvolgende tartende optrede van Satan in `n uiters grimmige gedaante.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205