`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Satan se optrede in `n verskriklike gedaante. Henog se bevel aan Satan om sy slegte voornemens mee te deel

(28 Julie 1843)

85 Maar toe Lameg, net soos sy metgeselle, die groot vyand van alle lewe egter eers te siene gekry het, toe hulle sy gloeiende, grimmige, afskrikwekkende lelike gedaante, sy nog dampende hoof gesien het, met slange in plaas van hare, wat hulle heftig na alle kante uitgestrek en hulle om die hoof gedraai het om hulle dan weer soos vasgebinde pyle vanaf die hoof met so `n snelheid uit te strek dat indien hulle iemand sou geraak het, hy deurboor sou gewees het soos deur `n afgeskiete pyl, toe was Lameg en sy metgeselle so geweldig bang, dat hulle geen raad meer geweet het nie.

2. Maar toe Henog so `n onnodige vrees by Lameg en sy reisgenote gesien het, het hy hulle opsetlik `n tydjie laat bewe. Eers na `n tyd het hy hom met groot erns tot Satan gewend en hom met die volgende woorde aangespreek:

3. “Luister, vyand van die Heer, ons en jou almagtige God! Hoe is dit met jou wil, jou geheue en jou gehoorsaamheid teenoor God gestel?

4. Wat het jy in my teenwoordigheid aan die Heer beloof toe Hy jou deur die hand van Kisehel laat tugtig het?

5. Dink jy, allerergste, dat my geheue en die geheue van die Heer net so boosaardig kort is as joue?!

6. O jy aartsvyand van alle lewe! Ek sê jou in die Naam van die Heer dat jy jou vreeslik vergis!

7. Sien, die Heer het een en ander aan jou gesê en jy het Hom ernstig beloof dat jy Sy kinders slegs deur goed geordende beproewings ten goede wil lei!

8. Hoe is dit egter na slegs enkele dae met jou belofte gestel?! Jy het jou God, en jou belofte wat jy getrou sou nakom, en die harde tugtiging totaal vergeet, en jy wil ons hier ten gronde rig deur die rasende woede van jou grimmige vuur, terwyl jy tog goed moet weet wie ek is en wie hierdie broers van my is!

9. Maar dit is nie genoeg dat jy ons wil vernietig deur die vuur van jou groot woede nie, en dat ek deur die volle mag van God in my jou nou deur die verwoesting van jou skynwoning op uiters gevoelige wyse gestraf het nie, nee, jy kom ook nog eens in `n houding voor my staan asof jy my en my broers met één hou sou wil verslind!

10. O jy ellendige kneg van jou eie verderf en dood wat in jou is! God en my, Sy dienaar, wil jy tart, terwyl ek jou tog in die Naam van die Heer met één asemteug kan laat verwaai, soos `n orkaan los, nietige kaf uiteen sou laat waai!

11. Maar ek besweer jou nou deur God se ewige eindelose krag wat nou in my woon om jou verskriklik te tugtig, dat jy my getrou en waar sal sê wat jou eintlike bedoeling is en wat jy alles nog wil doen om jou einddoel te verwesentlik!

12. Maar as jy weerspannig teen my word, sal ek jou so in die Naam van die Heer bestraf dat God se hele, eindelose skepping in al haar grondslae so sal skud dat daar nêrens meer `n klippie onbeskadig sal bly nie, sodat dit kan getuig van hierdie daad ten aansien van jou! Praat dus nou!”

13. Hierop het Satan begin te bewe en het gesê: “Henog, ek erken jou mag en my totale onmag ten opsigte van jou, jy is `n getroue van die Heer! Ontslaan my egter van die vreeslike skuldbekentenis en die bestraffing, wat ek wel verdien het, en bepaal die plek waar ek moet woon om nie skadelik te wees vir die mense van hierdie aarde nie; dan sal ek my vrywillig voeg volgens jou uitspraak!”

14. Maar Henog bly by sy eis en het nie toegegee nie, maar gebied Satan meer dringend om te praat oor wat sy slegte planne was.

15. Maar Satan begin hom te verset en teen te stribbel, en wou nie gepraat het, terwyl Henog hom tog met klem gebied het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205