`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se vraag hoe `n gees deur die materie gevange gehou kan word? Henog se antwoord

(1 Augustus 1843)

88 Onderweg het die reisigers nog met mekaar gepraat oor baie besonderhede van dié huiweringwekkende gebeure, wat ewenwel te min algemene, maar slegs plaaslike waarde vir die tyd gehad het.

2. Eén vraag van die kant van Lameg, gerig aan Henog toe hulle die hoogte byna bereik het, is egter van groot belang en die antwoord daarop nog soveel te meer, en mag daarom nie in die nuwe Boek van die Lewe ontbreek nie; dit wil ons nog hier toevoeg. Die vraag het so gelui:

3. “Luister na my, my liewe broer Henog in die Heer, ons liefdevolle Vader! Sien, die groot aartsvyand van God en van al die lewe is tog net `n gees! Hoe kan hy eintlik deur materie vasgehou word, terwyl dit vir hom so goed as nie bestaan nie?! En as `n gees nie deur die stof vasgehou kan word nie, watter sin het dit dan om Satan in `n kerker op te sluit in die middelpunt van die aarde? Sal hy nie net daar wees soos wat dit hom maar sal pas nie?!

4. Ek weet wel dat die almagtige wil van die Heer die ou booswig oral kan bind en vashou; maar of daar ook nog, naas die almagtige wil van die Heer, `n materiële kerker in die sentrum van die aarde nodig is, dit sien ek voorwaar nie so goed in nie! Daarom vra ek jou om dit duidelik uit te lê vir my!”

5. En Henog het geglimlag en aan Lameg gesê: “Luister, my geliefde broer, dat jy dit nou nog nie duidelik insien nie, het vas aan die feit gelê dat elke mens dit die slegste sien wat so te sê bo-op sy neus sit!

6. Sien, wat jou liggaam betref, is jy tog ook maar net stof, net soos die hele aardryk! Sê my, beteken dit niks vir jou gees nie? Kan hy op `n gewone manier daaruit weggaan as hy wil?

7. Ja, die gees kan wel deur die liefde tot God geleidelik aan die materie steeds meer bemeester en haar deurdring en dan in al haar dele volkome aktief wees; maar hy kan haar tog nie vroeër verlaat as wat die Heer dit wil nie!

8. En ook wanneer die gees, volgens die wil van die Heer, die stof verlaat, verlaat hy haar tog nooit as `n volkome suiwer, vrye gees nie, maar hy verlaat haar steeds in `n nuwe eteriese liggaam, wat hy dan ewig nooit kan verlaat nie.

9. En die eteriese liggaam kan, omdat dit ook `n sekere ruimte moet inneem, as die Heer dit wil, nog baie goed deur die growwer materie vasgehou word, en kan hom nie vroeër daarvan losmaak alvorens die Heer dit wil nie!

10. Maar waarom dan? Omdat die materie op sigself ook niks anders is as die vaste wil van God nie, en daarom in staat is om elke gees gevange te neem, en deur niks anders te oorwin is nie, as slegs deur die grootste deemoed, selfverloëning en liefde tot God!

11. Begryp jy dit? Ja, jy begryp dit; daarom sal ons nou na ons bestemming gaan! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205