`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Adam vertel hoe Muthaël om die hand van Purista gevra het. Henog se goeie antwoord

(4 Augustus 1843)

91 Dat hier gedurende die ete baie historiese, op My, JaHWeH, betreffende verhale vertel was, waarby selfs Kenan sy droom weer te berde gebring en Lameg baie daaroor te vra gehad het, hoef nie soseer vermeld te word nie, en ook nie die dinge wat tog al verskeie male vertel is nie.

2. Maar dat Adam ten slotte die huwelik van Purista met Muthaël tydens hierdie besondere geleentheid aan Henog voorgestel het, dit is belangrik en mag hier nie te min aandag kry nie. En dit het as volg gegaan:

3. Na die maaltyd, toe alle gaste van Adam `n gepaste lofprysing aan die Heer gebring het, het Adam opgestaan en aan Henog gesê: “Luister na my, my geliefde seun Henog! Sien, in die nagenoeg vyf dae van jou afwesigheid het Muthaël, wat onlangs, tydens die aanwesigheid van die Heer, die vraag oor die wese van die liefde vir vrouens aan Hom gestel en van die Heer daaroor ook `n hoogs belangrike antwoord ontvang het, met `n skugter hart na my toe gekom en het baie omstandig die nood van sy liefde vir Purista na vore gebring en voeg ten slotte die versoek daaraan toe om hom dit alles wat die Heer hom beloof en dus ook al volledig gegee het, nie om bepaalde uiterlike redes te weerhou nie, maar so spoedig moontlik, in die Naam van die Heer, sy liefde te wil seën en Purista aan hom tot vrou te gee.

4. Sien, my seun Henog, dit het hier in my hut plaasgevind! Ek het Muthaël egter nóg ja, nóg nee gesê, en hom ten eerste slegs na die Heer verwys en vervolgens ook na jou as jy weer aanwesig sou wees.

5. Wat dink jy nou? Is hierdie geleentheid die korrekte oomblik om in te willig tot Muthaël se versoek, of moet dit na `n later tydstip verskuif word?”

6. En Henog antwoord Adam: “Luister vader, tot nou toe het die Heer my nog nie opgedra om dit nou te doen nie; maar ek is van mening dat wanneer Muthaël die gees van my seun Lameg, die man van Ghemela, aanneem en ons werklik die versekering gee om sy vrou nie aan te raak totdat die Heer dit vir hom aandui nie, ons tog wel kan inwillig tot sy wens!

7. Ag hy hom egter te swak voel om aan hierdie voorwaarde te voldoen, dan is dit vanselfsprekend dat ons die saak van die Heer nie ligsinnig in hande van die menslike swakheid kan lê nie!

8. Maar ek meen dat dit vir Muthaël tog veel beter sal wees om nie vooruit te loop op dinge wat van die Heer is nie, want die Heer beproef diegene geweldig aan wie Hy baie wil gee. Daarom ook moet Muthaël sy magtige liefde liewer geheel aan die Heer opoffer en behalwe Hom, niks wil besit en op hierdie wyse liewer in alle selfverloëning sy gees in God die volste vryheid verskaf, en die Heer sal hom dan die belofte sekerlik gee wanneer dit vir Muthaël die beste tyd sal wees! Dink jy, vader, op dié punt nie net soos ek nie?”

9. En Adam het geantwoord: “Ja Henog, jy het volkome gelyk, so moet dit wees! As hy terugkom, dan sal ek hom dit as noodsaaklike voorwaarde stel; en wat Purista betref, voorlopig is sy nog nie so ver nie!

10. Ja, dit is goed en volkome ooreenkomstig die goddelike orde! Maar nou is hierdie gebeurtenis ook afgedaan; dus verder niks meer daaroor nie!

11. Laat ons nou weer uit die hut gaan! Die aand sal heerlik wees; daarom sal ons onsself nou na die groot wit hoogte bokant die grot begewe en van daaruit God se groot goedheid en almag aanskou! Laat ons dus op die weg gaan! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205