`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Na die hoogte. Die heerlike uitsig. Koning Lameg prys die Heer vir die aanskoulike heerlikhede van die aarde

(5 Augustus 1843)

92 Op hierdie groot wit hoogte aangekom, het Lameg en sy metgeselle vir die eerste keer in hulle hele lewe die see van die aarde gesien en kon hulle blikke nie afhou van hierdie groot wateroppervlakte, wat hom ver in die verte na toenmalige begrippe met die hemel skyn te verenig.

2. Ja, hulle sou dae lank die skouspel van die golwe gadegeslaan het en hulle geheel verloor het in die aanblik, as Adam nie vir Lameg aangepor het om sy blik ook op die water sproeiende kegels, wat reeds aan ons bekend was, te rig nie!

3. En toe Lameg dit gesien het, het hy van suiwer verwondering byna ineen gesink en het geen woorde gevind om sy gevoelens, wat hom oorweldig het, te uiter nie. Met trane in sy oë het hy meer as `n uur om hom heen gekyk, sonder om daarby ook maar één woord te praat.

4. Na verloop van tyd het Henog hom eindelik gevra: “Nou, broer Lameg, wat sê jy wel van dié uitsig? Hoe geval die aarde jou vanuit dié standplek bekyk?”

5. Nou het Lameg eindelik weer tot homself gekom en antwoord Henog: “O my geliefde broer, om die gevoelens uit te druk wat hom hier van my hart meester gemaak het, moes ek wel met die vlammende taal van `n seraf en `n gerub uitgerus gewees het! My tong is te mat en te styf daarvoor!

6. Ek moet wel aan jou beken, liewe broer, dat die angs my nou behoorlik om die hart slaan as ek by die aanskoue van hierdie onuitspreeklike heerlikhede van die aarde bedink dat ek hulle miskien binnekort al sal moet verlaat!

7. Voorwaar, wat my betref, sou ek in alle ewigheid geen beter en saliger lewe gewens het en ook geen mooier wêreld as hierdie heerlike aarde nie!

8. Waarheen ek my oë ook maar wend, word immers voortdurend weer nuwe wonders sigbaar! Daar in die rigting van die aand gloei die golwende see met `n duisendvoudige prag, wat hier by die aarde begin, maar hom dan in die oneindigheid van die hemel verloor! Daar taamlik naby ons staan sewe kolosse spits berge voor ons, en dryf waterpilare tot teen die hemelgewelf! Hulle skyn teen die blou dak van die hemel uiteen te spat, om vandaar in tallose stralende druppels, soos vlieënde sterre, weer op die aarde terug te val om dit die seën van die hemel oor te bring; ja mens sou byna kan glo dat die nagtelike sterre van die hemel hulle oorsprong daar vind!

9. Oor al die duisend en duisend maal duisend ander heerlikhede kan ek gladnie praat nie, want hulle is te veelvuldig, te groot en te verhewe as dat dit vir `n menslike tong moontlik sou wees om hulle te beskryf. Laat my daarom, o broer, nog `n tyd lank rustig geniet van hierdie groot oorvloed aan wonders van ons heilige Vader!

10. O U, wat my gister nog so verhewe in U Wysheid en eindelose liefde onderrig het, hoe eindeloos verhewe, heilig, goed en magtig moet U wees, omdat U werk so `n eer van U verkondig!

11. O broer Henog, as Hy, die heilige Skepper van hierdie heerlikhede, net soos gister in ons midde sou wees, hoe sou dit nie dan met ons harte gegaan het nie?!

12. Ja, heilig, meer as heilig is ons God Sebaot JaHWeH; want hemel en die aarde is immers oorvol van Sy groot eer!

13. O Vader, wie kan U voldoende liefhê, loof en prys? Want te heilig, verhewe en goed is U!”

14. Hierop het Lameg van verrukking geswyg. Adam en alle ander was self tot trane toe geroer deur die aandoening van Lameg en sy metgeselle. En in sy hart het Henog self vir God die Heer mateloos geprys, dat Hy Hom so magtig ontferm het oor hulle wat swak en verlore was, en hulle so magtig met Sy barmhartigheid versterk het.

15. Die geselskap het nog tot middernag op die hoogte gebly.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205