`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Adam se verwondering oor Muthaël se innerlike verandering. Purista in verleentheid. Muthaël se woorde oor die ydelheid van alle neigings. Purista se berou en versoek om vergewing

(21 Augustus 1843)

99 Na hierdie woorde van Henog aan Lameg het Adam eers weer tot homself gekom en aan Henog gevra: “Luister, my geliefde seun Henog! Wat se verskynsel is dit nou? `n Gloeiende Muthaël, oor wie Purista meen om die hemel van die hemele te gevind het, het hom gister nog in die wonderbaarlikste diepte oor Purista verloor, welke diepte as onberekenbare gevolg van die barmhartigheid uit die deur God beloofde verbinding noodsaaklik moes voortvloei; `n Muthaël, sê ek, wat aan my voorspel het dat die behoud van die menslike geslag op hierdie aarde sou afhang van hierdie verbinding deur God beloof, het nou `n suiwer veragter van Purista geword, en soos dit vir my lyk, het sy onverskilliger aan hom geword as dié deel van hierdie aarde wat ons nog gladnie ken nie!

2. O sê my, hoe gebeur dit? Het die oplê van jou hande dit by Muthaël bewerkstellig? Of het hy dit heimlik vir homself ingespreek? Of het die Heer hom so skielik geheel en al verander? Of het hy deur jou gaan slaapwandel? O sê my, wat is dit wat Muthaël so geheel en al verander het?”

3. En Henog het aan Adam gesê: “O vader Adam, let maar op die gedrag en op die woorde van Muthaël, dan sal jy spoedig die oplossing van dié raaisel hê! Ek sal dadelik dat Muthaël met Purista praat as hy dit wil, en dan sal jy uit dié gesprek baie maklik kan aflei wat daar alles agter die verskynsel skuil; let dus op!”

4. Hierop het Henog vir Purista na hom toe geroep en aan haar gesê: “Nou, my heerlike Purista, sê my net hoe Muthaël jou nou geval en of jy tevrede oor my is, noudat ek Muthaël deur die barmhartigheid van die Heer, deur woord en daad tot sulke ander gedagtes gebring het! Want jy het `n geregverdigde klag oor hom na vore gebring, waarin jy jou uitermate ontevrede oor hom geuiter het; daarom moet jy my nou vertel of hy jou so beter geval!”

5. Hierop het Purista erg verleë geword en nie geweet wat sy moes sê nie.

6. Maar Muthaël, wat langs haar gestaan het, het sonder om lank na te dink, gesê: “Ek vind dat op aarde, waar die tye en vorm wissel, alles sy tyd het! Die domheid het haar tyd, die Wysheid en ook die liefde het haar tyd, die behoefte aan `n vrou by die man het sy tyd en ook die wil om te trou! So het dit ook met my gebeur dat ek baie warm geloop het vir Purista!

7. Maar aangesien die tye verander en ons onsself in die loop van die tye bevind, hoe sou ons dan so geheel en al onveranderd kan bly?!

8. Die aarde dans voortdurend soos `n dwase vrolik kind om die groot son; maar waar is die rustige wyses onder ons wat nie hierdie dans steeds daagliks moet meemaak nie?! Selfs in my slaap moet ek die dolle lus van die aarde meemaak!

9. Sodoende is dit immers ook begryplik dat ek eens deur `n meisie met gloeiende oë self moes gaan gloei! Maar ons weet immers almal dat die vogtige wolke in staat is om selfs die magtige songloed te laat afkoel; dus sal daar ook wel `n middel wees waarmee `n man in staat is om sy dwase liefdesgloed vir `n vrou te laat afkoel?!

10. Vir my het `n soortgelyke middel deur God se barmhartigheid ten deel geval en nou kan die twee sonne van Purista my geen kwaad meer doen nie! En dit is ook `n verandering van `n tydperk in my en ek leef weer opnuut daarin op en voel dat die man, as hy eenmaal gebore is, ook baie goed sonder `n Purista kan bestaan; en die oorsaak daarvan lê in die voortdurende verandering van die tye.

11. Heden vandag lief, môre leed; heden vandag verhit, môre wit; heden vandag gloed, môre vloed!”

12. Hierdie woorde het Purista se hart gebreek en sy het bitter begin te ween en het gepraat: “Wanneer die geroepene sulke woorde besig wanneer dit om die hoogste erns gaan, wat sal dan wel die nie-geroepenes vir woorde besig?! O Muthaël, het jy dan geen hart meer wat my kan vergewe, as ek te hard was nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205