Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

ONGELOOF VOOR DIE EINDE - AKTIWITEITE VAN SATAN
BD 7074 - 27 Maart 1958
Die mensdom sal in goddeloosheid ten gronde gaan, aangesien hulle duidelik ondersteun word deur My teenstander, (soos wat die wêreldse aan mag en rykdom aan roem en wetenskap) toeneem. Want dit alles is en bly enkel wêreldse gewin, wat nie bestendig is nie. Dit laat die siel nie alleen in armoede en gebrek nie, maar plaas haar weer terug in die lot wat vir haar `n eindelose lang tyd `n toestand van ellende was.
Die mense wil `n God en Skepper verloën. Hulle is oortuig van hulle eie krag en intelligensie en skryf elke aardse sukses toe aan hulle eie denke en werk en word tog net gelei deur hom wat My uit die harte en gedagtes wil dring.
Hulle glo nie aan `n God nie, hulle glo ook nie aan `n werklike bestaande Satan nie en bevind hulleself tog in sy mag. Maar wanneer dit sover gekom het dat elke geloof verdwyn het, omdat die mense alleen nog in die goddelose rigting beïnvloed kan word, dan het die tydstip ook gekom waarop die aktiwiteit van die teëstander beëindig gaan word. En alle tekens is aanwesig dat My teëstander die wêreld beheers, dat hy die mense aanspoor om hulle lewenskragte maar net aards te gebruik en die Goddelik geestelike so ver van die mense af te hou, dat hulle hulleself nie die moeite gun om dit te bereik nie.
Hulle word direk of indirek deur hom bewerk, hy tree openlik op teen die geloof of bedek die mense so ryklik met aardse goedere dat hulle hulleself losmaak van My om nie van hulle aardse vreugde beroof te word nie - in die instinktiewe erkenning dat beide nie tesame kan gaan nie. Hulle gee My sonder nadenke op, want die wêreld trek en lok te verleidelik en dit kan hulle nie weerstaan nie. Dit bly ook meestal `n nuttelose poging om die mense anders te wil onderrig, want sulke waarskuwende stemme word oorstem deur die vyandige kant en word tot swye gebring, al is dit met geweld.
Die giftige saad word reeds uitgestrooi op die nog onbeboude land, en die kinders word reeds `n baie verkeerde voorstelling ingeprent van die doel van hulle bestaan. Elke teer plantjie wat homself tog nog tot die "lig" keer word verstik, dit word met vergiftigde saad ongeskik gemaak om te lewe.
Die mens word alreeds as kind `n verkeerde denke ingeprent, en My teëstander verstaan dit presies om deur vaardige spraak, geloofwaardig oor te kom. En waar sluheid nie voldoende is nie, daar help geweld, want hy beheers elke maghebber wat veld wen waar geen vaste fondament van die geloof gebou was wat by elke stormloop kon standhou nie!
Maar Ek self spreek ook `n harde en duidelike taal. Eers deur tragiese gebeurtenisse van allerlei aard, wat aan elke mens die verganklikheid van die aardse geluk en van aardse besittings sal toon. En Ek sal nog baie duideliker spreek, maar tog net sukses hê by diegene wat nog nie heeltemal ten offer geval het aan My teëstander nie. Tallose mense beëindig hulle aardse lewe in hul goddelose toestand en word so omring deur `n duisternis wat ondeurdringbaar en vir u mense onvoorstelbaar is, ofskoon hulle dit vir hulleself geskep het. Dit is die onvermydelike gevolg van hulle ongeloof in `n God en Skepper; dit is die lot wat alle mensesiele te wagte staan wat hulleself aan My teëstander oorgegee het en wat die verwydering van My nie wil herstel nie.
Maar dit is hulle eie skuld, want elke mens is in staat om deur nadenke tot die waarheid te kom as hy ernstig wil. Geen mens word gedwing om homself die menings van mense of maghebbers sy eie te maak nie, aangesien elke gedagte vry is en hy ook sy verstand kan gebruik. Doen hy dit in verlange na waarheid en regverdigheid, dan word hy ook van My uit `n korrekte denke gewaarborg en hy sal in homself die waarheid vind. Daarom sal Ek steeds inwerk op die denke van die mense, deur onverwagte beproewinge, waarteen geen mens homself sal kan verweer nie, want nooit gee Ek die stryd om elke siel op nie.
Solank die mens op aarde leef, sal Ek hom ook geleentheid gee om tot `n korrekte insig te kom, maar dwang wend Ek nooit aan nie. Ook My teëstander kan nie deur dwang van My afkeer nie, selfs nie as aardse maghebbers dwangmaatreëls neem nie. Ek let slegs op die wil van die mens en die innerlike verhouding tot My, en elkeen wat `n toegewende gedagte na My ondervind, sal ook versterking kry wat die siel sal help van die loskom van My teëstander.
Maar `n buitengewone groot sukses sal nie meer te behaal wees nie. Vir My is elke siel wat nie meer in die diepste dieptes terugsink nie, egter `n wins en My Liefde sal daarom ook alles doen, om nog voor die einde, diegene te red wat nog nie heeltemal in die hande van My teëstander is nie; om aan hulle die geloof terug te gee in `n God en Skepper van die ewigheid, wat Sy geskapenes `n lewe in vryheid - krag en lig wil teruggee - wat hulle van die begin van die tye af besit het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205