Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

WAARSKUWENDE WOORDE OOR DIE EINDE
BD 7211 - 19 November 1958
Berei u voor op swaar beproewinge wat u meer of minder sal tref, want steeds kom die einde nader. Daar moet nog op alle mense ingewerk word, sodat hulle ernstig oor die einde kan nadink, hetsy oor hulle eie lewenseinde of oor wat die hele wêreld te wagte staan. Hulle moet nou ernstig vermaan word om hulleself voor te berei, want daar bly vir hulle nie meer baie tyd oor nie. Sodanig verneem u mense steeds weer van My self wat u te wagte staan en u doen daar goed aan om My woorde ter harte te neem, dit te aanvaar as die suiwer waarheid en u lewe daarvolgens in te rig.
Daar is steeds mense wat probeer om sulke waarskuwings en vermanings te versag; wat My woorde as ongeloofwaardig voorstel en probeer om dit, wat buitengewoon gewigtig, as onbeduidend te behandel, omdat dit die sielstoestand van u vir ewig kan bepaal. Luister nie na hierdie mense nie, maar hou uself by My woord wat steeds weer uit die Hoogte na u toe sal kom. Ek self sorg daarvoor dat u die kennis ontvang; en wie dit hoor moet dit ook ernstig neem en as `n liefdesbewys beskou dat Ek sy siel wil red - en hom daarom aanspreek. Ek weet wie My woord sal aanneem en al hierdie vermanings van My woord in die hart sal oorweeg en daarvolgens sal lewe, sodat dit wat moet kom, hulle nie plotseling en geheel onvoorbereid sal tref nie – dit wat moet kom, vanweë die tallose mense wat doof en blind voortlewe.
Maar u, wat My woorde gelowig aanneem, u sal nog baie kan bydra tot opheldering, deurdat u die medemens daarop sal wys waarin u reeds lank, deur My woord, `n insig gehad het. U sal hulle dan ook die net so seker op hande synde laaste einde kan verkondig, wat nie lank daarna sal volg nie. Want in My liefde en barmhartigheid wil Ek die mense nog `n laaste barmhartigheidstermyn gee waarin hulle die tot nog toe versuimde kan inhaal. Daarom ontvang hulle vooraf nog `n bewys van die geloofwaardigheid van die profesieë wat Ek u mense laat toekom, op so `n natuurlike wyse, dat u netso maklik geneig sal wees om daaraan te twyfel.
Wat in My plan besluit lê, sal onherroeplik vervul word. My plan is egter welbedag in alle wysheid en sal daarom ook nie deur My omvergewerp of verander word nie, nóg wat die wyse waarop, nóg wat die tyd aanbetref. Daarom kan u My woord as onveranderlik aanvaar en u lewe ook dienooreenkomstig lei. U sal geen spyt daaroor hoef te dra nie, want om aardse goedere te verwerf sal heel nutteloos blyk te wees, omdat u alles weer ontneem sal word. Maar om geestelike rykdom te verwerf sal vir u slegs moontlik wees as u wil ernstig daarop ingestel is.
Hoor My woorde en glo aan die waaragtigheid van Hom wat dit vir u laat toekom. En oorweeg dan by uself met welke erns u nog aan uself sal moet arbei om nie beskaamd te staan voor My wanneer die uur geslaan het as Ek u oproep van hierdie wêreld af. Geeneen van u weet wanneer daardie uur vir hom sal kom nie, maar vir u almal is dit nader as wat u dink. Daarom roep My Liefde u steeds weer toe: berei u voor en beskou slegs dit wat dienstig is vir u geestelike ontwikkeling, as belangrik. Al die ander is onbelangrik en sal steeds onbelangriker word hoe nader die einde kom. Dat die einde egter nader, is sekerlik waar en daarom moet u nie twyfel nie, maar glo.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205