Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

AGTERUITGANG VAN DIE PLANTEGROEI - STORMS - NOODWEER
BD 1888 - 14 April 1941
Dit is geen toeval dat die plantegroei van die aardoppervlak verander nie, vir sover dit betrekking het op landstreke waar menslike bemoeiing en die menslike wil beslissend hierin ingegryp het. Dit betrek in die besonder die woude (reënwoude) of boomaanplantings wat aan die vernietigingswil van die mense ten offer geval het, wat nie sonder invloed op die klimaat en op die gesteldheid van die grond sal bly nie.
So `n omkap van bome is `n groot gevaar vir die mense, as dit te vroeg geskied, dit wil sê voordat die geestelike in die plantaardige skeppings ryp geword het tot `n verder lewe in die volgende vorm. Want die vroegtydige vrygeworde geestelike verlaat nie hulle verblyfplekke nie, sonder dat hulle behoorlik skadeloos gestel word deur die bestaande wesens wat in die omgewing is en wat deur hulle bedreig kan word nie. Hulle kan hulleself dikwels verskriklik in `n ongebonde toestand uiter, wat van God uit ook nie verhinder word nie.
Die mense in sulke landstreke sal deur buitengewone storms en verwoesting ly, wat ook die groei van alle plante benadeel. Waar die plantegroei egter skraal is, sal ander storings ook gevoel word. Daar laat die watertoestand baie te wense oor, dit wil sê die oppervlakte van die aarde versand deur gebrek aan watertoevoer. - Sodanig kan die landstreke woes en leeg word, en ofskoon die mense meen dat hulle geen invloed daarin gehad het nie, is hulle tog die eintlike veroorsakers van die onvrugbaarheid en dorheid van hele landstreke. Die gevaar lê daarin dat dit nie ingesien sal word nie en dat mense steeds weer nuwe landstreke gedagteloos aan hulle winsbejag ten offer laat val, wat meestal die oorsaak is van die woes word van gehele streke.
Wanneer die mens skeppings vernietig vir aardse voordeel, is dit `n toegee aan die mag van die bose. Vir geldwaarde gryp die mens in, in die Goddelike skeppingsplan wat aan alles sy bestemming gee; ook aan die hele plantewêreld op die aarde.
Sulke ingrypings sal ook dan die gevolge hê wat hiermee ooreenstem, ofskoon die gevolge `n bepaalde tyd nodig het en nie dadelik herkenbaar is nie. Storms en noodweer sal die oorhand kry, watersnood (droogte) sal dus plant en kulture bemoeilik, wat `n agteruitgang van die plantegroei tot gevolg sal hê. Tegelykertyd is dit `n beperking van die ontwikkelingsmoontlikhede vir die bestaande, wat sy verblyf in die plantewêreld wil neem volgens sy rypheidsgraad - maar sodoende daarin gehinder word, en wat homself in steeds nuwe storms en noodweer uiter.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205