Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

DIE TEKENS VAN DIE EINDTYD
BD 8277 – 20 September 1962
U kan seker daarvan wees dat alles vervul sal word wat Ek deur sieners en profete verkondig het, want die einde kom steeds nader en u sal deur die tekens van die tyd herken in welke uur u leef. Steeds sal die teenwerping weer gemaak word dat `n einde altyd in moeilike tye gevrees word, en dat die aarde tog verder bly bestaan. - Dat tot My dissipels gereken het van `n spoedige wederkoms van Myself, en dat ook hulle hulleself vergis het. Sodanig sal hulle ook nou geen gehoor aan My aankondigings en geen geloof daaraan skenk nie, ofskoon Ek steeds daarop wys dat die toekoms eenmaal teenwoordige tyd sal word. Omdat u mense nou op so `n lae geestelik peil is, maak dit `n einde van die aarde noodsaaklik, waaronder egter slegs `n totale omvorming van die aardoppervlak te verstaan is, maar geen vernietiging van die skeppingswerk aarde nie. Want die aarde moet ook verder haar opdrag in die heelal vervul, sy sal verder mense dra met die doel om hulle siele te laat rypword. Maar hierdie aarde moet weer geskik gemaak word daarvoor.
My woord is die waarheid, en wanneer Ek vir u My woord van Bo laat toekom en My verlossingsplan vir u mense uiteensit en u alle samehang laat weet, dan wil Ek waarlik daarmee net bereik dat u My waarskuwings en vermanings gelowig sal aanneem en u houding teenoor My in ooreenstemming daarmee sal bring. Want u moet verder kyk as net u daaglikse lewensloop, u moet nadink oor wat voor u lê. Want ten eerste weet u sekerlik dat u moet sterwe en u lewe self nie met een dag kan verleng nie, ten tweede dat u afhanklik is van die Mag wat u in die lewe geroep het.
Hierdie gedagtes moet u ernstig in u oorweeg, en dit sal beslis nie tot u skade wees nie. Ek sal u dan ook help om innerlik tot klaarheid te kom en u met die gedagte aan `n einde vertroud laat word, en met wat die einde vir elkeen van u persoonlik beteken.
Glo u aan `n God en Skepper wie se liefde u in die lewe geroep het, dan sal dit u nie verontrus wanneer u op `n naderende einde gewys word nie. Dan weet u dat u God en Skepper ook u lot in Sy Hande hou en u uself slegs in Sy liefde en barmhartigheid hoef aan te beveel, om sonder gevaar deur hierdie tyd gelei te word. En die verwysing daarna sal u nie laat skrik nie, omdat u uself maar net nog nader sal aansluit by u God en Skepper, wat u nou as Vader erken. Maar die ongelowiges sal hard getref word en vir hulle geld steeds die wederkerende voorspelling van `n naderende einde, want hulle kan nog verander in die kort tydjie wat nog vir hulle oorbly.
Gee tog ag op die tekens van die tye, want My eerste dissipels het Ek alreeds daarop attent gemaak. U staan egter reeds in die begin van `n tyd vol droefnis. U hoor van oorloë en van aardbewings, die ongevalle en katastrofes neem toe en u kan in die kosmos veranderinge waarneem. U sien ook die strewe van die mense wat ontaard het, wat glo om in My skepping in te gryp, wat hulleself deur eksperimente, wat teen God is, laat saamsleep, wat geen goeie afloop sal hê nie.
Slaan ag op die gesindheid van die mense wat swelg in wêreldse genot, wat hard en liefdeloos is en nie aan hulle naaste dink in hulle nood nie. Slaan ag op die ongelowigheid, op hulle houding tot Jesus Christus en Sy verlossingswerk en u sal weet dat u reeds in die tyd leef wat die einde voorafgaan. Want ook die geloofstryd sal ontbrand met `n hardheid wat u nie as moontlik beskou nie. Die geestelike lae peil trek die einde aan en het ook reeds die punt bereik dat My ingryping gegrond sou wees, Ek bly egter by die dag wat in My verlossingsplan van die ewigheid vasgelê is. Maar Ek sal die dag ook nie uitstel nie, want in My wysheid sien Ek ook wanneer die tyd gekom het dat `n verandering moet plaasvind. Ek sal daarom tot aan die einde toe My Stem laat hoor en die naderende einde aankondig, en gelukkig is hy wat ag gee op hierdie Stem en homself voorberei, gelukkig is hy wat die verbinding met My herstel en in geloof aan My en My beskerming alles oor homself heen laat kom. Gelukkig is hy wat tot MYNE wil behoort en My sal trou bly tot die einde toe, want vir hom voorsien Ek van ongewone krag en hy sal standhou en sal nie die dag van die einde hoef te vrees nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205