Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

EINDAANKONDIGING EN TEKENS VAN DIE TYE
BD 8310 - 25 Oktober 1962
Dit is die verwysing na `n naderende einde wat vir die mense ongelooflik skyn te wees, wat dit daarom afwys en wat hulle laat twyfel aan die korrektheid van alle boodskappe wat Ek na die aarde toe stuur. Tog sal dit nie lank meer duur voordat die voorspellings vervul gaan word nie, want My woord is die suiwerste waarheid: - Die feit dat die mense nie baie tyd meer oor het vir die verandering van hulle wese tot liefde nie, laat My steeds weer wys op die einde en Ek vermaan hulle ernstig om na My woord te luister en dit gee My aanleiding om u ernstig aan te spoor om na My woord te luister en daarmee ooreenstemmend u lewe te lei.
Die mense wil egter nie glo nie, en Ek mag geen dwang uitoefen op hulle denke en wil nie. Ek kan aan hulle alleen bekend maak wat hulle te wagte staan, en moet hulle `n vrye wil laat hoedat hulle sulke bekendmakings sal waardeer en benut. En omdat dit aan die einde oor `n gebeurtenis gaan wat nog nie op die aarde plaasgevind het nie, omdat die mense niks van so-iets dergeliks weet nie, vat hulle geloof ook moeilik daaraan, ofskoon Ek vanaf die begin van die aardse periode steeds weer op die einde gewys het.
Maar hulle moet ook op die tekens ag gee wat Ek voorspel het, want hulle sal sien dat die voortekens sal toeneem en dat daar ook suiwer wêreldlik gesien `n verandering moet kom, omdat alles oortrokke word. Die mense bevind hulleself op so 'n vlak dat dit hulle tot nadenke moet stem. Daar heers geen liefde meer nie en die mens oortref hulleself in liefdeloosheid. Daar is geen harmonie meer in die samelewing nie, hulle is vyande van mekaar en laat onedele luste en hartstogte die vrye loop neem. Hulle jaag materiële goedere na en strewe geen enkele geestelike binding na nie. Dit is soos dit was in die tyd van die sondvloed, want die mense het slegs wêreldse genot gesoek en het ook op onregmatige wyse materie aan hulleself verskaf, omdat die liefde heeltemal verkoel het.
Wie dus met oop oë om homself heen kyk, sal reeds die tekens van die eindtyd kan herken. Hy sal weet dat die vereffening ook eenmaal moet kom en dat die mag en regverdigheid van `n God eens tot uiting sal moet kom, as daar tenminste nog aan `n God geglo word. Ontbreek die geloof, dan het die mense waarlik op so 'n lae vlak gekom, dat dit ook `n einde van die aarde oproep.
Maar daar kan van My kant niks anders gedoen word as om steeds weer te wys op die einde nie; as om steeds weer die mense deur die mond van sieners en profete aan te spreek en hulle voorligting te gee oor die oorsaak en die gevolge van die menslike lewe. Maar Ek moet hulle steeds die vryheid van hul wil laat, om geloofwaardigheid aan die verkondigers van My woord te skenk of nie.
Maar vinniger as wat u dink sal die lot homself ontvou. Almal van u, wat nie vooraf die barmhartigheid opgeroep het nie, sal die tyd moet belewe, want My verlossingsplan is vasgelê sedert die ewigheid en sal ook ten uitvoer gebring word. Want die tyd is vervul wat aan die geestelike in die verlossingsperiode toegestaan word tot vrywording uit die gekluisterde vorm. En selfs die baie kort tydjie wat vir u nog tot die einde oorbly, kan vir hulle vrywording voldoende wees, as u dit maar ernstig te kenne wil gee om u aardse lewensdoel te vervul en bewustelik na My te strewe. Wanneer u tot My bid om hulp vir u voleinding, sal u bede sekerlik beantwoord word. Ek sal u help uit elke aardse nood en u in diep erbarming na My toe trek, sodat u nie weer verlore sal gaan vir `n eindelose lang tyd nie, wanneer die einde van die aarde gekom het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205