Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

AANGAANDE DIE VOORSPELLINGS OOR DIE EINDE
BD 6482 - 22 Februarie 1956
Nooit sal Ek die mense die presiese tydstip van die einde aangee nie, want dit sou nie vir hulle geestelike ontwikkeling van nut wees nie. In hul geheel vrye wil moet hulle omhoog strewe en uit eie beweging die heil van hulle siel soek en om dit te bevorder, egter nie uit vrees wat deur die aankondigers van die vasgestelde uur van die einde opgewek sou word nie.
Ek sal u mense oor die uur van die einde altyd in die duister laat, wat egter nie uitsluit dat die einde tog sal kom nie. En dat dit eenmaal sal kom, is aan u mense voorspel sedert die begin van die verlossingsperiode, al is daar maar `n deel van die voorspellings aan u bekend. Daar is begrensde verlossingsperiodes in My verlossingsplan vasgelê en dit omvat altyd `n bepaalde tydsduur, welke duurte deur My kennis van die ontwikkelingsproses van die mense bereken is. En dit kan elke mens met `n goeie wil insien dat alle mag in My as God en Skepper gesetel is.
Die meeste mense sal egter altyd betwyfel dat hulle self in die tyd lewe waarin al die voorspelde eens hedendaagse werklikheid sal word. Dit is vir dié mense iets ontsettend om hulleself `n einde van die aarde te moet voorstel, dit is iets waaraan baie min mense kan glo, behalwe as hulle alreeds so `n diep geestelike kennis besit dat hulle ook van `n oplossing van die geskape aarde en die ontstaan van `n nuwe aarde, die rede en doel kan insien.
Maar van hulle sal daar maar steeds weinig wees. Die mense sal die aarde nie heeltemal verloën nie en dus nie aan `n einde kan dink nie, nog tot hom wil behoort wat die einde gaan belewe. Hulle beskou die einde wel as moontlik in die toekoms, maar dink nie dat dit nou gaan gebeur nie. Maar ook die twyfel mag hulle rustig behou ter wille van hulle sielerypheid, hulle moet egter sulke gedagtes ook in oorweging neem - dit sal hulle nie tot skade wees nie.
Elke geloofsdwang sou egter skadelik wees en sal nooit van My kant af uitgeoefen word nie, om welke rede Ek maar net op die tekens wys en nooit die dag van die einde aangee nie. En tog sê Ek steeds weer vir u; u staan kort voor die einde.
Menslik gesien kan u die geestestoestand van die mensdom nie beoordeel nie, u kan die diep geestelike duisternis nie sien wat oor die aarde lê nie. En u weet ook nie van die stryd tussen Lig en duisternis wat huidiglik so bomate woed nie. U weet nie dat die aktiwiteit van die duisternis homself uiter in die verspreiding van onwaarheid, verkeerde leerstellings en openlike leuens nie, omdat u nie kan begryp hoe mateloos diep die dwaling is waarin die denke van die mense homself beweeg nie.
Slegs die suiwer waarheid gee opheldering, waar soek en vind u mense egter die waarheid? - U glo wel om die waarheid te besit, maar as u die geestestoestand van die mense met ontsetting deurgrond, sou u dit ook normaal vind dat aan die toestand `n einde gemaak moet word. Waar u mense `n lig vermoed het, het die vors van die duisternis al `n verblindende lig aangesteek wat u oë nog meer verswak, sodat u niks kan sien nie. Hy verstaan werklik die kuns om die mense weg te hou van die arbeid aan hulle siele. Hy verstaan dit om hulle blik te rig op lokkende doelstellings wat u mense nie kan bereik nie, want My plan is vasgestel sedert die ewigheid.
Dat Ek u `n blik in die verlossingsplan gun, sal u geloof dus onder geen dwang plaas nie, Ek wil slegs aan u mense die moontlikheid gee om te kan glo – omdat die beweegredes, wat My aanspoor tot die beëindiging van `n verlossingsperiode, vir u uiteengesit moet word.
Verder moet aan u die doelmatigheid van so `n beëindiging verklaar word, waardeur u self ook al die gebeure om u heen kan volg en dan ook erken dat so `n ingryping van My kant af noodsaaklik geword het.
Mense wat die einde alleen te vertel kry en wat sonder motivering is, is nie te veroordeel as hulle nie glo nie, ofskoon hulle ook moet nadink oor die moontlikheid van die realisering van die voorspellinge. Die wat egter gewillig is en tog bedoel om nie te glo nie, sal ook met My verlossingsplan in kennis gestel word. - Hulle word die kennis gegee van My werke en bestuur en die beweegredes sal hulle nie kan ontken nie, want My Liefde en Wysheid het altyd die beste wil vir die siele van die mense en is duidelik sigbaar.
Beskou u mense die einde van die aarde slegs as straf, dan sal u uself teen My leer verset. Beskou u dit egter as `n reddingsdaad vir die mens as falende geestelike en die gekluisterde geestelike wat nog in die skepping vassit, wat ook eenmaal uit die diepte na die hoogte moet kom, dan sal dit vir u ook moontlik wees om `n God van Liefde en Wysheid te erken, en u sal ook die einde van die aarde as geloofwaardig aanvaar.
Op welke trap van ontwikkeling die mense op aarde hulleself nou bevind kan alleen Ek beoordeel, hoewel u self ook die lae geestelike peil daarvan sou kan insien. Ek weet egter al van die ewigheid af wanneer die herstel van My ordening homself moet voltrek, wanneer Ek die drifte van My teëstander moet teengaan en wat daartoe nodig is, sodat die aarde weer as rypwordingstasie vir die nog onvolmaaktes kan dien. Ek alleen weet wanneer die laagste peil bereik is en die tydstip gekom het waarop My teëstander se werke verhinder moet word.
En juis omdat Ek dit weet, dra Ek My dienare op om steeds weer van die ophande synde einde melding te maak, ofskoon hulle maar weinig geloof sal vind. Nooit sal Ek egter die dag en die uur aangee nie, wat u egter geen aanleiding mag gee om My voorspellings na die verre toekoms te verplaas nie.
U weet nie hoe naby u voor die einde staan nie, maar daar is vir u almal groot haas nodig. U almal kan nie ywerig genoeg vir u siel besig wees nie, want elke dag is nog `n barmhartigheid vir u, omdat u met `n goeie wil nog baie kan bereik. Gee uself egter geen hoop om nog baie tyd te hê nie, want vinniger as wat u dink sal die einde. En elkeen wat My woorde glo, sal homself voorberei, hy sal sy geestelike welsyn voor die liggaamlike welsyn stel en daardeur baie gewen het vir die ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205