Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

ONGELOOF AAN DIE EINDE
BD 7549 - 15 Maart 1960
Daar is geen meer langer uitstel tot die einde nie. En as u glo dat die voorspelde einde in die verre toekoms lê, sal u verras wees hoe die voortekens toeneem en wat duidelik sigbaar word in welke uur u leef. Alles sal egter op `n natuurlike wyse plaasvind, en dit gee u steeds weer die hoop dat die einde nog lank op homself sal laat wag. Tog moet u wil vry bly tot die laaste dag, want onder dwang kan u nie u doel bereik nie. En die doel bestaan daarin om die verbinding met My te herstel, in vrye wil die hande na My toe op te hef en My aan te neem, wat u tot nog toe nie wil aanvaar nie. Daarom sal die aardse lewe groot eise aan u stel en u sal baie aardse bekommernisse moet verdra, maar u sal steeds die geleentheid hê om u na My toe te wend. Alles sal homself egter voor die einde op `n heeltemal natuurlike wyse afspeel, wat die ontwaakte egter as laaste teken sal sien.
Wanneer Ek steeds weer vir u aankondig dat u kort voor die einde staan en u slegs nog weinig tyd toegestaan is op die aarde, dan moet u die aankondigings ernstig neem en dit nie in die toekoms plaas soos wat die mense dit doen nie. U moet die woorde so verstaan soos dit vir u gegee word, dit wil sê "woordeliks neem" en u sal goed daaraan doen. - Want die tyd het gekom waarin die ou aarde gereinig gaan word en `n nuwe aarde weer sal ontstaan.
Maar al spreek Ek u nog so dringend aan en u dit nie wil glo nie, en Ek kan u geen ander bewys kan gee vir die waarheid van My woord as dat u baie spoedig verras gaan word deur `n natuurkatastrofe - en wat dan ook netso sekerlik op die einde kan reken. Weet u egter of u die eersgenoemde gaan oorleef, of selfs aan die natuurkatastrofe ten offer sal val?
Reken die natuurgebeure daarom net soos `n einde, want baie mense sal hulle einde daarby vind en hulle lewe sal nie meer lank duur nie. Wees daarom nie te lighartig nie en berei u voor, ook wanneer die aardse lewe om u heen skynbaar so ontwikkel dat dit alleen maar kan dui op `n opbou en opbloei.
Slegs een enkele dag en alles sal vergaan, en die aarde sal aan die vernietiging deur die natuurkragte ten prooi val. Die oorlewendes sal dan verskriklike beelde te sien kry, omdat dit My wil is dat hulle nog tot besinning moet kom en die laaste barmhartigheidstyd wat tot aan die einde sal bly, kan benut.
Alles word vervul volgens die woord wat Ek u mense laat verkondig het deur sieners en profete, en u sal die waarheid van My woord spoedig ondervind. En salig is hy wat My woord aanneem en dan die weg vind tot My, want hy sal steeds `n uitweg in groot nood vind. Hy sal My hulp sigbaar ervaar wat Ek aan almal wat na My roep, beloof het.
Want daarom spreek Ek tot u sodat u vroeg reeds om krag kan bid en dan ook in die grootste nood, as u enkel en alleen op My hulp aangewys is. U sal die hulp ook verkry, want Ek vergeet nie MYNE nie. Maar sorg dat u tot MYNE gereken word, roep My aan in u nood en Ek sal u verhoor.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205