Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

HERNUDE VERWYSINGS NA KATASTROFES EN OORLOG
BD 8717 - 6 Januarie 1964
Die komende tyd sal u buitengewoon belas; want met die wêreldgebeure sal `n nuwe fase intree. Die onrus onder die volke sal toeneem, elkeen sal in die ander `n vyand sien en daar sal niks ernstigs onderneem word om vrede te stig nie, ofskoon alle mense daarna sal verlang.
Maar die materialisme sal die dryfkrag vir alle planne en voornemens wees, want elkeen probeer om die grootste voordeel te behaal. Maar geen mens sal regverdig in sy denke en gesindheid, en deur goeie gevoelens gedrywe wees nie - en die slae van hulle lot sal die angs en onrus versterk.
Want op hierdie manier probeer God Homself nog aan die mense kenbaar te maak, omdat alleen die geloof in Hom en Sy mag die ware teenwig is vir alle nood en lyding wat u mense tegemoet gaan.
Daarom sal die katastrofes ook toeneem, sodat `n hoër Mag erken kan word, want wat van mense uitgaan, sal steeds die haat teenmekaar versterk, maar nie tot `n geestelike besinning lei nie.
Die liefdeloosheid sal vorm aanneem wat spoedig nie oortref sal kan word nie, en die toestand van onderlinge stryd tussen die mense sal bygevolg steeds `n vaster voet kry. Daar sal alles behalwe vrede onder die mense wees, ofskoon die groot brand nog nie ontsteek het nie, - wat egter nie sal uitbly nie. Die mense sal deur die lewe gaan en slegs weiniges sal daaroor nadink dat die toestand nie vir lank so sal kan bestaan nie.
Maar meestal het juis die verantwoordelik een `n verblinde gees. Daar word wel baie gepraat, maar tog is dit slegs leë woorde, waarop geen dade volg nie en die nood op aarde word nie afgewend waar dit duidelik sigbaar is nie. En omdat die gebod van die naasteliefde onvervuld bly, kan die geestelike toestand ook nie goed wees nie, ofskoon die mense in aardse welstand lewe en skynbaar niks hoef te ontbeer nie.
Maar die siele ly gebrek, want die mense is nie ontvanklik vir geestelike onderrig wat die siele tot ware voeding sou dien nie. Die mense moet met geopende oë om hulleself heen kyk en hulle eie lewe kritiseer, dan sou hulle ook dit wat nog moet kom, begryp het en ook die gebeurtenisse met die regte insig volg wat altyd aangekondig word; wat egter nou eers aan betekenisvol word in die aangesig van die swaar noodtoestand van hulle wat direk daardeur getref word.
Maar dit is die tyd van die einde, en omdat die mense geen geloof meer het nie, is die grootste beproewinge nodig om hulle nog wakker te skud. Daardeur kan enkeles nog die geloof terugwen in `n God en Skepper aan WIE hulle hulle bestaan te danke het en tot nadenke aangespoor kan word oor wat sy God en Skepper daartoe beweeg het en welke doel Hy voor oë gehad het om hom te skep?
Vir u mense gaan dit oor lewe of dood, oor groot saligheid of ellende en pyn, oor die hoogste "lig" of oor die diepste duisternis. Wie dus wil lewe, wie salig wil wees en vir ewig in die lig wil staan, moet ook die wil vervul van sy God en Skepper.
Hy moet trag om Sy wil te ervaar en so `n lewe te lei in liefde tot God en sy naaste. Maar glo hy nie in `n God nie, dan is sy hele lewe nutteloos, hy oortree voortdurend die wet van die Goddelike ordening. En om die wette van die Goddelike ordening omver te werp, het altyd chaos tot gevolg - en u mense gaan `n chaos nou onherroeplik tegemoet.
Dit sal nie net `n geestelike uitwerking op u hê nie, maar ook die wêreld sal in al haar voeë kraak. - Steeds sal berigte u weer bereik van katastrofes, ongelukke en ander onheil, want daar sal geen rus en vrede meer wees in `n wêreld wat ontbloot is van alle liefde en geloof nie.
Wie van die mense egter die weg tot God gevind het, wie sy bes sal doen om Sy gebod te hou en homself aan Hom oor te gee volgens gees en waarheid, wie tot hom sal bid en om Sy beskerming sal vra, dit sal hy ook sekerlik moet ervaar. Want die mense behoort aan Sy klein kudde wat sal volhard tot die einde toe. Hulle wat nie in die geloof sal wankel nie en wat mekaar trou sal bly en God diep in hulle hart sal dra en daarom teen die einde weggeneem sal word as hulle nie al vooraf opgeroep was na Sy ryk nie, wanneer dit volgens Sy wil is.
U word steeds weer opmerksaam gemaak wat voor u lê en wat steeds nader kom. En al is u ook kleingelowig, u sal dit nie kan afwend nie en u kan met volste sekerheid glo wat aan u verkondig word. Want die bedoeling is dat die mense moet ervaar dat alles in God se verlossingsplan vanaf die ewigheid voorsien is, dat alles afhanklik is van Sy wil. Waardeur Hy, weliswaar vanuit Sy Liefde en Wysheid, handelend werksaam is om die werk van terugkeer na Hom toe te verwesenlik - en dat Hy die doel ook eenmaal sal moet smaak.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205