Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

VOORTEKENS VAN DIE WÊRELDKATASTROFE
BD 1795 - 30 Januarie 1941
Voor elke wêreldkatastrofe is daar voortekens wat dit voorafgaan, sodat die mensdom die nadering daarvan kan herken, want God het alles vir almal tydig verkondig deur Sy woord. En wanneer u sal ag slaan op Sy aankondigings, sal u weet dat die tyd nou gekom het en dat u uself moet voorberei, sodat u nie die volledige ondergang tegemoet gaan nie. Alles wat God doen en ook nou oor die aarde laat kom, hang van die menslike wil af, dit wil sê, die menslike wil bring weliswaar nie die katastrofe te weeg nie, maar gee deur sy totale verkeerdheid aanleiding daartoe. Die menslike wil word sodanig misbruik dat `n wêreldkatastrofe die onafwendbare gevolg moet wees, want hierdie verkeerd gerigte wil kan net nog deur iets buitengewoon, - in `n sekere sin iets onnatuurlik -, in die korrekte baan kom.
Hoe meer die menslike gedagte die verkeerde rigting inslaan, des te dringender is die Goddelike ingryping nodig, want die kosbare aardse tyd gaan heen sonder om die noodsaaklike hoër rypheid aan die wesens te bring. Die misbruikte wil kan egter nooit `n hoër ontwikkeling begunstig nie, maar kan dit slegs verhinder. Die gebeurtenisse van die tyd, die steeds toenemende liefdeloosheid, die Antichristelike strewe en die deur God uitgekose verkondigers van Sy woord, moet u vermaan dat die tyd gekom het waaroor die Heer op aarde gespreek het. En daarom moet u ywerig wees en aan die heil van u siel dink, al lyk dit vir u nog so ongelooflik dat `n natuurkatastrofe oor die aarde sal uitbreek.
Bedink dat geen ding by God onmoontlik is nie en alles kan gebeur wanneer God dit wil, en dat God se wil gebaseer is op die gedrag van die mense, deur die verkeerde houding tot Hom.
Die mense is op die aarde geplaas vir `n bepaalde doel, maar as hulle nie in ooreenstemming met daardie doel wil lewe nie, laat hulle `n Goddelike barmhartigheidsgawe verbygaan en God waarsku nou nog eenmaal met onverbiddelike woorde wat niemand langs hom kan laat lê nie. Die menslike wil is dus die aanleiding tot `n vernietigingswerk van onvoorstelbare omvang, en toe die Heer dit voorspel het, het Hy alreeds die verkeerde wil van die mense voorsien. Maar Sy bedoeling is om die misleide mensdom terug te wen en Hy wend daarom die laaste moontlike middel aan wat skynbaar `n daad van onbeskryflike wreedheid is, en tog alleen die Goddelike liefde en barmhartigheid as beweegrede het. Want talryke mense sal nog daardeur tot insig kom - en hulle sal dan gered wees vir alle ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205