Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

GOD SE BESLUIT IS ONAFWENDBAAR
BD 8370 - 2 Januarie 1963
Dat u voor `n keerpunt staan wat homself aards en ook geestelik sal voltrek, is verseker. En sodra u maar net die gebeure in die wêreld, asook die lae geestelike vlak bekyk, moet dit ook vir u begryplik wees dat die peil slegs op so `n manier verhelp kan word as `n hele nuwe ordening ingevoer word en dat hierdie orde die wet van die ewigheid is wat weer herstel moet word.
Die mense het die Goddelike ordening omvergestoot en die beliggaamde geestelike in die mens, wat sy ontwikkeling ten hoogste moes voltooi en ook kon, het totaal gefaal. En juis daarom moet nuwe moontlikhede geskep word om die ontwikkeling voort te sit, of om selfs die hele ontwikkeling van voor af aan te begin.
Vir die aarde is `n chaos vasgestel, want die mense het deur hulle begeertes na die wêreld geheel en al uit die ordening getree. Hulle staan geheel en al onder die invloed van hom aan wie die wêreld behoort, en hulle het daarom so `n lae geestelike vlak bereik dat hulle aardse lewe nutteloos geword het. Die tyd, wat as `n aardse en geestelike keerpunt beskou moet word, het daarom onherroeplik gekom. Want op aarde sal alles anders word, omdat die ou aarde `n algehele omvorming sal ondergaan en daar ook `n totale skeiding van die geestelike sal plaasvind, sodat die mense wat gefaal het, weer in die materie gekluister kan word, - en dit wat nog in die harde materie gebonde is, vrygestel kan word om die weg van ontwikkeling voort te sit in die skepping van die nuwe aarde. Die ou toestand op aarde kan onmoontlik bly bestaan, aangesien daar andersins geen moontlikheid meer sou wees vir `n verdere ontwikkeling van die geestelike nie.
Eers moet alles weer opnuut in orde gebring word, al die geestelike moet verplaas word na waar dit volgens sy rypheid hoort. Daarom moet ook die mens, wat na die materie verlang, in die toestand terugkeer wat hy reeds lankal oorwin het, maar sy bereikte vryheid misbruik het en daardeur weer weggesink het na die diepte. Dan sal daar weer Goddelike orde op die nuwe aarde heers en die mense sal hulleself binne die Goddelike ordening beweeg, omdat die nuwe aarde bevolk sal word deur diegene wat op die ou aarde `n toestand van rypheid bereik het wat `n oorplasing na die nuwe aarde regverdig. Maar nie net die aarde sal geheel hernu word nie, maar ook die mensdom wat in geestelike rypheid `n nuwe, aardtydperk sal begin, net soos al die geestelike, wat in die skeppings gekluister is, hulp sal ontvang by die opwaartse ontwikkeling wat hulleself weer in die wetlike orde sal voltrek.
U mense moet nie glo dat daar op die aarde `n ommekeer sal plaasvind wat die mense sal verander nie, dit wil sê laat beter word en daardeur `n verandering sal ontstaan nie. Hierdie moontlikheid is uitgesluit, want slegs `n daad van geweld kan die reiniging nog teweegbring. Die bokke moet van die skape geskei word en daar moet van God uit `n verandering veroorsaak word, want die mense is self nie meer daartoe in staat om in goeie vaarwater reg te kom nie. Hulle sink steeds verder af hoe langer die tyd duur. Daarom is die tyd ook vasgestel in God se verlossingsplan en word ook hieraan vasgehou. Want wat Hy in Sy wysheid as nodig ingesien en besluit het, staan vas en sal nooit verander word nie, omdat Sy Wysheid onoortreflik en Sy besluit onveranderlik is.
Daarom kan al die gebeure, wat met die omvorming in verband staan, van Sy kant af aan die mense geopenbaar word, en kan geloof geskenk word aan die profesieë wat steeds weer deur sieners en profete verkondig word aan die mense.
Dat die laaste oordeel en die hervorming van die aarde geen parallel sal vind in die gebeurtenisse wat tot dusver deur mense beleef is nie, gee u nie die reg om aan te neem dat die profesieë verkeerd is nie. Maar die mense moet rekening hou met wat aan hulle verkondig word en wat hulle te wagte staan, en hulleself daarop voorberei. Want daar is nog `n kort barmhartigheidstyd wat nog benut kan word, en as die wil van die mens op aarde maar daarna streef om aan sy opdrag te beantwoord, dan hoef hy die einde ook nie te vrees nie. Want God sal elkeen help wat Hom aanroep en Hy gee dit steeds deur Sy woord aan die mense te kenne. Hy kondig wel die gebeurtenisse aan, maar Hy gee aan elke mens sy vrye wil, sodat hy ook sy eie lot in sy hande het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205