Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

TEKENS VAN DIE EINDTYD
BD 4412 - 21 Januarie 1948
Ook dit is `n teken van die einde, dat die mense vyandig sal optree teen mekaar en geen liefde meer sal voel vir mekaar nie. Dat elkeen op homself bedag sal wees en hard en ongevoelig sal wees teenoor die nood van die medemens. Die liefde sal verkoel, en ook daaraan sal u die naderende einde herken. En om die rede word God, wat die Liefde Self is, ook nie meer erken nie, want die mense is ver van die Liefde, omdat hulle Sy teëstander as hulle Heer onderdanig is. Hy sal op sy mense inwerk en hulle tot steeds groter liefdeloosheid aanspoor. Oral sal stryd wees en die een sal die ander se vyand wees, want een sal die ander skade berokken. En die liefdeloosheid sal haarself sowel aards as ook geestelike laat geld, want naas die laste en ergernisse, wat deur die wil van die mense aan die medemens berokken word, sal ook geestelik `n groot verandering gesien kan word. Die liefdeloosheid verduister die geestestoestand van die mense en dit sal nie moontlik wees om met hom oor geestelike kwessies te spreek nie, of hom selfs te onderrig nie. Smadelik en uit die hoogte sal hulle antwoord gee of die verteenwoordigers van God afwys, smadelik en hooghartig sal hulle die Naam van God belaster en hulleself skuldig maak op `n manier dat die "toorn" van God hom sal agterhaal op die jongste dag.
Die een sal die vyand van die ander wees. Selde sal gelykgesinde gelowiges aan mekaar trou kan bly, sonder om deur die teëstanders van hulle geloof of van die geestelike, op elke wyse gekwel te word. En selfs by die nouste verhoudinge sal vyandelikhede aan die orde van die dag wees. Ontrou en verraad sal die mense wat aan mekaar trou moes bly en mekaar moes steun, uitmekaar dryf, en elke verhouding sal in gevaar wees om verbreek te word. Die liefde verkoel waar daar geen mense is wat met God verbonde is nie en wat nie die liefde beoefen deur mekaar te steun deur gemeenskaplike geestelike strewes nie. Dit sal `n bitter tyd wees vir almal wat gevoelvol is, en wat liefde of liefdeloosheid respektiewelik sal voel as saligheid of kwelling.
Ook moet u daarop let en moeite daarmee doen om in die liefde te lewe, en ook vir u deur liefdadigheid vriende te maak en alle vyandelikhede uit die weg te ruim. U moet die vyand deur versterkte liefde ontwapen en steeds u blik Hemelwaarts rig tot Hom wat die liefde Self is, wat u steun en beskerming gee teen elke aardse nood. Sy liefde is waarlik nie veranderlik nie en bly altyd en ewig dieselfde, soos wat dit was vanaf die begin. Dit sal ook nie verminder nie, maar egter sonder krag bly vir hulle wat deur hulle liefdelose innerlike die liefde van God verspeel; wat hulleself openlik tot Sy vyande verklaar en alles bestry wat na God wys, omdat hulle gebonde is aan Sy teëstander wat in die laaste tyd sal woed totdat hy deur God van sy mag beroof en in die afgrond gestort word op die dag van die oordeel.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205